City to City-busse aan die brand gesteek

city to cityDrie busse is Sondag in Butterworth in die Oos-Kaap aan die brand gesteek.

“Die City to City-busbestuurders het by ʼn nabygeleë hotel geslaap toe die voorval omstreeks 01:00 plaasgevind het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder vir die polisie in die Oos-Kaap, gesê. ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

“Die polisie vermoed brandstigting. Die moontlikheid dat die brand weens elektriese probleme veroorsaak is, is reeds uitgeskakel,” het Manatha bygevoeg.

Die skade beloop ongeveer R4 miljoen.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.