Clicks: Haarprodukte verwyder; werkers geskors

(Foto: clicksgroup.co.za)

Clicks het Dinsdag aangekondig dat hy TRESemmé-haarprodukte van sy winkels se rakke gaan verwyder en eerder sy reeks plaaslike haarversorgingsprodukte gaan uitbrei. Dit is deel van die kleinhandelaar se proaktiewe maatreëls wat getref is om diversiteit en inklusiwiteit te bevorder deur die plaaslike skoonheidsmark, in samewerking met die regering, te help bevorder.

Clicks se uitvoerende hoof, Vikesh Ramsunder, het gesê TRESemmé-haarprodukte sal met onmiddellike effek van Clicks-winkels se rakke verwyder word. Hy sê Clicks sal ook verder met al sy verskaffers in gesprek tree om te verseker dat hul etiese gedragskodes toegepas word.

Volgens Ramsunder was Clicks die afgelope paar dae in uitgebreide gesprekke met die departemente van arbeid en handel en nywerheid betrokke en sal hulle nou saamwerk om die plaaslike skoonheidsmark in Suid-Afrika te help ontwikkel.

Clicks het die afgelope naweek in die sop beland nadat hy ʼn TRESemmé-advertensie op sy webwerf geplaas het waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se natuurlike hare gebruik word.

Luidens ʼn verklaring uitgereik deur Clicks se bestuur is alle werknemers wat verantwoordelik was vir die publisering van die advertensie wat die afgelope naweek ʼn rasseherrie veroorsaak het, geskors. Clicks het ook die bedanking van die senior uitvoerende beampte wat hiervoor verantwoordelik was aanvaar.

Ramsunder het gesê alle geskorste werknemers sal deur ʼn regverdige en onbevooroordeelde tugverhoor gaan onder toesig van ʼn onafhanklike voorsitter.

Ramsunder het Maandag in ʼn ope brief om verskoning gevra vir die advertensie en die herrie wat dit veroorsaak het. TRESemmé het ook om verskoning gevra.

“Ons besef dat hierdie voorval ʼn beduidende impak op ons mense en ons klante gehad het en ons het besluit om ons winkels op Woensdag 9 September vir ʼn dag te sluit. Ons sal hierdie geleentheid gebruik om direk met al ons winkelpersoneel in die hele land in gesprek te tree om berading en ondersteuning te bied. Ons sal ondersteun word deur die ICAS-program vir werknemersgesondheid en welstand,” sê Ramsunder.

Volgens Ramsunder prioritiseer hulle ook hul opleidingsprogram vir diversiteit en inklusiwiteit. “Ons sal die inhoud daarvan hersien, dit uitbrei en met meer dringendheid en fokus implementeer. Ons werk saam met die polisie om die veiligheid van ons personeel, klante en lede van die publiek te verseker, en bedank hulle dat hulle steeds by ons gaan inkopies doen.”

EFF-lede het Maandag voor talle Clicks-winkels landwyd betoog en ook in sommige gevalle groot skade aangerig. Die betogings is Dinsdag voortgesit en Clicks het ʼn dringende interdik bekom waarvolgens die EFF en sy leiers verbied word om enige werkers van die Clicks-groep te intimideer of te dreig. Die hof het die EFF bykomend verbied om enige klante wat die winkels besoek te intimideer of te dreig, asook enige geweld teen die gewone handelsbedrywighede van die groep aan te hits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Eiervrug ·

Sal interessant wees om te weet watter ras die afgedankde personeel is?. Indie hulle nie-blank is, is dit mos nie rassisties nie?

Persheks Adri ·

Nee regtig! Dit nou als oor rooi petters so sê. Nou het ek alles gehoor. Die regering tree steeds nie op nie en om te sê hul keur dit nie goed nie beteken sweet blow niks!

Kom Cyril ons wag in spanning vir jou reaksie en optrede teenoor hulle!!!

#Tsek EFF tsek!!!

Fedup ·

So clicks will rather jump when that garden gnome throw a tantrum, than taking steps against them for vandalism.
Why don’t you close all the clicks stores in this country?

NetM ·

Clicks is majority owned by the state via the Public Investment Corp that invests pensions of state employees. Maybe it fits their narrative to jump.

Niklaas ·

Daar is dosyne WA grappe oor hierdie situasie in ons land. Dit wys net weer dat ons mense (diegene wat nie so sensitief is oor haarprodukte nie) se sin vir humor nie maklik vertrap sal kan word nie.

Snowball ·

Binnekort sal dit seker rassisties of diskriminerend wees as daar produkte is vir blankes se hare; die nuwe wet sal seker bepaal dat net plaaslik vervaardigde haarprodukte verkoop mag word, wat die behoeftes/skoonheid van die meerderheid moet weerspieël. Waar gaan ons gladhaar gevalle dan geholpe raak? Dit gaan kroeswoes raak!

Raakvatter ·

Ek was elk geval al geruime ruk my hare met gewone seep (die paar wat ek nog het).

Karin ·

Hulle maak so groot ophef oor NIKS! My vraag is die volgende? Was dit die swart modelle se EIE hare of was dit pruike?

Agge nee ·

Tatta Clicks. Dalk moet julle vir Joeliasie verduidelik dat ek net so vies is omdat julle my hare as fine and flat beskryf, die woord fine beteken iets anders as wanneer iemand sê : I am fine. Dit is glad nie so reg/fine nie. Ek sal maar my Tresemmé produkte vir my dun en min hare op ‘n ander plek gaan koop.

Riana ·

Groen Haas praat jy wonder selfde ding… maar is nie blank nie want dan sou dit in Dik bold opskrifte verkondig wees

Vettiemaragartos ·

Sorry Clicks as julle toelaat dat die rooi pette julle regeer sal ek maar my TRESemmé by ‘n ander winkel gaan koop. Groetnis!!

Callie ·

Dit is juis omdat jellie visse (soos Clicks se bestuur) vir die rooi mannetjies skrik dat hulle maak soos hulle wil. Gee die stout kinders hulle sin! Ag dan koop ons maar by ‘n ander maatskappy.

JohanR ·

Agh nee man! TRESemmé-haarprodukte is die enigste produk wat my hare lekker sag maak en laat ryk. My vrou like om haar hande deur my laaste 10 hare, ek skuus, nege hare….los noe vrou, te hardloop.

Annette ·

Die reaksie is absurd en totaal oordrewe. Daar was geen kwade bedoelings met die advertensie nie, nou ly soveel onskuldige mense onder die EFF se haat en anargisme.

MakersMark ·

Daar is hy nou. Vervang sommer Tresemme met beesvet en bytsoda in ‘n jamblik. Watse nonsens is die eerste wereld handelsmerke…..local is lekker.

sterk soos n beer ·

wanneer word malema en eff lede gearresteer vir eiendombeskadigings en brandstigting?

Jacobus ·

Een woord -. Lafhartig. Buig die knie en soen die skoen van die tuindwerg.

Sandra ·

Net oor die EFF so se word die sjampoe van die rakke gehaal. En dit gaan nou ‘n golf effek he, want almal wat Tresemme verkoop, gaan seker nou dieselfde doen ingeval hulle ook beleef wat Clicks nou beleef het. So gaan nog ‘n produk, wat almal koop, van die rak af oor een faksie se opinie. Is hulle of die ANC nou in beheer? Want hulle het nog niks hieroor gese nie? Seker te bang. Nou is daar mense wat heel onskuldig ook die advertensie geplaas het, moontlik hulle werk kwyt. Ek dink Clicks maak nou net die regte geluide om die EFF tevrede te stel

saggiespraat ·

ons moet juis hulle ondersteen anders gaan EFF dink ons is aan hulle kant

saggiespraat ·

Ek is net bly die CEO van Clicks is nie wit en Afrikaans. Ek sou like om te sien as die CEO a swart man
was wat hulle sou doen…. Ek lees so tussen die lyne dat hulle huiswerk doen om te sien wie hulle moet
target om poste oop tekry vir BEE.

M ·

Hoekom moet produkte wat ons gebruik van die rakke verwyder word???? Absoluut onaanvaarbaar

saggiespraat ·

Ons moet nou juis by Clicks gaan koop anders gaan hulle dink ons stem saam om Clicks te straf

Japsnoet ·

Hoe belaglik dat daar soveel spanning en geweld en vandalisme gepaard gegeaan het met dit. regtig man elke persoon maak nie saak watter kleur, geur of wat jy is nie ondervind probleme met hare of dit nou gebreek, droog, olierig of wat ook al is en as jy nie huidiglik so probleem het nie het jy wel so probleem tee hekom en het ons ge tantrum nee. Maar die rooi hemde wil alles hê en as hulle dit het plunder, verniel en brand hulle dit clicks bestaan uit swart mense wat werk nie een wit persoon waarvan ek ooit al gesien het nie so wie is eintlik benadeel hul eie nasie nou vra ek jou hoe slim was die voorbok en sy volgelinge nou eintlik. En die regering wat doen hulle ivm dit niks? Lagwekkend verby

Frikkels ·

Ek het net shampoo vir my vrou by clicks gekoop. Nou sal ek maar op ñ ander plek gaan koop want clicks cater nou vir swartes. Miskien sal mens een van die dae orania toe moet ry om seep en shampoo te gaan koop. Totsiens clicks, vir my sien julle nie weer nie!

Mossel ·

Diversity? Wat van mense met straight hare flat and dull hare.. hoekom woŕd produkte wat ons gebruik dan nou verwyder.. ??? Kleurlinge indiers, chinese, Muslim.. ons het nie kroes hare nie.. so waar is ons regte nou Clicks???? Maw.. daar gaan van nou af net produkte wees vir African hair? Buig die knieg vir terrorism Ckicks.. buig voor jul Malema en sy terroristiese party.. jul sien my nie weer nie.

Hendrik ·

‘N vraag – is ons regstelsel ook gekaap? Daar was geen polisie by die winkels waar die beskadiging van produkte plaas gevind het nie. Daar is ook berugte dat Clicks se aansoek by die hoogggregshof geweier was. Wat is die regte storie? Is ons regstelsel gekaap???

Veronika ·

Dan gaan koop ons maar by Dischem……….as hulle dan nou vir hul deur die terroristiese EFF wil laat voorskryf!!

Mariana ·

“fine and flat” klink ook nie eintlik vir my normaal nie

JM ·

Miskien moet die EFF sommer dié swartmense wat hul eie hare ontken deur gladde, reguithaarstukke dra, ook voor stok kry; ook sommer diegene wat hul koppe kaal skeer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.