City Power-staking afgelas

Stad Johannesburg soos gesien van die dak van die Oribi-hotel in Troyeville Foto: Chris Kirchhoff, MediaClubSouthAfrica.com (http://www.mediaclubsouthafrica.com)

Stad Johannesburg soos gesien van die dak van die Oribi-hotel in Troyeville Foto: Chris Kirchhoff, MediaClubSouthAfrica.com (http://www.mediaclubsouthafrica.com)

Die munisipalewerkersvakbond (Samwu) het ʼn staking afgelas wat Maandag by die Johannesburgse kragvoorsiener City Power sou plaasvind. Die land se ekonomiese kern sou in donker gehul gewees het.

City Power het Sondag bevestig sy voorsitter het met Samwu vergader en ʼn ooreenkoms is bereik waarvolgens die vakbond binne die volgende twee weke meer besonderhede kan verskaf van hul verskeie klagtes teen Sicelo Xulu, besturende direkteur van City Power.

Yumna Sheik, woordvoerder van City Power, het gesê die vakbond se klagtes kan sodoende ondersoek word en die maatskappy kan bepaal watter stappe, indien nodig, gedoen moet word met betrekking tot die klagtes.

“Die staking wat dus vir Maandag beplan was, gaan nie voort nie,” het Sheik bygevoeg. “City Power het sy interimhofbevel teen die staking opgeskort.”

Volgens Sheik neem die maatskappy kennis dat, ondanks die feit dat die klagtes deur Samwu teen Xulu geen besonderhede of spesifieke bewerings van korrupsie bevat nie, dit tog in die media berig word. “City Power is besorg dat bewerings van korrupsie teen sy besturende direkteur in die openbaar bekend gemaak word sonder dat daar enige feite of gronde daarvoor bestaan. Dit is kwaadwillig en lasterlik. City Power doen ʼn beroep op alle partye en veral die partye wat in die proses betrokke is, om hulle te weerhou om onverantwoordelike en moontlik lasterlike uitsprake te maak.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Marx ·

Jo’burg – a world class city. Where the bosses steal and the masses rule!!!! Viva Africa Viva…

Genis ·

Dankie vir die terugvoering rakende dié dreigende Samwu staking Maroela.

Bruno Stef ·

Citi-power is seker maar bang dat onbekende mense wat Sub Stasie sleutels het weer groot dele van JHB voorstede moedswillig gaan afskakel soos op n vorige geleentheid gebeur het.As dit weer gebeur ondersoek eerste julle eie personeel en beperk hulle toegang tot die Sub Stasies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.