City to City se busse terug op pad

Bestuurders van die City to City-busdiens keer Dinsdag terug werk toe ná ʼn staking deur langafstandbestuurders wat honderde reisigers op die busstasies in Johannesburg en Pretoria gestrand gelaat het.

Nozipho Japhta, woordvoerder van die Prasa-filiaal Autopax, wat City to City bedryf, sê hul busse loop weer normaal. Sy het bygevoeg hulle sal reisigers se geld terugbetaal wat nie hul kaartjies kon gebruik nie.

“Die staking is verby en die bestuurders sal later weer begin werk,” het sy gesê.

Sipho Sithole, Prasa-woordvoerder, het die passasiers wat hierdeur geraak is, om verskoning gevra en bevestig die busbestuurders het gestaak weens ʼn onvoorsiene aftrekking van die oortydtarief wat hulle vir Sondagwerk betaal word.

Die drywers het sedert Woensdagaand gestaak omdat hulle nie vir Sondagwerk betaal is nie.

Hulle het aangevoer die maatskappy se bestuur weier om hulle voor Kersfees te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.