Clicks-winkel met petrolbom bestook  

Foto: Twitter

ʼn Clicks-winkel in Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga is Maandag in die vroeë oggendure met ʼn petrolbom bestook.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 01:00 plaasgevind. Van die glaspanele aan die buitekant van die winkel is beskadig.

Volgens Hlathi is geen skade aan die binnekant van die winkel aangerig nie. ʼn Saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek en niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Foto: Twitter

Intussen is daar berigte dat Clicks-winkels in onder meer Polokwane, Alberton en Queenstown ook deurgeloop het. ʼn Woordvoerder van Clicks het gesê daar sal binnekort meer inligting bekend gemaak word oor winkels wat reeds vanoggend beskadig is.

EFF-lede betoog van vroegoggend af by Clicks-winkels reg oor die land. Die kleinhandelaar het vroeër aangekondig dat sy winkels Maandag oop sal wees ondanks die EFF se dreigemente om sake by al die kleinhandelaar se takke tot stilstand te bring. Daar is intussen ook berigte dat talle Clicks-winkels wel gesluit is weens die betogings.

ʼn Herrie het vroeër op sosialemediaplatforms losgebars oor ʼn Clicks-advertensie waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se hare gebruik word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nick

Bwahahahahahaha,die is die grap van die jaar!!!!!!!

Misky

Kan ons verwag dat Malema gearresteer gaan word? Hy het openlik geweld aangeblaas en n bom is geplant en skade aangerig? Dis mos n terreur aanval

Werner

Malema het die opdrag gegee om aan te val dit is terrorisme hy moet toegesluit word

Henry

Raak maar so kwaad. Feite is feite

Kaal Keiser

…en so kos die EFF hulle eie mense se werk en inkomste.