Clicks herroep swangerskapstoetse oor drama met uitslag

Argieffoto

Clicks het Vrydag laat hoor dat hulle sekere van die digitale swangerskapstoetse wat landwyd in hul winkels verkoop word, gaan herroep.

Dít nadat Business Insider SA Vrydag ʼn video die lig laat sien het waarin hulle een van dié swangerskapstoetse waaroor een van hul lesers by hulle gekla het, in gewone kraanwater doop en die toets dan ʼn ‘swanger’‑ of positiewe uitslag toon.

Die leser het glo emosioneel vertel hoe hartseer sy was dat sy nie werklik swanger was soos die toets aangedui het nie.

Clicks het op Twitter laat hoor dat hulle dié produk as ʼn voorsorgmaatreël gaan herroep.

“As ʼn verantwoordelike gesondheidshandelaar neem ons die welstand van ons klante uiters ernstig op. Ons onttrek die produkte van die rakke as ʼn voorsorgmaatreël hangende verdere ondersoek deur die verskaffer.”

Hulle het wel gesê dat klante die toetse volgens die ingeslote instruksies moet gebruik.

“Ons wil die geleentheid gebruik om te beklemtoon dat – soos met alle tuis‑swangerskapstoetse – klante die instruksies moet volg, met ander woorde urine, en nie water nie, moet gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

MissDemeanor ·

Presies wat ek ook dink. Die water wat herwin word kan nie gesuiwer word van hormone nie.

Sanna ·

Oes en bere jou eierselle vir later. Daarna ‘n sterilisasie en dan geen voorbehoedpille wat mens laat gewig optel, die water besoedel en kanker in onskuldige mans en vrouens veroorsaak nie.

IK ·

Ek sal nie verbaas wees indien daar urine is in ons drinkwater . . . ?

Andrea ·

Beteken dit nie dat ons water vol urine en hormone is nie?

Talie ·

Die fout is dalk nie by die strokies nie maar by die konsentrasie hormone in die drinkwater.

Lily du Plessis ·

Mense julle mis die .
Daar is vir baie mense vals hoop gegee.

MissDemeanor ·

Maar die toetsie is nie n plaasvervanger vir n mediese diagnose nie. Mense moet nie te hard begin hoop voor hul by n dr was nie….

Penellope Jones ·

MissDemeanor jy het duidelik nie vriende wat sukkel om swanger te raak nie my mens.

Sprinkel ·

Ek het n paar jaar terug al 2 keer so iets oorgekom. Positiewe toets en dan wys die bloedtoets daars niks. Dit is baie hartseer vir al as jy hoop op n baba.

MissDemeanor ·

Ek verstaan dis teleurstellend as mens graag wil swanger word, maar is mens is veronderstel om n moontlike positief eers te bevestig deur na n dr of ginekoloog te geen. EN n vals positief is eintlik baie minder problematies as n vals negatief. Mens moet nie die toets blameer daarvoor as mens teleurgesteld is dat mens nie swanger is nie. Mense moet nie die oomblik as hul daai strepie sien dit op Facebook begin adverteer nie, voor mens opgewonde raak, wag eers en gaan dokter toe om te bevestig.

humor ·

Wil dan nou vir my voorkom die oorsaak van die bevolkingsaanwas uit sy nate uit het te doen met die water. Hulle sal nou die suiwering by pompstasie erns moet neem.

MissDemeanor ·

Die probleem is dat mens nie hormone uut water kan haal by ons (en Europese) water suiwerings aanlegte nie. Hul kan die bakterie uithaal , maar nie die hormone nie…

Tee ·

En die arme vrouens wat NIE wil swanger wees nie, verwyder daai toetse, ek kan dink dit gaan ‘n gemors afgee…?

Andrea ·

Sal gebottelde water sonder hormone veees, of moet ek maar oorslaam rooiwyn-toe?

Boet Fasie ·

As jy wil verwag , drink baie kraan water, vol hormone en bakterie wat nie gesuiwer word nie.

Koeksuster ·

Aan almal wat hierbo ‘n eier te lê het oor hoe jy nie jou hoop op n toets moet sit voor jy by die Dr was of vir bloed toetse nie. Na 10 jaar wat ek en my man baie graag kinders wil hê en 2 miskrame is daar GEEN maar GEEN manier hoe jy met daai eerste toets se positiewe uitslag kan her roep nie.
Het jy al saam met jou eggenoot gestaan en verbitterlik gehuil en die hoop en vreugde in mekaar se oë gesien omdat julle dalk ‘n kans het om ‘n kind te hê? Dit is waaroor dit gaan die eerste hoop op n kind wat jy dalk so lank al na smag. Ja dan gaan jy na die Dr toe en bevestig die nuus. So as jy nog nie in my skoene gestaan het, in ons oë die hoop en verwagting gesien het na ‘n positiewe toets nie dis dit dalk beter om nie te veel te sê het hier oor nie. Daar is niks soos hoop nie en false toets uitslae skep ook die hoop waarop baie mense daagliks wag. Miskien moet hulle volgende die water ook toets….

Anita ·

Synde ‘n telgie waarop my ouers lank gewag het, sal ek seg – hou moed. Tegnologie en mediese kennis (in Eerstewêreldlande) het buitendien aansienlik gevorder sedert daardie okkasie.
Ten opsigte van ons ‘gesuiwerde’ kraanwater – een element daarin is nogals klaarblyklik wel hormone.
En dit verklaar weer baie ander nogal heel logiese gevolge wat om ons waargeneem kan word. Durf dit ook nie uitspel nie, anders is ek in dik sopwaters.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.