Clicks moet ook aan MRK, departement verduidelik

Vikesh Ramsunder.

Die Menseregtekommissie (MRK) het Vrydag met ʼn afvaardiging van Clicks vergader na aanleiding van die herrie oor sy beweerde rassistiese advertensie.

Die vergadering is deur die MRK versoek aangesien die Clicks-advertensie volgens die kommissie strydig is met die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie.

Volgens Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK, het Vikesh Ramsunder, uitvoerende hoof van Clicks, tydens die vergadering weer om verskoning gevra vir die voorval. “Hy het presies verduidelik hoe die advertensie, wat deur ʼn derde party geskep is, uiteindelik op Clicks se webwerf geplaas is en ook besonderhede gegee oor maatreëls wat ingestel sal word om ʼn herhaalde oortreding te voorkom.”

Daar is tydens die vergadering gesê dat alle Clicks-werknemers, en spesifiek die bestuur, transformasie-opleiding sal ondergaan. “Ramsunder het hom daartoe verbind om Clicks se verskaffers by sy transformasie-agenda te betrek in ʼn poging om te verseker dat geen ongevoelige advertensies in die toekoms geskep en geplaas word nie.”

Clicks het verder onderneem om alle interne dokumente oor transformasie beskikbaar te stel, asook die maatreëls wat die maatskappy vorentoe sal instel. Die MRK sal egter wel voortgaan om met Clicks in verbinding te bly. “Dit sluit in die hersiening van Clicks se huidige beleid wat handel oor diversiteit en inklusiwiteit, asook prosedures om te bepaal watter inhoud is grondwetlik voldoende.”

Minister Khumbudzo Ntshavheni. Foto: Flickr/GovernmentZA

Clicks het ook Donderdag met Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsakeontwikkeling, en haar departement vergader.

Volgens die departement het Ramsunder tydens dié vergadering onderneem om besteding aan klein, mikro- en medium ondernemings te verhoog en plaaslike skoonheids- en haarversorgingshandelsname en ander produkte te ondersteun.

Ntshavheni het opgemerk dat Clicks se voorkeurverkrygingsbesteding op groot en gevestigde maatskappye fokus, maar nie volledig bemagtigde maatskappye insluit en bydra tot die bou van ʼn inklusiewe ekonomie nie.

Die minister het voorts gesê haar departement sal Clicks help om te fokus op ondernemings wat deur swart mense, vroue, die jeug en gestremde mense besit word.

Die departement en Clicks het ʼn werkspan in die lewe geroep om die inwerkingstellingsplan te finaliseer, asook die vordering op spesifieke fokusgebiede te monitor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Kokerboom ·

Clicks is doelbewus totaal gekaap deur die ANC boewebende dmv afpersing. Terloops die bestaan van die Dept van Kleinsake(natuurlik swart alleenlik) is helemal onnodig en geldmors!!!

Pieter ·

‘n Naam soosVikesh Ramsunder klink vir my klaar baie getransformeer. Nou wonder ek hoeveel witmense by die advertensie betrokke was. Clicks is ook ‘n BEE maatskappy. Die hele gedoente word ‘n afpersingsaangeleentheid.

Sandra ·

Huh? Wat moet Clicks nog doen om jammer te se, wat hulle nie in die eerste plek moes gedoen het nie.

Johann ·

Welkom in die land van hand poppe en narre waar iemand se sellfbeeld afhang( of is dit nou opstaan) van ‘n feitelik waarneming van jou hare?

Oudste ·

Ek lag my jis afvirdie sirkus. Buig die knie voor die vyand, en nie voor die Skepper nie, en julle sal die wrang vrugte van julle dade ervaar. Lees Sy Woord, Rahabeam.

Anel ·

As hulle nou net produkte gaan aankoop soos genoem, gaan Clicks in ‘n “koekawinkel” verander. Of dalk nog in toordokter se winkel. Ai, tog. Dat mens so minderwaardig kan voel. Wie het in elke geval haarprodukte uitgevind en ontwikkel? Hulle gebruik dan vet vir hulle hare.

Persheks Adri ·

Nou ewe skielik kan die MRK by kom? Mmmmm… Hulle tree NOOIT op as ons wit mense kla oor haatspraak nie. Hierdie is een groot sirkus. Hoop hulle sien raak wat mal rooi petters gedoen het ook. O nee hulle gaan nie, want hul kleur is reg

ElizeK ·

Whahaaaa. Dit kry jou nou van spring vir die eff mnr Rumsunder!!!!Hoekom gee jy nie sommer clicks vir die mrk en die uiters rassistiese ntshavheni nie.
Black is beautiful is nou ons gladde hare se voorland, want dis al wat op die rakke gaan wees.

Jaco ·

Clicks is mos al lank in die land en sekerlik ten volle op datum met regstellende, BEE en transformasie. So hierdie hele hare-insident is eintlik rassisme van slagoffers van apartheid teen ander slagoffers van apartheid.
Maar is dit moontlik? Volgens die ANC en die EFF is rassisme net iets wat wit mense teenoor nie-wit mense doen.
Gepraat van transformasie: dié uitvoerende hoof van Clicks is ‘n Indiër. Transformeer nog meer en hy is dalk werkloos met die verskoning “you are not black enough” of “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”.
Ek suig dít nie uit my duim nie: daars baie sulke gevalle waar kleurlinge en Indiërs om dié redes nie by werk kry nie. Selfs Solidariteit moes al sulke sake in howe namens kleurlinge en Indiërs beveg.

Kobus ·

Elke minister,organisasie en die kabinet maak nou geraas. Is daar nie belangriker sake as hare en advertensies nie? Wat van my reg wat aangetas is? Ek kon nie my reg van waar ek wou loop en inkopies doen uitoefen nie. Ek het nie meer die reg om n produk van my keuse te koop nie. Is iemand agv die advertensie dood,beseer en dakloos? Ons land is reeds getransformeer na n komunistiese bedeling. Jyk maar na Patel en DZ. Hulle sê en ons moet doen. En ai,die alewige ” jammer” en dan die skenkings. Die beurse wat nou gegee gaan word,gaan dit net vir EFF lede wees?

Jaco ·

So as daar gesing word kill the boer kill the farmer en daar word direk gese wittes moet vermoor word dan weier NRK om betrokke te raak en se gaan polisie toe en maak n saak.

As n haar advertensie aanstoot gee raak hulle dadelik betrokke en stuur sommer n afvaardiging.

Ek het nog altyd gese die MRK is slegs daar met n agenda om rasse haat aan te jaag, hulle stel glad nie belang in swart op wit rassisme nie, in hulle oe bestaan dit nie.

Pappa Beer ·

Enige verskonig om die aandag van die ware probleme in die land af te trek en “jannie jammergat” te speel met die alewige “kruk” van rassisme. Siestog, hoe kleinlik kan iemand nou wees.

AndrewL ·

Die MRK is een groot klug. Hier spring hul op en af oor ‘n advertensie wat eintlik niks verkeerd uitbeeld nie, maar willens en wetens verkeerd interpreteer word.

Feit is sommige mense het droeë of brekerige hare of ander probleme. Hoekom sal ‘n vervaardiger ‘n produk in die mark plaas sonder behoefte daarna ? Was die foto van ‘n ander ras het geen haan daarna gekraai nie.

Waar is hierdie spul met werklike vergrype? Waar is hul as ander werklike klagtes lê? Dan is hul gou om te sê dat dit nie verkeerd is nie.

Waar is MRK wanneer die EFF mense intimideer, aanval, besighede beskadig, werknemers intimideer en seermaak? Saam in die saal met EFF teen die slagoffer.

‘n MRK wat ongekaap en onafhanklik is sal hom nie so haas oor ‘n advertensie nie, hom nie bemoei met dag tot dag werksaamhede van ‘n besigheid nie en nie so besigheid intimideer soos nou die geval is nie. Nee, hul sal konsentreer op werklike vergrype ongeag wie aan die uitdeel kant is en wie aan die ontvang kant is.

Andre ·

Gedurende my kinderjare was ‘n nar maar net bekend as ‘n clown. Maar hierdie sirkus het ek nie ‘n naam voor nie. Bygesê ek ken nie baie tale nie. Ek het êrens gelees van kakistro-iets of iets in daardie lyn, maar ek sal dit moet opsoek.

agnes ·

Dit is duidelik dat die EFF en sy medewerkers n minderwaardigheids kompleks het as gevolg van hul velkleur. Die advertensie van Clicks het niks met rassisme te doen nie maar as jy minderwaardig voel oor jou kleur soek jy vir medelye en simpatie.

Renier johannes ·

Moun oor sjampo wat van die geld wat weg is tydens covid

annie ·

As die MRK ook Clicks se hare wil was is goeie sjampoe en opknapmiddels nodig. Gaan ons minister van ywerighede weer mosterd na die maal begin met nuwe fabrieke in fase 2 terwyl daar ‘n paar sente van die R500 bilj oor is? Miskien kry ons ‘n opwindende cannabis-reeks en EFF-rooi-haarkleursel vir daai gifappeltjie-haardos, die haarwortel van die kwaad. Terloops, wie sè die blonde kapsel was diè van ‘n blanke vrou want swartes bleik ook hul hare?

Verslae ·

Die spul narre het ‘n massiewe minderwaardigheidskompleks. Die een helfte skeer hulle koppe kaal en die ander helfte dra pruike. Waarom sal hulle dit doen?

christo ·

Dis hierdie tipe kinderagtige optrede van politieke partye wat enige buitelandse belegger die skrik op die lyf sal jaag. Ramaphosa droom as hy dink dat SA die enigste land in Afrika waar belê kan word. Mauritius wat deel is van die Afrika- groepering maak dit baie meer eenvoudig vir veilige beleggings.

JohanR ·

Lyk my almal en sy maat wil nou by Clicks skep. Maak ‘n winkel toe vir ‘n dag in elke groot stad, dan kan die MRK, die ANC die EFF, en al die vriende en familie skep vir 8 uur en klaar kry!

Nie Verbaas ·

Pateties is al wat in my regdenkende brein kan opkom.

Susan ·

Die hele Clicks debakel is eintlik ongelooflik lagwekkend, as dit nie so hartseer is dat soveel onskuldige mense eintlik nou benadeel word nie. Daar is baie aptekers in my familie, en as gevolg daarvan weet ek dat dit nie die maklikste kursus is nie, so ek sal graag die 5 farmasie studente wat nou sommer op die koop toe beurse gaan kry, se studie loopbaan wou volg, nie seker of dit so ‘n suksesvolle poging gaan wees nie, uit ondervinding weet ek dat baie studente wat op grond van “kleur” beurse kry nie eens die eerste jaar voltooi nie, geld wat gemors word wat’n ander student kon gebruik het om ‘n suksesvolle loopbaan te volg. ‘What comes around goes around” Clicks het hulleself nou lelik in die voet geskiet, hulle gaan nou duisende “kleurlose” klante verloor wat lojale kopers was óór die jare, en geen sê gehad het in die gebeure nie, wie laatste lag lag die lekkerste, en dis nie Clicks nie!

groenboer ·

Daar is natuurlik ‘n eenvoudige oplossing vir die toekoms: moet nooit weer enige ander modelle as blankes in advertensies gebruik nie. Op daardie manier kan jy nie per ongeluk aanstoot gee nie. Jy sal seker beskuldig word dat jy hulle ignoreer of marginaliseer of iets, maar daarvoor moet hulle dan maar die EFF gaan bedank.

Nou is dit seker so dat ‘n groot maatskappy soos Clicks dit nie so maklik kan doen nie, maar dit dui dan vir ons ook aan hoe mens in die toekoms te werk moet gaan: hou jou onderneming klein, dan is hy baie meer vaartbelyn, en dit word baie makliker om allerlei absurde reëls en wetgewing te vermy, sonder om eens die wet te breek (want heelwat daarvan geld net vir groot ondernemings wat baie het om te aas).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.