Clicks in Alberton gevandaliseer, aan die brand gesteek

Betogers het die Clicks in die Lemon Tree-winkelsentrum vandaliseer (Foto: Verskaf)

ʼn Winkelsentrum in Alberton in Gauteng was Maandagoggend genoop om sy deure te sluit nadat die Clicks-winkel in die sentrum aan die brand gesteek is. Die winkel is ook omtrent deur die betogers verwoes.

Volgens Eric Maloka, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het betogers vanoggend omstreeks 09:00 Clicks in die Lemon Tree-winkelsentrum betree en amok gemaak. Hulle het die winkel gevandaliseer en ook aan die brand gesteek.

Maloka sê Alberton en Thokoza se brandweer- en reddingsdiens is omstreeks 09:15 na die winkel ontbied nadat ʼn noodoproep van die winkelsentrum ontvang is.

“Met reddingswerkers se aankoms op die toneel, het hulle op die brand in die Clicks-winkel binne die winkelsentrum afgekom,” vertel Maloka.

Volgens die winkelbestuurder is die brand deur ongeveer 15 betogers veroorsaak.

Betogers het geweldadig toegang tot die winkel verkry deur hamers te gebruik om die winkel se deure oop te forseer. “Betogers het die winkel se rakke omgegooi en baie skade aangerig voordat hulle dit aan die brand gesteek het.”

Brand-en reddingsdienste is die oggend 09:15 na die Clicks ontbied (Foto: Verskaf)

Maloka sê daar was 12 werknemers in die winkel vasgekeer, wat ongedeerd van die voorval afgekom het.

Die brand is binne minute geblus en die swaar, digte rook is met ʼn suigwaaier onttrek.

Maloka het aan Maroela Media bevestig dat die winkelsentrum se bestuur gesê het dat die hele sentrum vir die dag gesluit word. Bedrywighede sal Dinsdag gewoonweg aangaan.

Die toneel is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Maroela Media het ʼn navraag aan die winkelsentrum se bestuur gestuur, maar wag nog vir terugvoer.

EFF-lede betoog van vroegoggend af by Clicks-winkels landwyd. Die kleinhandelaar het vroeër aangekondig dat sy winkels Maandag oop sal wees ondanks die EFF se dreigemente om sake by al die kleinhandelaar se takke tot stilstand te bring. Daar is intussen ook berigte dat talle Clicks-winkels wel gesluit is weens die betogings.

ʼn Rasseherrie het vroeër op sosialemediaplatforms losgebars oor ʼn Clicks-advertensie waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se hare gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Axel ·

Gee enige iets vir varke en jy kry dennings.
Wat van Lewies in die tronk DOOD GESLAAN IS DEUR ONS WONDERLIKE SAPS????????????????????????

DLR ·

Dink julle Malematjie sal oor die vingertjies getik word hiervoor. Ek wonder kan nie wag om te sien nie

Werner ·

Sal niks oorkom nie Clicks kan nie genoeg verskoning vra nie

Misky ·

Ek wil graag net sien of daar selfs 1 van die rooi pakke inhegtenis geneem is….. Nog elke mall of Clicks winkel wat ek ingaan het sekuriteit en waar is hulle vandag? Al die SAPD met hulle rubberkoels en waterkanonne, 73 000 SANDF lede wat ons belastingbetalers biljoene kos….. Waar is hulle vandag?

Adam Adriaan ·

Die nuwe terrorisme organisasie in SA. leiers moet van hoogveraat aangekla word

Willem ·

Hoop nie dit word die norm nie wanner een of ander swarte ongelukkig word oor iets nie. Die land is klaar onregeerbaar soos dit is en as elke swarte wat ongelukkig is besluit om af te brand gaan daar nie veel van die land oorbly nie

Eragrostis ·

Julius het sy kiesers aangehits om geweld te pleeg. Kla hom krimineel aan daarvoor, en sorg dat hy persoonlik vir die skade verantwoordelik gehou word.

Nêrens in die verlede is vrede deur geweld verkry nie. ‘n Onvolwasse aksie gedryf deur irrasionele denke.

My oplossing vir toekomstige probleme met advertensies is om net blankes daarin te laat deelneem, want ons het nie ń Slagoffer-mentaliteit nie.

Persheks Adri ·

Hoeveel oortredings wil hy teen sy naam hê? Lyk my hy soek baie… Groot hoed skitter in sy afwesigheid al WEER nee regtig waar.

#Tsek EFF tsek

Nozi ·

Hoeveel oortredings will hy teen sy naa he? Dit pla hom glad nie want hy weet daar kom niks van nie. Kyk na al sy hofsake, word uitgestel of geskrap. Hierdie mannetjie sal niks oorkom nie, maar wag, God slaap nie, by Hom sal malema wel sy dag kry en dan gaan dit baie harder wees as dit waarmee hy nou besig is.

Blikkies ·

As ek Clicks is Dagvaar ek die EFF vir skade vergoeding. Die antwoord “dit was nie hulle mense nie”, was die verkeerd antwoord.

Kokerboom ·

Waar is die vervloekte nuttelose Polisie???Wie gaan aanspreeklikheid vir die boewery aanvaar?Clicks moet beide die SAPS en EFF dagvaar. Stel voor Clicks plaas GEEN meer advertensies met Swartes as rolmodelle IN TOEKOMS. Ons het regtig nou finaal genoeg gehad van die onbeheersde boewery deur EFF struikrowers!!!

Persheks Adri ·

Besig om mense te soek wat nie maskers dra nie. Useless verby om die minste te sê

Werner ·

Aangesien die EFF nou hulle sin gekry het kan ons ons nou maar regmaak dat hierdie die norm gaan word . Elke keer as iets hulle ontstel brand en breek hulle dit af . Die regering is te besig om hulle korupsie toe te smeer om aandag te gee aan n rewolusie wat besig is om uit te breek

Kokerboom ·

Sentrumbestuur se absolute gebrek aan gebeulikheidsbeplanning om hul huurders te beskerm is betreurenswaardig!!!

Ronel ·

Hulle voel ‘n absolute veer vir ander se lewens, maar jou medemens moet jy glo liefhe. Hoe het mens iemand lief wat dit doen.

Cornelius ·

Dis net verstommend hoe die mense met die misdade wegkom sonder dat hulle gevang word. Die boodskap is duidelik. What julle doen is reg en julle sal nie gearresteer word nie. Dis alles apartheid se skuld.

Meisie ·

“Alle Clicks takke moet tot Vrydag gesluit wees!” Se hy terwyl hy die Clicks (wat toe is) se deure oopbreuk om dit te vervoes.. Klomp narre!

Genis ·

My lewe aarde nou raporteer CR aan Malema en Zuma se Ex vrou… kyk wie is in beheer…

KlipRSA ·

Daar gaan niks van kom nie, hierdie grens aan terrorisme. Plekke word afgebrand en mense se lewens word verwoes. Wat gaan gebeur? Absoluut NIKS, want dit is mos die land waarin ons woon.

Connie ·

Ek hoop dat al die skade wat berokkel is, die mense wat seer gekry het, word alles op Malema geplaas. Hy het mos sy komerade aan gehits om dit te doen, so Malema staan pa vir jou dade wat jy pleeg, julle maak my naar.

Mariana ·

Clicks moet hulle dagvaar. Maar soos gewoonlik gaan Malena wegkom daarmee. Hy is ‘n opstoker en hoort agter tralies. Hoekom word hy toegelaat om soveel amok te maak? Hoekom doen die polisie en regering niks om hom te straf nie. Hoeveel keer gaan hy nog net gelos word.

Anoniem ·

Die klagstaat behoort soos volg te lees: 1. Poging tot moord. 2. Intimidasie. 3. Vandalisme. 4. Brandstigting. 5. Diefstal. 6. Terrorisme. 7. Aanhitsing tot geweld. 8. Nie nakoming van inperkings regulasies. (Geen dra van maskers, Handhawing van sosiale afstand)

LIEZL ·

Wat is nou die ergste, ‘n simpel advertensie of ‘n hand uitruk situasie wat miljoene Rande se skade kan wees? Tog so belaglik

ES ·

Hierdie is regtig net ‘n verskoning van ‘n piesangrepubliek. Gee vir hulle dan nou maar hierdie land dat hul hom in die afgrond in ry, sodat hulle kan kripeer, net soos Zim.

Ek dink dis tyd om ons tassies te pak en ander heenkome te soek. Ons sal sien hoe lyk Afrika onder hierdie onregeerbare kondisies oor 10 jaar van nou af.

Die gras is dalk nie groener aan die ander kant nie, maar dit darem nog effe regeerbaar.

MakersMark ·

Brand af, verwoes, roof, more is weer duisende our people sonder werk……

Pieter ·

Laat die rassiste van eff betaal vir die. Sal wil sien wat n hof se oor die.

christo ·

Bheki Cele waar is jy nou? Jou slap polisielede tree nie op nie, alhoewel dit hulle plig is. Die hele lot EFF narre het die Covid-19 inperking reëls oortree. As die DA of VF+ so sou optree, sou hulle geskiet of almal gearresteer en vanoggend in die hof.

Inkpot ·

Nou moet Clicks die EFF dagvaar vir skadevergoeding.
Hulle sou kwansuis nie geweldig betoog nie, maar waarom kom hulle met pikke, grawe en allerhande toerusting?
Hulle is ‘n spul onopgevoede leegleers.

Bushy ·

Kla malema en sy trawante aan vir brand stigting en poging tot moord. Dis so eenvoudig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.