Clanwilliamdam: Min vordering in sewe jaar

Foto ter illustrasie. (Foto: Water&SanitationRSA, Twitter)

Sewe jaar nadat die projek begin is om die walle van die Clanwilliamdam in die Wes-Kaap hoër te bou, is die projek net 12% voltooi.

Lindiwe Sisulu, minister van water en sanitasie, het in antwoord op ʼn vraag tydens ʼn vergadering van die nasionale raad van provinsies erken die werk by die Clanwilliamdam is ver agter skedule en sal nou eers in 2025 voltooi wees.

Dít terwyl die droogte in die Kaapprovinsies die afgelope week tot nasionale ramp verklaar is.

Die besluit om die walle van die Clanwilliamdam 13 m hoër te maak sodat meer water hier geberg kan word, is reeds in 2007 geneem. In 2014 is werk aan die dam begin en dit sou binne etlike jare voltooi gewees het. Dit sou die dam se kapasiteit amper verdubbel en dit moontlik gemaak het om ʼn bykomende 5 500 ha landbougrond te besproei.

R2 miljard is aanvanklik aan die projek toegeken.

Werk moes aanvanklik binne etlike jare voltooi gewees het, maar die datum vir voltooiing is telkens uitgestel. Die minister wyt nou voortdurende agterstande aan ernstige vertragings in die proses om tenders toe te ken.

“Die minister se uitsprake hou ernstige gevolge vir die landbougemeenskap in, wat afhanklik is van water vanuit die Clanwilliamdam om hul boerderyaktiwiteite voort te sit,” het Andricus van der Westhuizen, die DA se woordvoerder vir landbou en omgewingsake, gesê. “Die proses kan nie langer vertraag word nie. Die bouwerk aan die dam behoort voorkeur te kry, veral noudat groot dele van die Kaapprovinsies tot rampgebied verklaar is.”

Van der Westhuizen sê die nasionale regering se onvermoë om te verseker dat bouwerk so gou moontlik voltooi word, pootjie ekonomiese herstel en transformasie van die sektor.

“Ons provinsie het onlangs eers hoër as verwagte reënval begin kry en met droër klimaatstoestande wat vir die komende dekades voorspel word, is dit noodsaaklik dat ons ons watervoorraad versterk om ons landbou te ondersteun.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Wonder hoe die belastingbetalers sal reageer wanneer die verantwoordelike minister bekend maak wat aan personeel spandeer is terwyl geen steek werk aan die damwal gedoen is nie (behalwe kampopslaan)?

Karlahari ·

Hoe lank het dit gevat om die oorspronklike dam goed te keur, te ontwerp en te bou?
Minder as 7 jaar?

Pieter ·

Net in afrika waar dit so werk hulle kan net mooi niks reg doen nie.

Alex ·

As julle weet wat dit veroorsaak het, sal julle hare rys. Kom ek noem dit maar so.. BEE en Staats beheer. Bevoegte mense was afgedank voor die projek se konstruksie begin het.

Nico ·

Waar is die res van die geld heen, seker in haar sak en bank rekening.

Kokerboom ·

Always Never Commit/Complete (ANC) anything! Ministers en “verantwoordelike” persone MOET aanspreeklik gehou word. Ons weet egter ons president is ‘n “lame duck”!!!!

Peetjie ·

Nog iemand wat eerder haar tassies gepak moet kry… Verskoning op verskoning vir alles wat sy aanraak…

Pim ·

Daar is seker nie meer geld oor nie, dis hoekom dit so lank vat!

Sy moet dalk ‘n paar Kubane kry om te kom help. Hulle is mos sulke fantastiese werkers.

Karina ·

Dankie ANC, nou sit die Oos Kaap met die gemors omdat julle nie iets reg kan doen nie. Shame on you!!

Klipkop ·

Onder ‘n onbevoegde regering word niks opgebou nie, maar alles wat ander gebou het eerder afbreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.