City Power ontken Eskom-skuld

Argieffoto

Argieffoto

City Power het Donderdag ontken dat hy Eskom R1.08 miljard skuld.

“Ons wil dit graag benadruk dat City Power, soos enige ander entiteit, elektrisiteit by Eskom aankoop wat hy dan op sy beurt aan klante dwarsoor Johannesburg verkoop,” het Sicelo Xulu, besturende direkteur, in ʼn verklaring gesê. “Die bedrae verskuldig word voor of op die sperdatum aan Eskom oorbetaal.”

Eskom het Woensdag gesê munisipaliteite was teen die einde van verlede maand R11.4 miljard aan die maatskappy verskuldig, maar slegs R2.7 miljard was agterstallig.

Eskom het reageer op berigte dat munisipaliteite dwarsoor die land die maatskappy meer as R10.8 miljard geskuld het teen die einde van Junie 2014. Pravin Gordhan, minister van samewerkende regering, het dié bedrag in die parlement bekend gemaak. Gordhan het gesê City Power is die grootste debiteur en skuld meer as R1.075 miljard. Klik hier om meer te lees.

Xulu het berigte dat City Power agterstallig is, verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Sicelo Xulu julle het nie eers n skoon audit gekry hoe kan julle syfer ryg wees. Wel dan moet Eksdom julle sny

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.