Clicks het gesê sy winkels sal Maandag oop wees ondanks die EFF se dreigemente om sake by al die kleinhandelaar se takke tot stilstand te bring.
“Clicks verskaf ʼn broodnodige gesondheidsorgdiens aan Suid-Afrikaners en ons winkels sal nie gesluit wees nie. Gebeurlikheidsplanne is beraam om die veiligheid van klante en personeel te verseker.”
ʼn Herrie het vroeër op sosialemediaplatforms losgebars oor ʼn Clicks-advertensie waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se hare gebruik word.
Volgens Clicks het hy volle aanspreeklikheid geneem en onvoorwaardelik om verskoning gevra vir die advertensie op sy webtuiste en onmiddellik aksie geneem om aandag te gee aan alle kommer.
Die EFF is egter steeds op die oorlogspad met Julius Malema, leier van die party, wat gesê het “indien hulle oorlog soek, gee dit vir hulle”. Malema het gesê niemand mag swart mense met disrespek hanteer sonder enige gevolge nie en “as dit dood beteken, dan is dit so”. “Ons is gereed vir die hoogste opoffering ter verdediging van swart mense”.
Die EFF het intussen ʼn prokureursbrief wat deur Clicks se regsverteenwoordigers aan die party gestuur is, op Twitter gedeel.
In die brief bevestig Clicks dat hy die kwessie van die advertensie ondersoek en dat daar dissiplinêr opgetree word teen die betrokke persone.
Die EFF word versoek om alle kommunikasie op sy webtuiste en sosiale media waarin Clicks gedreig word en die party se lede aangehits word te verwyder, af te sien van sy plan om Clicks-winkels tot stilstand te bring en om nie geweld aan te hits nie.
Clicks het gesê hy sal op ʼn dringende basis die hof nader indien die EFF nie hieraan gehoor gee nie. Die party is tot Sondag 22:00 gegee om te bevestig dat hy aan die versoeke sal voldoen. Die EFF het in ʼn kort verklaring op die prokureursbrief gereageer deur te sê: “Hulle kan hel toe gaan”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
67 Kommentare
Clicks, eff soek weer geld. Niks met swart te doen nie want die rassiste wil wit wees.
Graag wil ek van Julius Malema weet wat die rede is waarom omtrent 80-90% van sy pary se vroue styl hare dra. party keur tot die hare pers/wit /pienk ens. Is hulle nie trots daarop dat hulle deur die Skepper geskape is soos wat hulle is nie?
As iemand my spot oor my grys hare lag ek maar saam, gaan beslis nie ‘n minderwaardigheidskompleks daarvan kry nie, moet ook erken hulle IS grys, so wat.
Of moet ek ook mal gaan en met die dood dreig?
Asseblief man word volwasse en respekteer jouself.
Nog steeds die Slagoffer-mentaliteit. Ek dink so ń mentaliteit het te doen met ń gebrek aan intelligensie.
Ai; dit is laat in die nag as jy wil doodmaak omdat jou hare dit glo nie maak nie. Clicks gebruik tog my hare of die gebrek daaraan vir die volgende advertensie. Belowe ek sal nie my hare uit my kop trek nie. Ernstig; die dreigement van weereens verwoesting saai en doodmaak behoort dringend aangespreek word maar hou die spasie dop; hy is nou nog nie verhoor vir aanranding en vuur van wapen in openbaar nie wat nou jare begin aanneem