City Power-werknemers vas vir kabeldiefstal

Argieffoto

Argieffoto

Vyf werknemers van City Power, wat vir Johannesburg se kragbestuur verantwoordelik is, is in hegtenis geneem vir die diefstal van miljoene rande se kabels.

Sicelo Xulu, besturende direkteur van City Power, sê die drie elektrisiëns en twee spanleiers is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo R4,5 miljoen se kabeltolle by die Randburg-depot in Johannesburg gesteel het.

Xulu sê elk van die tolle bevat sowat 300m se kabel. Hy sê die verdagtes word van bedrog en diefstal aangekla en is reeds geskors.

“Die arrestasies van die werknemers kom nadat daar ‘n oudit en voorraadopname gedoen is.”

Xulu sê die moontlikheid dat die werknemers by georganiseerde misdaadsindikate betrokke is, word tans ondersoek. Hy sê daar is ‘n moontlikheid van nog arrestasies.

‘n Totaal van 227 mense is van Julie 2013 tot einde Junie vanjaar vir kabeldiefstal en vandalisme in hegtenis geneem. Xulu sê 86% van diegene wat in hegtenis geneem is, is suksesvol vervolg.

“Daar was vanjaar ‘n beduidende styging in kabeldiefstal en korrupte praktyke. In van die gevalle was ons kontrakteurs en werknemers betrokke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.