
EFF-lede sing en dans in optog teen Clicks in die Highveld-winkelsentrum in Emalahleni (Foto: EFF Twitter)
Die minister van polisie, Bheki Cele, het ’n beroep op polisiebeamptes gedoen om voort te gaan om die veiligheid van klante en personeellede in Clicks-winkels te verseker en eiendom te beskerm. Betogings vind sedert Maandag voor Clicks-winkels landwyd plaas en in sommige gevalle is groot skade aangerig.
Volgens Lirandzu Themba, die minister se woordvoerder, het Cele die dade van vandalisme en kwaadwillige saakbeskadiging by sekere Clicks-winkels veroordeel. Hy verwys veral na die voorval waar die Clicks-winkel in eMalahleni, Mpumalanga, Maandagoggend met ’n petrolbom bestook is.
Tien mense, insluitend ʼn EFF-parlementslid, is reeds in hegtenis geneem weens aanklagtes rakende die beskadiging van eiendom. Die LP word ook aangekla van die aanranding van ’n polisiebeampte en verset teen inhegtenisneming.
Cele het gesê die advertensie, wat tot die herrie gelei het, moet ook uit alle oorde veroordeel word.
“Die advertensie is skreiende rassisme en ons moet dit gesamentlik veroordeel. Die miskenning en vernedering van Afrika-mense kan nie so aangaan nie,” sê Cele.
Cele het egter gewaarsku teen die beskadiging van eiendom in protesoptrede teen die advertensie.
Rakende die voorval Dinsdag waar ʼn vrou na bewering ’n vuurwapen op lede van die EFF by die ingang van Clicks in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gerig het, het Cele gesê die polisie moet toesien dat die wet gehandhaaf word.
“Die polisie moet ferm optree teen diegene wat die wet oortree. Dit is bemoedigend om te sien dat polisiebeamptes mense in hegtenis neem waar nodig en ek versoek dat hulle voortgaan om die beskerming en veiligheid van klante en personeellede in die betrokke gebiede te verseker,” sê Cele.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Waar was jy die laaste 3 dae gewees Cowboy? Too little, too late
Nou wakker geskrik toe hy sien die EFF kan seerkry. As polissie nie hul werk doen kan geweld uitkring in n rewolusie dink hulle is in elkgeval te laat. Mooi tannie leer jy nou die manne. Kan nou al se dieselfde of erger gaan gebeur by paasbesettings
Is cele nou ook hartseer oor clicks nie ‘n tresemme shampoo het vir hom nie? Moes polisie nie uit die staanspoor al opgetree het nie? Die hele aksie van die EFF is dan sommer op sosiale media gepubliseer al voor die tyd nie. Die polisie moes al Maandag oggend reg gestaan het voor clicks winkels om die aanvalle af te weer
Jou wafferse polisie doen absoluut niks nie Cele.
Kry vir Gerrie Nel. Hy sal weet wat om te doen. Vinnig ook.