Clicks-winkels oop ondanks dreigemente

(Foto: clicksgroup.co.za)

Clicks het gesê sy winkels sal Maandag oop wees ondanks die EFF se dreigemente om sake by al die kleinhandelaar se takke tot stilstand te bring.

“Clicks verskaf ʼn broodnodige gesondheidsorgdiens aan Suid-Afrikaners en ons winkels sal nie gesluit wees nie. Gebeurlikheidsplanne is beraam om die veiligheid van klante en personeel te verseker.”

ʼn Herrie het vroeër op sosialemediaplatforms losgebars oor ʼn Clicks-advertensie waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se hare gebruik word.

Volgens Clicks het hy volle aanspreeklikheid geneem en onvoorwaardelik om verskoning gevra vir die advertensie op sy webtuiste en onmiddellik aksie geneem om aandag te gee aan alle kommer.

Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

Die EFF is egter steeds op die oorlogspad met Julius Malema, leier van die party, wat gesê het “indien hulle oorlog soek, gee dit vir hulle”. Malema het gesê niemand mag swart mense met disrespek hanteer sonder enige gevolge nie en “as dit dood beteken, dan is dit so”. “Ons is gereed vir die hoogste opoffering ter verdediging van swart mense”.

Die EFF het intussen ʼn prokureursbrief wat deur Clicks se regsverteenwoordigers aan die party gestuur is, op Twitter gedeel.

In die brief bevestig Clicks dat hy die kwessie van die advertensie ondersoek en dat daar dissiplinêr opgetree word teen die betrokke persone.

Die EFF word versoek om alle kommunikasie op sy webtuiste en sosiale media waarin Clicks gedreig word en die party se lede aangehits word te verwyder, af te sien van sy plan om Clicks-winkels tot stilstand te bring en om nie geweld aan te hits nie.

Clicks het gesê hy sal op ʼn dringende basis die hof nader indien die EFF nie hieraan gehoor gee nie. Die party is tot Sondag 22:00 gegee om te bevestig dat hy aan die versoeke sal voldoen. Die EFF het in ʼn kort verklaring op die prokureursbrief gereageer deur te sê: “Hulle kan hel toe gaan”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Pieter ·

Clicks, eff soek weer geld. Niks met swart te doen nie want die rassiste wil wit wees.

Adam Adriaan ·

Graag wil ek van Julius Malema weet wat die rede is waarom omtrent 80-90% van sy pary se vroue styl hare dra. party keur tot die hare pers/wit /pienk ens. Is hulle nie trots daarop dat hulle deur die Skepper geskape is soos wat hulle is nie?

Eragrostis ·

Geldige punt. Ek dink jou stelling is van toepassing op die grootste deel van die swart bevolking.

Stefan ·

As iemand my spot oor my grys hare lag ek maar saam, gaan beslis nie ‘n minderwaardigheidskompleks daarvan kry nie, moet ook erken hulle IS grys, so wat.
Of moet ek ook mal gaan en met die dood dreig?
Asseblief man word volwasse en respekteer jouself.

Eragrostis ·

Nog steeds die Slagoffer-mentaliteit. Ek dink so ń mentaliteit het te doen met ń gebrek aan intelligensie.

Strandloper ·

Man, man hoe mooi som n intelligente persoon dit nou op!

Andre ·

Ai; dit is laat in die nag as jy wil doodmaak omdat jou hare dit glo nie maak nie. Clicks gebruik tog my hare of die gebrek daaraan vir die volgende advertensie. Belowe ek sal nie my hare uit my kop trek nie. Ernstig; die dreigement van weereens verwoesting saai en doodmaak behoort dringend aangespreek word maar hou die spasie dop; hy is nou nog nie verhoor vir aanranding en vuur van wapen in openbaar nie wat nou jare begin aanneem

Pieter ·

Ek ken wittes met vuil, slordige, onversorgde hare en swartes met puik versorgde, glansende hare. Die advertensie was kwaadwillig en stereotiperend. Die EFF se maatreëls is ondeurdag. Mense is afhanklik van Clicks apteke. Kom by EFF!

Karlahari ·

Fine en flat is dun en leweloos. Dink seblief 2x. Niks kwaadwillig nie.

Snowball ·

Die advertensie spreek bloot haarprobleme (wat ‘n werklikheid is) aan. Om droë , beskadigde of lewelose hare te hê, het niks te doen met onversorgde hare nie. Die advertensie impliseer glad nie dat swartes se hare vuil of onversorg is nie, bloot dat daar sekere produkte is wat sekere probleme kan oplos. Die dam word onder die eend uitgeruk deur politici wat relevant probeer bly.

Mieke ·

Ek hoop nie die EFF gebruik hierdie ‘minagting’ van sy voorstelle as rede om te toi-toi en vernietigende gedrag te toon nie!!

Janc ·

Ons moet nou al van beter weet….. Al is ‘n advertensie nie rassisties nie, sal hulle daai advertensie deursoek tot hulle blou is in hulle gesigte en dit rassisties maak…. Ons sal seker later in die media lees dat dit Apartheid se skuld is omdat hulle hare anders is, wie weet….. Nou moet onskuldige mense in ‘n dissiplinêr ingedruk word en moontlik hulle werk verloor oor hierdie snert? En wat as die designer van daai advertensie ‘n swart dame is? Gaan sy afgedank word, of gaan die EFF ‘n openbare verskoning na die tafel toe bring?

Andre ·

Ek kan nie verstaan nie, ek het lanklaas ‘n blanke gesien onder Clicks se personeel. Waarom sal hulle met opset hul werkers afkraak?

Chris ·

Ek kan dit nog nie in my gedagtegang/mentaliteit of bietjie logika wat ek het kleinkry nie. Wat is die mense se eintlike doel met sulke optredes. Die “poliici/anargiste” dink nie aan die man ure wat verlore gaan nie. Hulle dink nie aan die skade wat aangerig word deur verliese wat die winkels gaan lei nie. Die moontlike verlies van inkomste van die werkesrs nie. Die skade aan eiendom deur oproeriges is nie in berekening nie. Die maatskappy wat sy deure sluit of die winkels verskuif. Die belegger wat net besluit tot hier en nie verder nie. Ek weet nie hoe die mense nog vir die “politici” stem nie. Dit spreek egter boekdele van die mentaliteit van die bevolking in die land.

Andre ·

Chris; as mens mooi dink dan besef mens dat dissipline ‘n moet is vir die mensdom; ander benodig dit net meer as ander. Besef nou dat goeie diktatorskap beter is as demokrasie in Afrika maar baie baie skaars

Blikkantien ·

Wat dan van swart persone wat wittes met disrespek behandel. Moet dit ook met die dood vergeld word?

koos10 ·

Die EFF moet besluit of hulle ‘n politieke party of ‘n vakbond wil wees, die reëls verskil baie vir die twee.

Talia ·

Dis baie rasisties Mallie. Hulle sê eerder dat hulle natuurlike hare nie n negatiewe ding is nie

Talia ·

Julius moet maar sy eie lewe gaan opoffer. Kan nie glo hy wil hê sy ondersteuners moet dit doen vir n clicks advertensie nie

Wondermaarnet ·

Ek is so bly ek het iets wat hulle graag wil hê, maar nooit kan kry nie.

Danie ·

Julius Malema you and the ANC and your supporters must catch a wake-up. The people of South Africa are getting gatvol. The people of South Africa black and white are becoming united and if you and Cyril can’t see it then there’s something wrong with your eyes. Look what’s happening on the past two weekends it was good and calm organised protests but you don’t want to see when it turns ugly and if things carries on you can expect it to become ugly.

Mieke ·

I just want to kindly correct one part of your statement here: No, the people aren’t getting gatvol but THE PEOPLE ARE GATVOL!!!

Anel ·

Hy kan maar mense met die dood dreig en daarmee wegkom. Laat dit nou net andersom was, dan was ons klaar verhoor en die sleutel weggegooi. Wie dink hy is hy? Hulle hulle nie regte werk om te doen nie? Of is hulle ook deel van die lot wat op “grants” staat maak? Mense wat by Clicks werk, werk om kos op hul tafels te sit. Dalk moet eff lefe dit ook probeer. Lewer eerder ‘n opbouende bydrae tot die land as om dit die hele tyd te wil afbrand. Kim oor julle self!!! Daar is mense wat noiddaaklike medikasie by die winkels moet kry en nou word hulle gekeer. Julle is maar net moordenaars en nog baie ander dinge wat ek nie kan sê nie.

Phillip ·

Vandag gaan daar êrens iets in Pretoria gebeur… Ek het baie rooipakke waargeneem op my roete op pad werk toe.

Wondermaarnet ·

Ek sien nie die punt van die hele storie nie. As dit andersom was sou die EFF seker niks gesê of gedoen het nie.

Baardman ·

Malema en sy gespuis moet liewer hulle monde toemaak instede van Clicks se deure. By Clicks se deure kom ten minste iets goeds uit.

Marius ·

Wie is die eff dan ?? Gaan hulle vir die mense sorg as hulle nie werk het nie ? Dit maak dit net soveel duideliker oor waar die VBS geld heen is , as die eff geld het om vir die mense te sorg .

LIEZL ·

Ek is bereid om op te staan en my kroes hare vir die wêreld te wys, Ek kan dit reguit blaas, maar as die weer ‘n bietjie mistig is, dan sit dit in my hare en dit krul verwoes. Ek gebruik produkte om die krul mooier te maak. Daar is menige mense wat sukkel met droë lewelose hare, dit kom al vir jare aan. Die model het mos presies geweet hoekom sy op die advertensie is. Sy kon mos nee gesê het. En wat maak dit saak of jy bruin, swart of wit is? Liewe land, kry ‘n lewe

Kristanas ·

Ek is met jou. Ekself het erge krul en kroes hare. Uit die aard van die saak is krul hare droë hare wat baie werk en haarprodukte nodig het om mooi gesond te lyk. Droogblaas help nie veel as mens by die kus bly nie..en as daai erge krulhare eers baie grys is (soos myne) kroes dit nog erger. Clicks kan my ook enige tyd in n advertensie gebruik vir “frizzy/dull hair”
Julius is verveeld lyk dit my!

Johann ·

Gewonder waar kruip die opstoker weg? Het mos niks te se of te doen as dit nie oproep tot geweld of dreig of anargie insluit nie.

Eerlik verstaan ek nie die herrie nie? Dit was bloot ‘n feitelike weergawe van die waarheid? Maar dan is dit ook n feit en waar dat die EFFers en hulle mede moaners mos maar min tot geen sellfbeeld het nie en tog SO graag soos hulle medemens wil lyk? Shame.

Nie Verbaas ·

Malema het gesê niemand mag swart mense met disrespek hanteer sonder enige gevolge nie en “as dit dood beteken, dan is dit so”. Ek verstaan nie Malema, julle behandel julle eie mense met disrespek. Dan deel jy nog openlik doods dreigemente uit. Ek wonder wie dink die EFF is hulle eintlik. Geen wonder niemand neem hulle ernstig op nie.

gatgogga ·

Ongelukkig neem miljoene hulle ernstig op. Hulle sal heelwaarskynlik ons volgende regering wees.

Alet ·

Malema moet eerste n eier lê….maar hy besef nie dis n leë dop nie. Hy dink hy is eerste om aandag te trek met n Tresemé advertensie, maar duidelik sit hy die pot mis. (Of is dit nou die nes )

Persheks Adri ·

Julle het dan GEEN respek vir ons nie! Jy dreig ons ek hoop jy besef dit.

#Tsek EFF!

Anoniem ·

Hy kort ‘n skoon doek, want die vuile pla hom so ‘n bietjie.

Blits ·

Dis aaklig om heeltyd te moet dink wie jy gaan affronteer deur enige iets te se of doen. Mense wat ‘n rede soek om geaffronteerd te wees is ook verkeerd!

Jessey ·

Sal dit nou nie ironies wees as dit ‘n EFF lid is wat die advertensie ontwerp het.

Inkpot ·

Die vraag is, wie gebruik die haarprodukte in die advertensie?
Aangesien die EFF nou so kabaal opskop, moet hulle ook eis dat die modelle hulle betaling moet teruggee.
Dis regtig tyd dat die EFF vasgevat moet word oor hulle dekonstruktiewe gedrag, hulle tyd beter spandeer deur dalk ń positiewe bydrae te lewer. Eers dán sal hulle dalk ernstiger opgeneem word.
Tans is meeste van hulle net ń spul leegleêrs wat sit en wag om amok te maak.

Inkpot ·

Die vraag is, wie gebruik die haarprodukte in die advertensie?
Aangesien die EFF nou so kabaal opskop, moet hulle ook eis dat die modelle hulle betaling moet teruggee.
Dis regtig tyd dat die EFF vasgevat moet word oor hulle dekonstruktiewe gedrag, hulle tyd beter spandeer deur dalk ń positiewe bydrae te lewer. Eers dán sal hulle dalk ernstiger opgeneem word.
Tans is meeste van hulle net ń spul leegleêrs wat sit en wag om amok te maak.

Jakes ·

Malema dink dat hy almal kan dreig met geweld. Peuters kan beter redeneer as hy.

Andrew ·

Wie was betrokke by die advertensie veltog. Wat as minstens 50% van produksie tot die goedkeuring span swart is ?? Met al die bee wette gaan die eff nou die helfte van hul eie mense doodmaak in sy oorlog?? Dis amper so erg om by McDonalds te gaan betoog en breek omdat dit n westerse winkels is, tenspyte van die feit wit mense kan nie n franchise besit nie. So gepraat van systemic racism.

Scalla ·

Besef die eff nie dat mense geskape is met verskillenhe hare nie!

Snowball ·

Clicks moet maar ophou haarprodukte verkoop vir mense met baie krullerige hare, dan kan daar nooit weer disrespekvol verwys word na swart hare nie. Los dit vir die spaza shop se wetenskaplikes om daai mark te bedien. Beesvet en vaseline werk glo goed vir droë hare.

Scalla ·

Ek het n oplossing vir die eff probleem, Clicks moet van vandag af spesialiseer in die verkope van verskillende grote en kleur KOPDOEKE.

Misky ·

Ek nou net gehoor Clicks in Witbank is met n petrolbom beskadig….. Hoop hulle dagvaar EFF vir die skade en hulle is direk aanspreeklik met hul “opdragte” aan hulle kaders….. Kan net brand en afbreek

nicolaas ·

Sal sê ongeveer 90% van Clicks se personeel is swart, weet die van sy mentaliteit nie?

Mariana ·

Wanneer gaan Julius en sy makkers ‘n slag goed vasgevat word. Hy is altyd besig om haat en rassisme te skree, maar hy is die een wat geweld aanpor. Hy is onaatasbaar en ek verstaan nie hoekom hy nie al in die tronk is nie, is dit juis omdat hy swart is, want sou hy wit wees was hy lankal aangekla en toegesluit. Julius is een van SA se grootste probleme, hy is ‘n rassis en opstoker, maar die dag as witmense begin opstaan vir hulself sal hy die vinnigste pad vat.

Emmerentia ·

So Mnr Ramaphosa, nadat Witbank se Clicks met petrolbomme vroeg vanoggend bestook is, gaan jy dit ook maar oorsien. Kan mense nie vir hulself dink nie!! Ongeag die kleur van die vel, dit gaan neerkom op werkloosheid. Magtig man het die ANC nie genoeg skade veroorsaak nie? Wanneer gaan die partye hul volgelinge begin opvoed?!

Jacobus ·

Gevaarlikke ding dié. Kinder bliksoldate met gevaarlikke wapens. Juliaasie oppas vir karma..

Elmarie ·

As die hare dan nou NIE so is, hoekom moet hul spesiale haarprodukte gebruik juis vir daaedie probleem? Hoekom dra so baie vals haar stukke en/of pruike omdat dit makliker is as om eie hare te probeer lank laat groei. Storm in teekoppie oor absoluut niks. En dan my vraag soos altyd:watter TASBARE positiewe bydrae het EFF sover tot SA gebring? Maar breek, brand skree en opstook ja die kan hul!

HerculesJvV ·

Die EFF en Julius homself is besig om die onderskeie Clicks apteke in Polokwane te sluit met hul eie slotte en kettings.

Wonder net ·

Maar dan kan blankes wat nie “straight, smooth en sleek”hair het nie, ook mos nou kapsie maak teen die advertensie. Ek is een van daai wat gebless is met “natural frizz” hair. Embrace it. Hoekom kan daar dan ook nie kapsie gemaak word teen blonde pruike wat op swart winkel poppe gehang word nie, en die pruike wat hulle dra nie? Dit is regtig nie die ware issue nie, dit is maar net nog ‘n rede vir beide kante om klippe te gooi en dit onder die dekmantel van die Clicks skandaal te doen.

Stephanie ·

Clicks, julle hantering vd saak is papbroekig. Ek gaan nou my Clickskaart OOK stukkendknip en verwag n kruipende, voetlekkende apologie van julle. SIES! Kry RUGGRAAT!!!!!!!

Karlahari ·

Kan iemand asseblief die palooka en die CEO van Clicks reghelp?
Fine and Flat hare vir blankes beteken dun en leweloos. Wat nie n kompliment is nie.
Skoenmaker hou jou by jou lees. Of in die geval jou houtwerk want van hare weet hy duidelik niks nie.
Hy wil nou asprisse misverstand gebruik om BLF te bevorder.

Stof ·

Met bles en blink iewers im die toekoms onderneem ek om nie aanstoot te gee as iemand dit so beskryf nie. Sal nog die kolletjie blibker polleer ook as die kans hom voordoen.

DieKriek ·

Clicks, Kolonnade is TOE! Hoe moet ek nou my medisyne kry, waarvan hulle die voorskrif het?

Althes ·

Die EFF kan niks positief bydra tot die ekonomie of versoening nie.
Hul is soos kleuters wat hul speelgoed uit kot gooi

Elize ·

Sover ek weet is dit nie net n sekere kultuurgroep wat frizzy hare het nie, ek weet van heelwat ander wat ook het. Alles so onnodig.

Morné ·

Gee vir juluis van daai haar produk……sien hy het dit nodig!!

J ·

Malema soek PUBLISITEIT en die breindood media speel saam!
Malema “melk” die media deur dreigemente te maak teenoor groot ‘name’ … soos bv. Vodacom, Clicks, FW de Klerk en vele ander.
Dis tyd dat groot spelers vir Malema en sy rampokkers op hul plek sit.
Groot ‘BESIGHEID’ en privaat sekuriteitsmaatskappye sal moet instaan om wet en orde te handhaaf omdat die ANC (rampokker) regering misluk het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.