Omtrent ’n week ná die rasseherrie oor Clicks se hare-advertensie het ’n direkteur van dié groep bedank.
Volgens ’n verklaring uitgereik deur die Clicks-groep het Nonkululeko Gobodo Maandag met onmiddellike effek as nie-uitvoerende direkteur bedank.
Die Clicks-groep sê in sy verklaring sy het “persoonlike redes” as besluit vir haar bedanking aangevoer.
David Nurek, Clicks se voorsitter, het Gobodo bedank vir haar waardevolle insigte en bydrae wat sy in die raad en die oudit-en-risikokomitee die afgelope drie jaar gelewer het.
“Ons wens haar voorspoed toe vir die toekoms,” sê Nurek.
Soos vroeër berig het Clicks in die sop beland nadat hy ʼn TRESemmé-advertensie op sy webwerf geplaas het waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se hare gebruik word.
’n Rasseherrie het oor dié advertensie losgebars, gevolg deur protesaksies wat talle Clicks-winkels verlede week tot stilstand gebring het.
Clicks het verlede Dinsdag aangekondig dat hy TRESemmé-haarprodukte van sy winkels se rakke gaan verwyder en eerder sy reeks plaaslike haarversorgingsprodukte gaan uitbrei. Alle werknemers wat verantwoordelik was vir die publisering van die advertensie is ook geskors.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Ek ruik ‘n rot! Mmmmm bedank kwansuis nee ek dink nie so nie… Sy is dalk deel van die skuldiges oor die simpel advertensies of rooi petters is hier betrokke
Ek is ook tenagekom, my hare is “fine & flat” (wat ‘n helse furstrasie is, want dit is pap en leweloos soos ons regering) ek mag ook dan sekerlik nou gaan protes en stuff breek ens…
Laat my dink aan die BLM sage waar sogenaamde kwota SA sportmanne nou skielik klae oor hoe hulle voorheen behandel is, hierdie dame van Clicks gooi nou ook haar speelgoed uit die kot.
Dalk werk tressemé ook nie met haar hare saam nie.
En as daar nie ‘n Tressemmé herrie was nie sou die dame ook nie persoonlike probeleme gehad het en bedank het nie.