Clicks en EFF kom ooreen ná vergadering

Julius Malema en die EFF-afvaardiging saam met Clicks-leierskap (Foto: EFF/Twitter)

Die EFF het Donderdag op versoek van Clicks met dié winkelgroep se leierskap vergader rakende die omstrede advertensie waarin oënskynlik neerhalend na swart mense se natuurlike hare verwys is.

“Die EFF en Clicks het ooreengekom dat die advertensie aanstootlik en rassisties is en Clicks aanvaar volle aanspreeklikheid vir die advertensie wat op sy webwerf gedeel is,” het Vuyani Pambo, woordvoerder van die EFF, na afloop van die vergadering in ʼn verklaring gesê.

Die EFF het sy teleurstelling uitgespreek oor die manier hoe Clicks die betrokke saak hanteer het. “Die EFF het dit duidelik gemaak dat die dae van verskonings en jammer-sê verby is en dat daar gevolge moet wees vir rassisme,” het Pambo bygevoeg.

Die twee partye het ooreengekom dat Clicks berou sal toon aan alle Suid-Afrikaners, spesifiek swart vroue, vir die TRESemmé-advertensie. Die twee partye het ook ooreengekom dat:

– Clicks alle TRESemmé-produkte van sy rakke in al sy winkels sal verwyder en met produkte sal vervang wat plaaslik vervaardig is;

– Clicks sal ʼn minimum van 50 000 sanitêre doekies en 50 000 ontsmettingsmiddels en maskers skenk aan landelike en informele nedersettings, wat deur die EFF bepaal sal word;

– Clicks sal ʼn beurs toeken aan vyf studente sodat hulle in die volgende akademiese jaar (2021) ʼn farmaseutiese kwalifikasie kan volg. Al vyf studente moet swart vroulike Afrika-studente wees wat van ʼn landelike gebied af kom en weeskinders wees weens MIV/Vigs;

– EFF sal saam met wetstoepassers werk om seker te maak dat skoorsoekers, wat by die vandalisme by Clicks-winkels betrokke was, aangekeer word.

“Kragtens bogenoemde berus die EFF en Clicks nou by die saak. Ons het saamgestem dat ons verdere gesprekke met Clicks sal hou oor transformasie in Clicks wat betref aanskaffing, bemagtiging, indiensnemingsgelykheid, lokalisering en diversifikasie van hul verskaffersbasis,” het Pambo gesê.

Die EFF versoek dat alle betogings by Clicks-winkels met onmiddellike effek opgeskort sal word. “Alle Clicks-winkels kan nou normale bedrywighede hervat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank

Liewe ouers, soveel van ruggraatloosheid. En watter voorwaardes het Clicks gestel?

Jaco

En wat nou. Wie gaan vir die skade betaal. Die geweld wat plaas gevind het was nie nodig.

Adriaan

Clicks gaan leer dat as jy 1 keer toegegee het, die verwagting geskep is dat jy elke keer gaan toegee.

Pieter

Jinne dat click ook soos anc deur eff gese word. Ek wonder hoe hard het hulle almal saam ooreengekom of het effgese en clicks het net ge ja en amen. Niemamd sal my se waar ek koop nie. Is n privaat besigheid en my geld Nie eff rassite sin nie. So gaan S.A af by die wal.

Persheks Adri

Wanneer sit malletjie in oranje pakkie? Voorwaardes is vertraag verby. EFF kan loop tsek