Clarens-bejaarde dood aangetref

clarence

Argieffoto van die Clarence-omgewing

Daniel Meyer Wybenga (69) is Maandag dood aangetref in sy huis in die rustige toeristedorpie Clarens in die Vrystaat. Wybenga is ‘n afgetrede Afrikaanse-professor en het die bynaam “Poekie” gehad. Sy vrou is n paar jaar gelede aan borskanker oorlede. Sy was ‘n bekende resensie skrywer.

Sers. Majang Skalkie, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê Wybenga se liggaam is op sy badkamervloer aangetref met sy hande en voete wat met toue vasgebind is. Daar word vermoed dat hy verwurg is.

Volgens Skalkie het Wybenga alleen gebly. “Die slagoffer se goudkleurige Toyota Corolla, selfoon en hoëtroustel is gesteel,” het Skalkie gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak, moord en motordiefstal.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Hoe tragies tog! Ek sou se, soek na die huishulp of tuinier, hulle behoort beslis lig op die saak te kan werp. En dis alweer n bejaarde. Het die “scum bags” nie die “guts” om hul eie protuur aan te vat nie? O ja, dan is dit beslis ook nie een, een nie maar twee of meer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.