City Power spook om krag aan te hou

(Foto: Du Preez de Villiers)

City Power het sy hulpbronne in verskillende diensleweringsentra in Johannesburg opgeskerp om te reageer op moontlike kragonderbrekings weens storms en oorstromings.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die reën sal na verwagting oor die volgende paar dae voortduur en hulpbronne onder druk plaas. “Ons reaksietye kan ook beïnvloed word deur oorstroomde paaie en slote, veral in Roodepoort, Lenasia, Hursthill en ander.”

City Power het Dinsdagoggend sowat 4 800 oproepe oor kragonderbrekings ontvang van verbruikers in die stad. Meeste van die oproepe was van Roodepoort en Hursthill waar die meeste kragonderbrekings die afgelope 24 uur aangemeld is.

“Hierdie kragonderbrekings is die gevolg van die impak van onlangse storms wat vererger is deur hoër fases beurtkrag. Ons spanne reageer op instandhoudingsoproepe of moet krag herstel ná ʼn twee uur lange beurtkragfase.”

Mangena sê beurtkrag het ʼn groot impak op infrastruktuur en afslyting vererger met elke keer wat beurtkrag toegepas word.

“Ons verwag verdere uitdagings met die reën in ons diensleweringsgebied, maar ons kontrakteurs werk hard om meeste van die probleme te hanteer en is op bystand in alle diensleweringsentra.”

City Power versoek verbruikers se geduld en samewerking tydens dié moeilike tyd. “Ons maan ons kliënte om elektrisiteit spaarsamig te verbruik en nienoodsaaklike toestelle af te skakel om oorlading te voorkom.”

Maroela Media het vroeër berig die burgemeester van Johannesburg het Maandag dringend versoek dat Eskom die stad kwytskeld van beurtkrag, totdat die meeste van die uitdagings met die kraginfrastruktuur uit die weg geruim is. Mpho Phalatse, die burgemeester, het in ʼn skrywe aan die kragvoorsiener gevra dat die stad vir die volgende drie dae geen beurtkrag kry nie, in ʼn poging om die “byna onoorkomelike uitdaging van eskalerende foute en kragonderbrekings ná stortreën in Gauteng die hoof te bied”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pietertjie ·

Jip, die infrastruktuur moet herstel word sodat mense die beurtkrag beter kan ervaar.

Johan Tredoux ·

Een van die dae gaan almal groen leef. Kampeer op die gras met n gas stoof. Want mense gaan hul werk verloor en basiese dienste soos riool en water gaan verdwyn.

Christine ·

Hier is areas wat al 4 dae sonder krag is en mense wat op whatsapp groepe vra wie hulle moet bel om ontslae te raak van vrot vleis, want die vullis mense wil dit nie verwyder nie. Die verliese hier voor Kersfees is verskriklik.

Papsak ·

Ja ek stem alkes gaan verdwyn want dit is mosxwat hulle soek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.