Clicks: ‘Verwyder produkte van rak’ – kleinsakeminister

EFF-lede by die Clicks in die Mall of the North in Polokwane (Foto: Verskaf)

Terwyl die regering die wetteloosheid veroordeel het wat Maandag die EFF se optrede teen die winkelgroep Clicks gekenmerk het, het die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, die winkelgroep se verskoning as “betekenisloos” afgemaak en gesê TRESemmé-haarprodukte behoort van die groep se rakke verwyder te word.

ʼn Herrie het vroeër losgebars oor ʼn advertensie op Clicks se webwerf – wat hy intussen verwyder het en herhaaldelik om verskoning voor gevra het – waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. Die advertensie is as rassisties bestempel.

EFF-lede het gister by verskeie Clicks-winkels betoog en in sommige gevalle is groot skade aangerig.

“Clicks snap glad nie dat die oortredings nie net gaan oor foto’s wat onsensitief is nie, maar oor die feit dat dit die rassistiese siening van TRESemmé verteenwoordig en ʼn weerspieëling is van die voortgesette ondermyning van die skoonheid van Afrika-vroue, asook die geweld waaraan hulle onderwerp word wanneer hulle oënskynlik nie aan sekere oppervlakkige standaarde voldoen nie,” het Ntshavheni gesê.

Verskeie winkels is tydens die betogings beskadig. (Foto: Twitter)

Sy sê die onttrekking van die advertensie is onvoldoende en TRESemmé-produkte moet van Clicks se rakke verwyder word as ʼn manier om “geen verbintenis hoegenaamd met verskaffers wat rassistiese en onsensitiewe bemarking bevorder”, te kenne te gee.

Ntshavheni sê as Clicks ernstig daaroor is om ʼn trots Suid-Afrikaanse korporatiewe burger te wees, sal hy stappe doen om produkte wat deur klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) vir swart mense se hare vervaardig is, aan te hou.

“Die departement van kleinsakeontwikkeling is beskikbaar om Clicks te help om meer Afrika-haarprodukte, gemaak deur Suid-Afrikaanse KMMO’s, vir sy rakke beskikbaar te stel.”

Ntshavheni sê die tyd vir lippediens is verby en verskonings moet deur daadwerklike stappe gesteun word. Volgens haar kan ʼn nierassige en gelyke samelewing net deur ʼn inklusiewe ekonomie gesteun word.

Die regering het intussen in ʼn verklaring gesê hy slaan ag op die woede oor die advertensie en hoewel hy ook verontrus word deur die rassisme daarin, is die wetteloosheid en beskadiging van Clicks-winkels teenstrydig met die gees van vrede en respek vir menseregte in Suid-Afrika.

Volgens die regering is wettelose gedrag nie ʼn manier om konflik op te los nie en hy doen ʼn beroep op mense om nie eiemagtig op te tree terwyl die saak bespreek word nie. Mense word ook versoek om enige voorval van intimidasie of geweld by die polisie aan te meld.

“Ons bly verbind tot die waardes van demokrasie. Enige vorm van diskriminasie of skending van menseregte, om watter rede ook al, kan nie geduld word nie omdat dit die vordering in die bou van ʼn verenigde, demokratiese land ondermyn,” het Jackson Mthembu, minister in die presidensie, gesê.

Mthembu het gesê die stryd teen diskriminasie is steeds vir die regering ʼn prioriteit.

“Selfs met die teenstand van ʼn klein minderheid gaan ons voort met pogings om ʼn Suid-Afrika te bou waarop ons almal trots kan wees. Aan die begin van Erfenismaand word ons herinner aan die talle kulture, tradisies en tale wat van ons maak wie ons is.

“Laat ons mekaar in die gees van maatskaplike samehorigheid koester en respekteer ongeag kleur, agtergrond, geslag of geloof,” het Mthembu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

DieKriek ·

Is Ntshavheni for real? Dis nou n ware sirkus. Intussen kan ek nie my kroniese voorskrifmedisyne kry nie. Clicks verkoop nie net haarprodukte nie.

En, my goeiste, die regering “doen n beroep” maar doen verder boggerol.

Nie Verbaas ·

ANC kan net beroepe doen. Verder gebeur niks. Net lipservice

DD ·

Kry ‘n nuwe voorskrif en gaan Dischem toe. Baie beter. Kom ons help die EFF dat hul eie mense werkloos raak.

Persheks Adri ·

Is dit huh? Julle is kleinlik! Wat van die haatspraak teen ons blankes? Rooi petters kan vir ons sê wat hulle wil en ons dreig?

#Tsek EFF tsek! Julle is die grootste rassiste!

Lyk my die regering keur hulle optrede goed…

Pieter ·

Die eff was nog altyd daar om anc “goed” te laat lyk en dus die “beter” opsie om voor te stem. Ek sê steeds die eff werk vir die anc.

Persheks Adri ·

Ek stem Pieter! Klomp korrupte kaders maak naar verby om die minste te sê

Pieter ·

Kannie produkte verwyder nie, word tien teen een in China gemaak en te danke aan die anc se lieflike in/uitvoer ooreenkomste moet die steeds ingevoer word, teen belaglike hoë pryse?

Riana ·

Is Treseme Shampoo se advisertensie wat deur Unilever gemaak word. Was hulle wat die advertensie op Click se web page geplaas het, Clicks het nie eers dit gemaak nie… net toegelaat dat hulle op die website post

Simon ·

EFF en ANC stel met hul verwoestende optrede ‘n goeie voorbeeld aan die res van die wereld hoe wreed swart mans hulle vrouens behandel en geen respek het vir Afrika-vroue se selfstandigheid en uniekheid nie. Ek het nie Afrika-vroue oor die haarproduk hoor kla nie.

Persheks Adri ·

Hoekom word hulle optrede goed gekeur? Dis onaanvaarbaar!!!

MM ek’s nie rassisties nie, maar my kommentaar word gemodereer…

Nick ·

En so val SA tot gemors, die blankes is te slap om iets te doen en die vf en da tjank soos blein hondjies, ek begin al meer besef malema is die wittis se baas, ons sit mos net en bid en braai, dit klink nogal goed, bid en braai nasie????

Sobymykoolkop ·

Nou toe Nick, wees jy dapper en vat voor, glo jy is een wat die dapperste is tussen pêlle maar in jou hart ook die bangste

Hans ·

Wanner gaan ons opruk na die winkels wat pruike verkoop, dit is mos teen ons beleid in, dit is n growwe skending van ons reg, en grens aan white facing

Stefan ·

Ek kan nog verstaan dat swart mense baie erg is oor hul pragtige hare en baie trots is daarop.
Wat ek nie verstaan nie is dat die meeste swart vroue wat dit kan bekostig hierdie pragtige hare wegsteek onder pruike en baie mans die somer heeltemaal afskeer.

Vanessa ·

Stefan, dis wat ek ook sê, oral waar jy gaan sien jy net pruike!!!!!!

Anoniem ·

Ja Stefan, hoekom steek hulle hulle hare weg onder pruike?

annie ·

Nou moet die hele reeks van die rakke verwyder word. Hierdie word ‘n baie diepsinnige samehorige koestering, soos wanneer jy jou eie stert insluk en uiteindelik by jou eie kop uitkom. Hoekom kan Afrika enigiets sè of doen en hulle mag nie teengestaan word nie? Word dit morele mag genoem? Waar kan mens die handleiding vir diè Naziìstiese regseiendomlike bekom of is dit Mein Kampf in ongekondisioneerde trurat?

Andre ·

Mthembu sê hulle gaan voort om Suid Afrika op te bou…ek sien dit nerens nie.Wat ek wel sien is wettelossheid,korrupsie,diefstal,onbekwaamheid,’n gebrek aan dienste,geen integriteit en ‘n boek vol van skaamtelose vetrapping van wetsgehoorsames se regte..Ten spyte van teenstand van ‘n klein minderheid…ek veronderstel hy plaas die blankes in die groepie.Tyd sal leer.Ons sal sien.

saggiespraat ·

Daar word mos gese in die eind tye gaan alles wat reg is verkeerd wees
en alles wat verkeerd is reg is…

MakersMark ·

Daars hy nou….beesvet en bytsoda, soos spaza shop. Daar is ‘n mark voor, maar nie op Clicks rakke nie. Ek is bevrees SA het net een pad. Probleem is eeue oud, sal nooit verander nie. x<70.

Willempie ·

Absurd..as hulle Tresamme van die rakke verwyder en boikot moet hulle Unilever en al hul produktr boikot. Unilever verskaf onder meer Surf, Radox, Vaseline, Knorr, Marmite.

agnes ·

Die EFF se optrede teenoor Clicks, deur die besighede aan die brand te steek en Petrol bomme te gooi, maak dit duidelik dat die EFF as n terroriste groep optree en daarom behoord de regering dienooreenkomstig op te tree deur hulle as n terroriste groep te sertifiseer en te hanteer. Ons mense is siek en sat van die siek rassistiese opmerkings in SA deur die sogenaamde politieke partye .

Paulvj ·

Shame, om die produk te verwyder, hoe gaan die haartjies dan lyk?

Thelsa ·

Ek neem aan dat Clicks ook nou Skin Lightening Cream, Hair Relaxer, Hair Straightener en Black Like Me produkte van die rakke sal verwyder.

Persheks Adri ·

O nee hulle sal nie! Dis mos vir our people jy weet… Dubbel standaarde!

Marius ·

As daar na die advertensie gekyk word, sal daar gesien word dat daar na ‘n blanke vrou se hare as “fine and flat” verwys word. Dus ook iets negatiefs. So waarom die onsteltenis?

Snowball ·

Hulle reken seker ‘fine’ beteken ‘ok’ en as jy ‘n wilde boskasie het is ‘flat’ seker ook positief.

Anton ·

Dalk moet Clicks van hulle takke toemaak, dalk sal dit n les leer vir die arme onstoke mense.

saggiespraat ·

Die hele nag kon ek nie slaap oor die storie, kinders rape kinders, mense work koel bloeddig vermoor
maar niks word gedoen, NOU GAAN HULLE AAN OOR HARE. Die Here moet my vergewe…

Jacqueline ·

Kan iemand nie vir Malema verduidelik dat “fine and flat” nie ‘n positiewe haareienskap is nie. Die hele bohaai is dus veroorsaak omdat hy die advertensie verkeerd interpreteer het.

MJ ·

Clicks moet dan maar die winkels toe maak vir so lank as wat Malema wil hê.
Dis net swart mense wat by Clicks werk wat sonder salarisse sal sit.
Dan moet hulle maar die EFF aanvat.

Morné ·

Hier in die Kaap was die polisie vinnig om skok grenate te gebruik toe ons bymekaar gekom het weens plaasmoorde. Waar is hulle nou? julius word aangehits deur die anc. As hulle dit nie goedgekeur het nie sou hulle hom lankal stil gemaak het. Hy is vinnig om te sê “oorlog” dit is wat hulle wil hê! Nou vra ek julius, gaan jy die eeste skoot skiet? Of hits jy ander aan om jou vuil werk vir jou te doen! Jy is niks anders as n iriteerende vuvuzela nie!!

Queline ·

lekker onnosel, hulle wys hul eie foute uit oor hul kultuur en hoe hul ,hul vroue hanteer.

Mariana ·

Nou vra ek myself, met al die protes, hoeveel van die einste swart vrou gebruik juis hierdie “afstootlike” produkte. Die EFF is regtig obsessief oor wit en swart of liewer hulle leier, rassis Malema. Groot bohaai oor haarprodukte. Wel Clicks van nou af moet julle maar wit vroue gebruik vir advertensies. Die model in die advertensie het sekerlik nie nee gesê vir die geldjie wat sy betaal is en die gratis haarprodukte. Ek dog hulle is trots op hul herkoms, is hare nie deel daarvan nie. Nee hulle wil ook maar liewer nie wees wat hulle is nie. En die regering, regtig hulle kon maar net sowel Malema gelukwens met sy vandalisme en algehele chaos, of is dit juis hy wat hulle vuilwerk vir hulle doen……..vra maar net.

Kosie ·

Haal die anc en eff van die rak af dan is alles opgelos, Khumbudzo jy weet nie waarvan jy praat nie jy sit weer in n posisie waar jy nie hoort nie gaan kyk na korrupsie en los Clicks uit

RS ·

Dis alles net n rede om te plunder, te toitoi, te dros en die land onregeerbaar te maak. Almal sukkel met droee hare….swart,wit,bruin, geel groen….almal!!!!

Dries ·

Clicks se reklame bemarkings- grootkop, wat hierdie advertensie finale goedkeuring sou gee (mits hy sy werk behoorlik doen), is nie ‘n blanke persoon nie. I rest my case.

Lindi ·

Sal vinnig moet TRESemmé-produkte koop (vir die wat dit tans gebruik) Dit gaan baie vinnig van die mark onttrek word. Ek dink al die vet mense moet ook begin optogte reel. Daar is 100de produkte watse prentjies ‘n vet vrou wys en dan ‘n foto van ‘n plankdun vrou. Dis mos wat hulle se hoe jy gaan lyk as jy hulle produkte gebruik.

lollapot ·

Mens moet pynlik minderwaardig oor jou velkleur voel, om so op te tree

Genis ·

As hulle in Pretoria kom betoog, hoop ek een van die WhatsApp groepe sit dit op, ek sal graag daar wil wees… genoeg is genoeg

Genis ·

Ons was by die parlament Saterdag met move one million, toe vertel die SAPD die gehoorsames ons het n halfuur.. die klomp EFF, borsluise wat teer op die ANC, kan doen wat hulle wil? Maar wetgehoorsamagis word geintimideer?

Adeline ·

Nou wonner ek ernstig – nie-rasse en gelykheid van ras word deur sekere
regerings departemente voorgestaan maar die covid-19 geld word net tot sekere ras egte besighede toegestaan. Daar is verseker ‘n slang in die gras want daar word met ‘n gesplete tong gepraat. verseker. Ras maak saak as dit swart is – verder is daar geen bestaansreg vir blanke ras nie – wonner ernstig….

Scalla ·

Shop now at Dis-Chem Online. You re Just a Few Clicks Away.

Bernice ·

Ek is n vorige Clicks werknemer. Hul het n fout gemaak en was onsensitief maar dit gee niemand die reg om eiendom, en ander mense se lewens in gevaar testel nie! Al ooit gewonder die duisende mense wat in daai winkels werk, wat gaan van hulle word? Wie gaan hul salarisse betaal? Wie gaan die skade betaal? En dan moet nog n maatskappy verlies toon en hul produkte verwyder van die rakke? Hoeveel mense werk vir hulle? Wie gaan daai mense betaal? En al die in n ekonomie waar Suid Afrika, die hoogste werkloosheid syter het in die wereld????? Is al die is die moeite werd, oor om n vel kleur te beskerm…..teen wat? Kom ons vat kos weg van ons mense af, maak maatskaapy toe , vir wat???

My siening ·

Malema die ceo is swart en die word nou sommer aanvaar dit is wit mense. Kry eers feite maar julle neem net aan as dit rassisties is dan is dit wit. Word volwasse asb.

Antoinette ·

Mens kan Tres Summe produkte by enige supermark koop. Al hierdie vernietiging van eiendom is dus onnodig om nie van sinneloos te praat nie.
Ons moet ophou om Malema soveel dekking te gee. Dis al waarop hy floreer. As dit sy ondersteuners is wat so vandalisties optree, se dit nie veel van sy leierskap nie.

Botterblommetjie ·

mmmm… so eintlik wil hul weer hul vingers in Clicks se geldkas hê… Hulle wil hulle produkte op die rakke hê en het ‘n advertensie uitverband geruk daarvoor… mens moet mens nie blind staar aan die optrede nie, gewoonlik die agenda agter die optrede… Hierdie mense doens als met beplanning en almal reageer ondeurdenk… As die advertensie omgeruil was met kleur sou daar niks van gekom het nie… (of dalk sou daar), hulle sit en wag vir geleenthede met hul verskuilde agendas daaragter. Word wakker mense, die mense is nie dom nie, hulle werk met ‘n plan….. Hulle lei jul aandag af…

Vanessa ·

Ek is mal oor TRESemmé produkte. Los die goed op die rak en kom oor julself. REGTIG, daar is belangriker goed wat aangaan in die land as dowwe, normale, reguit en krul hare. Julle is belaglik!!!!!!!!!!!!!!

Lila ·

Jy weet neh….. As jy lank genoeg na die advertensie kyk sal jy seker die duiwel ook daar raaksien……

Sage ·

voortgesette ondermyning van die skoonheid van Afrika-vroue, asook die geweld waaraan hulle onderwerp word wanneer hulle oënskynlik nie aan sekere oppervlakkige standaarde voldoen nie,” …..nou wie se skuld is dit? Menere en dames… as u optrede dit regverdig, sal u met respek behandel word. Opgevoede mense tree eenvoudig nie op soos wat daar tans gedoen word nie. As u nie die nodige respek aan u eie nasie kan toon nie is dit hoog onwaarskynlik dat u ander kulture kan respekteer, wat tot gevolg het dat u geen respek verdien nie. U minderwaardigheidskomplekse kan slegs deur u self reggestel word. Dit is nie enige ander kulture se probleem of verantwoordelikheid nie.
U verneder u self deur u optrede. So…menere en dames.. tree asb op soos menere en dames.

Heinrich ·

Ek moet seker in ‘n baie ander werklikheid lewe as hierdie mense…

Charles ·

BHM – Black hair matters, die klein geestigheid en liggeraakheid is seker die ergste ter wereld.

Susan ·

Hahahaha! Wat sal mens die optrede en uitlatings noem van die ‘organisasie’? Malena wat sy ‘ground forces’ bedank vir hulle gedissiplineerdheid!? ‘n Petrolbom wat by een tak gegooi is, ‘n Andre een wat aan die brand gesteek is, ‘n volgende tak wat se rakke omgekeer is, en produkte beskadig is is beslis nie gedissiplineerde optrede nie, dis terrorisme! Nêrens was’n polisieman in sig nie, waarom nie, selfs die publiek het van die EFF se lafhartige optredes en dreigemente geweet, was die polisieman afgesny van enige kommunikasie, of dalk het hulle nie meer genoeg voertuie om by die misdaadtonele te kan opdaag nie? Mens kan net hande saam slaan en verstom staan óór hoe alles in hierdie land van ons agteruitgaan onder die dekmantel van ‘ongeregtigheid en rassisme’ teenoor die swartmense, intussen is die situasie andersom geregverdig??

J ·

faux – rage
(fake rage) ???? dis Helen Ystervrou Zille se woord vir wat Malema doen!

Malema soek PUBLISITEIT en die breindood media speel saam!

Malema “melk” die media deur dreigemente te maak teenoor groot ‘name’ … soos bv. Vodacom, Clicks, FW de Klerk en vele ander.

Dis tyd dat groot spelers vir Malema en sy rampokkers op hul plek sit.

Groot ‘BESIGHEID’ en privaat sekuriteitsmaatskappye sal moet instaan om wet en orde te handhaaf omdat die ANC (rampokk
er) regering misluk het.

AndrewL ·

As Tresseme se produkte verwyder moet word, wat dan van al die honderde ander produkte wat vir dieselfde doel gemaak en adverteer word. Die gekheid ken geen perke nie. Dit gaan waarskynlik nie oor die produkte nie, maar omdat dit dalk nie onder volle swart beheer is nie.

ronel ·

As ‘n mens se bek groter is oor sjampoe as oor die werklike probleme in die land, se dit nogal baie van jou karakter, so liewe Mr Malema, wat wil jy he met die media NIE aan aandag gee wat jy besig is om aan te vang nie?

Riana ·

Hheheh… Kan nogsteeds die Shampoo by PNP, Checkers, Dischem of Spar ect koop… Mnr Malema, dit is Unilever wat die Advertensie gemaak het en op Clikcs se website gesit het…… waarom betoog jy nie by hulle fabrieke nie…. o jy seker dit nie geweet nie.

Inkpot ·

Die bohaai gaan oor swartmense se hare waarmee hulle self nie tevrede is nie.
Hulle dra pruike, sit haarverlengings in en gebruik dan juis produkte om hulle hare glad en reguit te maak.
Treseme het in diè behoefte voorsien soos ook produkte wat die mark oorstroom om velle ligter te maak.
Gaan die EFF ook eis dat die modelle hulle betaling teruggee?
Clicks moet ń voorbeeld stel en skadevergoeding van die EFF eis. Hulle kom veels te maklik weg met hulle plundering.
Hulle lede daag met byle, pikke, grawe en wie weet wat nog op by proteste juis om verwoesting te saai.
Dis duidelk dat hulle juis nié vreedsame optogte beplan nie.
Dis tyd dat die polisie ń voorbeeld van hulle maak en ieder en elk van die verwoesters arresteer.
Dis nonsens dat die land oraloor so deur proteste verwoes word.

Jacobus ·

Ministeriële sanksie vir EFF. Sê eintlik alles. Welgedaan ANC.
En MRK. moet verduidelik dat almal verskillend is.

Andrew ·

Wel wie was verantewoordelik vir die opstel van daai advertensie, Unilever of Clicks. Verder soek ons die vervolging van die regulasie oortreders soos duidelik op van daai optog se fotos te sien. As ander boetes kry kan die klom verseker kry. Say smile

Elize ·

Ek dink ook die regte ding om te doen op die stadium sal dalk maar wees om tresseme se produkte van die rakke te verwyder tot hulle kan verduidelik hoekom die advertensie so lyk en verskoning gevra het. Clicks kannie alleen verantwoordelik gehou word nie. Tresseme behoort van beter te weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.