Clicks: Haarprodukte nou ook van dié winkelrakke verwyder

Argieffoto

Verskeie winkelgroepe het aangedui dat hulle nou óók TRESemmé-haarprodukte van hul winkels se rakke gaan verwyder in die lig van die herrie wat ʼn advertensie deur dié handelsmerk sedert die naweek ontketen het.

Woolworths, Pick n Pay en Shoprite het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat hulle die besluit geneem het om nie meer TRESemmé-haarprodukte te verkoop nie.

“As ʼn maatskappy is ons diep bewus van ons verantwoordelikheid om rassevooroordele en -verskille te konfronteer wanneer dit geïdentifiseer word. Ons ondersteun nie die rassevooroordele wat in die TRESemmé-veldtog uitgespreek word nie,” het ʼn woordvoerder van Woolworths gesê.

Dié winkelgroep het besluit om verkope van TRESemmé-haarprodukte onmiddellik te staak.

“Gegewe die onlangse kommer oor die taal wat TRESemmé gebruik om hul produkreeks mee te adverteer, het ons besluit om die produkte van ons rakke te verwyder terwyl ons met die verskaffer in gesprek tree,” het Tamra Veley, woordvoerder van Pick n Pay, om haar beurt gesê.

(Foto: clicksgroup.co.za)

Dít volg kort nadat Clicks Dinsdag aangekondig het dat hy TRESemmé-haarprodukte van sy winkels se rakke gaan verwyder en eerder sy reeks plaaslike haarversorgingsprodukte gaan uitbrei.

Dié winkelgroep het die afgelope naweek in die sop beland nadat hy ʼn TRESemmé-advertensie op sy webwerf geplaas het waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se natuurlike hare gebruik word.

Verskeie Clicks-winkels is intussen deur ontstoke EFF-betogers beskadig.

Maroela Media het vroeër berig Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, het intussen ’n brief aan Alan Jope, uitvoerende hoof van Unilever, wat die TRESemmé-handelsmerk besit, gerig rakende die omstrede advertensie.

Luidens die brief het die advertensie woede veroorsaak aangesien die advertensie dit laat blyk dat wit mense se soort hare beter as dié van swart mense is.

Die EFF gee nou die maatskappy 24 uur om die kwessie rakende die advertensie op te klaar. Sou dit nie gebeur nie, sal die EFF beslissend optree, het Dlamini Woensdag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

ameli ·

Klomp lafaards. Nou is al die ander winkels so bang en “jammer”. Passop net om nie te vergeet om asem te haal nie. “Slap jacks”

Adriaan ·

Waar sal ek TRESemmé produkte in die toekoms kan koop? Ek wil hulle graag ondersteun.

Elsie ·

Ek eis dat die winkelgroepe die produkte terugbring, het ons wat die produkte gebruik dan geen sê nie?!!!

Oe la la ·

Hulle Shampoo is die beste! Ek is mal oor hulle produkte!

Trotse Boervrou ·

Ek wou julle al lankal vaarwel toeroep want julle is vrek duur. Hierdie knie-buig van julle maak dit dan nou vaarwel en nie tot weersiens nie.

Blikkies ·

Nou waar gaan ek nou my TRESemme’ shampoo en Conditioner koop? Mag ek dit nog gebruik? of word ek nou verplig om Black is Beautiful te gebruik.

Anon ·

Nogal amuserend dat hulle nog nie oor die Black in Black is Beautiful geprotesteer het nie. Dis mos nou ‘n rassistiese woord? ;-)

annie ·

‘n Nuwe reeks haarbevogtigers is nou net op die mark geplaas voor die rooi pette se remme onklaar geraak het. In hierdie droè en droewige landstreek kon soiets dalk nuttig wees… maar nouja…

Reinier ·

En nou voel al die wat se instink is om te brand en plunder beter want hulle kry aandag en hulle sin. Die feit dat hul “comrades” dalk nou weer hul werk sal verloor agv afname in aanvraag na die produk sal natuurlik weer Apartheid wees!!!Teken prentjies vir die klomp want woorde sal hulle nooit verstaan nie!!!!!!!!!!!!!!Wat het Donald trump nou weer gese…?

saggiespraat ·

Ek hoop Donald gaan iets se ek is seker met sy light and fluffy hair, hy gebruik self
TRESemme’

katerinadiekat ·

Ag nee weet jy..dis mos nou nie die sjampoe se skuld nie..Nee wat ek gee op met hierdie land. Pateties verby.

Vlam14 ·

Daar is baie blankes, soos ekke, wat ook growwe en droë hare het, wat van ons, gaan julle nou nie meer sjampoo’s hê vir ons nie, oor ‘n simpel advertensie nie.

Mariana ·

Ek verstaan nie heeltemal nie. Van altyd af sien mens spesiale produkte wat juis saamgestel is om swart mense se natuurlike hare mooi te maak. Nou is dit skielik ‘n probleem en die hele besigheid sommer uit verband geruk. So is daar nou ook haartipes van alle soorte by alle rasse. Maar omdat die advertensie nou ‘n blonde model het, word dit veroordeel. Kleinserigheid oor ras, weereens. Gelukkig is daar baie ander produkte om te gebruik vir enige soort hare. Voel of daar iets agter als skuil en iewers iets gebeur waarvan die aandag afgelei moet word.

Nozi ·

Rerig??? Dis nou belaglik verby. Net om die eff happy te hou kom ons verwyder sommer al die produkte van ons rakke. Ek is regtig baie teleur gesteld in WW, PnP en SR. Ek en my dogter gebruik net TRESemme haarprodukte, maar omdat die eff se ek mag nie meer nie moet ons nou verander?
Dankie tog vir online shopping. Miskien moet almal nou maar hierdie produk ondersteun en die eff wys ons sal nie deur hul voorgeskryf word nie en dit aanlyn aankoop. My woorde vir ons land se belaglikheid is regtig op.

Tersia ·

TRESemme is ‘n produk van Lever Brothers. Hoekom dan maar nie al die produkte wat hulle vervaardig afhaal van die rakke af nie – Axe, Closeup, Comfort, Domestos, Dove, Even & Lovely, Handy Andy, Omo, Knorr, Hellmann’s, Lifebuoy, Lux, Vaseline, Surf … om maar ‘n paar op te noem.

Verby belaglik!

Althes ·

Ek gebruik al die jare Tresemmé produkte omdat dit kwalteit produkte is wat bekostigbaar is.
Ek verstaan nie waaroor die herrie gaan nie. Al die jare is ‘normale’ hare geklassifiseer dat dit nie droë of olierige hare is nie. Net soos normale vel wat nie olierig of kombinasie is nie.

saggiespraat ·

Ek is wit en het snaaks genoeg my AVON gekry gister die olie vir my hare is vir Frizzy dry hair En ons kan dit nie weg steek met a pruik nie

Nie Verbaas ·

Winkels met hulle Jannie jammer “hart” benadering maak my siek. Julle speel so reg in die kraal van die EFF. Gaan julle aanhou saamspeel tot julle niks produkte meer op julle rakke het nie? Die hele ding gaan oor n minderwaardige wanopvatting van n Clicks advertensie. Julle is pateties.

Blits ·

Ek vermoed dit gaan nie meer oor die advertensie nie. Hulle is bang hul winkels word ook gevandaliseer

Althes ·

Ek stem, die winkels is vasgevang in die ystergreep van anargie. Waar is die SAPS om dit te stop?

Herpiet ·

En so raak die SAPS al hoe minder betrokke by hierdie tipe aangeleenthede.

Misky ·

M.a.w. julle gee in oor die groot bohaai en hulle kry hulle sin. Ek sal voortaan ook nie meer julle ondersteun nie en my geld sal elders spandeer word – totsiens!!!

Pieter ·

Beste plan is, gaan maak jou waentjie propvol by PnP of Shoprite. Vra dan of vir iemand wat daar werk of hul TRESemmé verkoop, en as die een sê “nee”, wees geskok en los die vol waentjie net daar en loop uit oor hul nie meer jou produk verkoop nie.

Werner ·

Sien die EFF wil nou petrolstasies in Standerton ook sluit is weens beweerde rassisme. Nou gaan die poppe begin dans elke werker wat n probleem met sy werkgewer het gaan rassisme skree . Hierdie is niks anders as om anargie te stook nie maak nie saak watse produkte verwyder word nie

Pieter ·

Weet iemand of Checkers meer ruggraat het as die ander klomp patete wat so graag by eff en anc kruip? Gaan dan beslis net Checkers ondersteun. Sal eintlik self sien of TRESemmé nog op rakke is.

Herpiet ·

Dink mooi. As PnP en ander kettingwinkels moet geplunder word en sluit wat dan. Polisie staan en kyk en hofinterdikte word van die hand gewys.

Dries ·

As dit dan nou gaan oor die produkte, waarom is Clicks geteiken, en nie Tresemme se hoofkantoor of fabrieke nie (waar die ook al mag wees)? En ek sal nog steeds graag die name wil sien van al die mense wat vir die advertensie verantwoordelik was (wat kwansuis nou almal afgedank is).

Leeuwyfie ·

As iemand ooit getwyfel het oor hoeveel mag die eff het, is dit nou die bewyse. Ons land word deur boelies en terroriste gelei.
Hierdie is afpersing tot die hoogste graad.
En moet asb nie dink dat die eff enigsins omgee oor die advertensie nie, hulle wou net weer in die kollig wees en hul spiere bult. ‘n Bewys aan die mense van SA dat hulle hul eie oorlogsmag het en ter enige tyd hulle kan oproep.
Dis waar samesprekings en ooreenkomste ons gekry het, die lyn het heeltyd geskuif.
Ons het nodig om hierdie terroriste te beveg op ‘n ander manier. Hulle moet verban word van twitter/fb as ‘n terroriste organisasie, geen meer mediadekking. Daar moet daadwerklik opgetree word teen hulle as vyand van die staat. Hulle moet verban word as politieke organisasie en met hoog verraad aangekla word. Hulle hele spel gaan oor destabilisering van die land. Vind uit wie vir hulle borg en om watter redes.

Herpiet ·

Baie goed gestel. Ongelukkig is die eff net n filiaal van die regerende party wat hulle vuil werk doen.

Daniel ·

Ek sien die sjampoe is geadverteer by Checkers op spesiale aanbieding, ook het Dischem nie gesê hulle gaan verwyder, so hulle gaan seker ekstra besigheid kry? Ook by takealot

Riaan ·

Hierdie is soos om ‘n leeu dood te skiet omdat hy ‘n persoon wat uit sy kar geklim het in die wildtuin gebyt het. Op sosiale media (Facebook) is dit wel bekend wie die “Marketing Director” is by Clicks. Hy moet tog ook verantwoording doen, maar nou word net die TRESemmé handelsnaam uitgesonder.

Annelien ·

Pateties – haal sommer al die pruike ook van die mark wat hulle so dra?

Johan ·

Iets se vir my die “mushroom” haarstyl is oppad terug! Groter as ooit..

Scalla ·

Wie dink hulle is hulle, ek gebruik die produk en ons moet asb die goeie produk ondersteun en die winkels wat dit aanhou, bied sommer ook reuse promosies aan asb.

Stof ·

Nou is ek nuuskierig: Gaan ek ook in die warm water wees as ek bruin haarkleursel adverteer as kunsmatige inteligensie vir blondines?

Anon ·

Siestog, volgende gaan hulle oor die verkoop van wit druiwe, witbrood, wit kaas en so meer protesteer. Hoe belaglik

Kobus ·

Hoeveel mense gaan hulle werk verloor? Die EFF is dus nou in beheer van wat verkoop mag word of nie.My regte word geskend want ek mag nie koop waar en wat ek wil nie. Dis siek!

saggiespraat ·

Gaan julle maar aan oor Shampoo ons het nie eers water om hare te was ?><<?"
oooo as ek maar net regtig kon se wat ek voel en dink…

Estelle ·

Dus mag net blanke mense droe hare kry. As jy swart is kry jy nie droe of frizzy hare nie. Net deur dit te noem gee hul die reg om af te brand en te plunder. Hoe belaglik. Dis nou regtig n geval van meng jou met die semels…… Dis waar ons vandag is.

Ferryman ·

Dit is deesdae baie riskant om ‘n produk te adverteer en selfs ‘n misverstand kan drastiese gevolge he.

Cornelius ·

n Beter voorstel is om al die winkels te sluit en dit aan die EFF te oorhandig. Hulle is sulke uitstekende entrepreneurs en besigheidsmense. Binne ses maande sal ons terug wees voor 1652, geen kolonialisme of rasisme meer nie.

Jax ·

Oeeeee en moenie vergeet om die wasprodruk, Surf, ook van die rak af te haal nie – die een wat sê : “makes your whites whiter and your colours brighter”
En wat van al die “Black Friday sales”. Ek is seker die EFf kan daar ook mee iets fout sien.
Ek het n lang lys van advertensies en ander media waar hulle kan fout vind by.
Hierdie oor sensitiewe gedrag van mense moet nou n einde kry! Dit is belaglik hoe dinge verloop. Soos die Engelse gesegde gaan: “get a grip” en hou op toi-toi oor elke flippen blaar wat val!

Adam Adriaan ·

Ek het nog al die jare sommar net boerseep gebruik. Dit werk net so goed en ek spaar duisende rande

Persheks Adri ·

Dis kleinlik verby om die minste te sê. Wat van Omo, Vanish en Jik? Dit gaan ook seker af gehaal word oe ee ee as mense dink hulle is slim

Hercules ·

ek glo in die woord van God, is ‘n wedergebore, kruisdraende Christen, ‘n volgeling van Abba Vader, sy seun Jesus Christus, die Heilige Gees en buig my knie net voor Jesus my verlosser en geen ander afgod nie, daarom is ek vreesloos!!

Pappa Beer ·

Onthou net een ding, die rooi jelly babies het nie veel aandag gekry in lockdown nie, ramaparra en kopdoek het al die kollig gevat. Die arme kleutertjies met hulle “baby grows” voel nou uitgelaat, so hulle maak wat enige stoute kind doen en gooi n vloermoer oor die kleinste strooi. Pateties en lagwekkend.

Nerina ·

Pateties is TE min beskrywend vir hoe ek die klomp sien!!!!!! Hulle enigste kliënte is seker swart en “offended”!!!!! Dink ek gaan eerder die klein private winkels op my dorp ondersteun wat gebukkend gaan onder die Covid verdrukking!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.