City Power soek boosdoeners ná transformator voete kry

Die verdagtes het ‘n hyskraan gebruik om die transformator te verwyder. (Foto verskaf deur City Power)

City Power in Johannesburg het ʼn beroep op mense gedoen om met inligting na vore te kom nadat boosdoeners by ʼn substasie naby Selby ingebreek en ʼn transformator gesteel het.

Die stuk toerusting is nagenoeg R600 000 werd.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die voorval het Dinsdag gebeur. Minstens twee mense het by die perseel in Village Deep ingebreek.

“Die misdadigers het Dinsdag ʼn tegniese kragonderbreking in die gebied uitgebuit en helder oordag ʼn hyskraan gebruik om die transformator te verwyder.

“Volgens ooggetuies het die verdagtes aan sakelui in die omgewing gesê die transformator is stukkend en word na City Power vir herstelwerk geneem.”

Een van die inwoners het egter foto’s van die vragmotor en die twee verdagtes geneem en het dit die volgende dag met City Power se risikobestuurspan gedeel.

Die diefstal het die gebied drie dae lank sonder elektrisiteit gelaat.

Sergeant Thela, hoofbestuurder van City Power se sekuriteitsrisikobestuur, sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat georganiseerde misdaadelemente betrokke is en dat eksterne en interne mense ʼn rol kon gespeel het.

“Eerstens was ʼn kommersiële voertuig met ʼn plakker van ʼn City Power-kontrakteur op die perseel as deel van die misdadigers se waarneming. Later het ʼn hyskraan-vragmotor met ʼn vals registrasienommer die transformator opgelaai onder die voorwendsel dat dit vir herstelwerk weggeneem word,” het Thela gesê.

“Dit is skokkend. Ons het hulp nodig om die verdagtes te identifiseer sodat hulle in hegtenis geneem kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Charl ·

Dis nie “skokkend” nie, dis lagwekkend ! Hierdie ouens is opportuniste en níémand het hul aksies bevraagteken of hulle gekonfronteer (ID’s, bewys van werksaanvraag/jobkaart), behálwe die wakker persoon wat onraad vermoed het en die fotos geneem het.

My siening ·

Die oog getuie het foto’s geneem van verdagtes en voertuig, wat is die probleem nou of wil jul nie die kaders uit bring nie!

christo ·

Die wonderlike grondwet wat Roelf Meyer en Kie saam met die uitgeslape Ramaphosa onderhandel het, bevoordeel misdadigers terwyl die wetsgehoorsame burgers elke dag in vrees lewe. En iemand moet vir die gelag betaal. Die arme belastingbetalers. Die laaste strooi wat die kameel se rug gaan breek is nader aan die kom as wat mense besef.

marius ·

Dieselfde een wat toe hy uitstap dadelik by die anc aangesluit het en gedans het soos ‘n reier by hul oorwings party terwyl sy nuutgevonde vriende hul pap gelag het .

Pampoen ·

Nou wat gaan hulle met die transformator maak? Miskien die koperdraad afdraai en as skroot verkoop?

marius ·

Hoeveel word elke maand betaal aan sekuriteit ? Vra dit vir hom !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.