Clicks-winkels sal Woensdag gesluit wees

(Foto: clicksgroup.co.za)

Die Clicks-winkelgroep het gesê alle winkels sal Donderdag weer oop wees ná die Johannesburgse hooggeregshof ʼn interdik toegestaan het om die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) te verhoed om personeel en klante te intimideer of te dreig en geweld aan te hits.

“Die maatskappy het die besluit geneem om alle winkels Woensdag (9 September) gesluit te hou om direk met personeellede landswyd in gesprek te tree en berading en ondersteuning te verskaf. Clicks word ondersteun deur die ICAS-werknemersgesondheid-en-welstandsprogram.”

Die winkelgroep het in ʼn verklaring gesê hy het geen ander keuse gehad om die hof te nader nie, omdat die beskerming van personeel en klante die grootste prioriteit geniet. “Die sluiting beteken dat Clicks nie medikasie aan klante sal kan verskaf nie, en dat oplaaipunte vir medikasie vir staatsamptenare ook tydelik nie beskikbaar sal wees nie.”

Die groep het gesê hy besef die beduidende impak wat dit op sy mense en klante sal hê en hy doen alles in sy vermoë om hulle veiligheid en welstand te verseker.

“Die omvang van die koste van die vandalisme en plundering by talle winkels word nog bepaal. Geen besluit is nog hieroor geneem nie.”

Clicks bevestig dat hy Maandag ʼn brief van die Menseregtekommissie ontvang het en is besig om op die brief te reageer en sal met die kommissie in gesprek tree.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vroeër gesê hy neem met kommer kennis van die Clicks-advertensie en het op sy eie inisiatief ʼn ondersoek van stapel gestuur. Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK, het gesê die kommissie het ook skriftelik ʼn vergadering met Clicks versoek sodat die winkelgroep die inhoud van die advertensie kan verduidelik. “Die kommissie neem kennis van ʼn verskoning van Clicks se groepshoof, Vikesh Ramsunder, waarin hy die maatskappy se teleurstelling uitspreek oor die advertensie en om verskoning vra vir enigiemand wat daardeur gekwes is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Alet ·

Daai vrou ïs nou formeel aangekla deur die EFF…Wat my de josie in maak is dat tot vandag nog nie enige klagtes ( behalwe die van Afriforum ) teen Malema ingedien is vir die AFVURING van n geweer in die publiek nie.

Christina ·

Lafaards, wag tot sy weg is, kyk hoe het die man gespander toe sy vuurwapen op hom rig. En Eff verklaar dat hulle optogte vreedsaam was, insypelaars was vir vandalisme verandwoordelik. Maar hulle maak ‘n saak, waarom, is mos nie een van hulle wat die ou dame gestamp het nie.

Steve ·

Die advertensie word direk ondersoek? Wat geen skade veroorsaak nie? Maar geen sprake dat die EFF kriminele gearresteer gaan word nie?
Terwyl die advertensie niemand uitwys nie aangesien n pruik geen waardigheid kan hê nie.

Martie Smartie ·

Die narre vd MERK hardloop hulle beentjies af om Clicks pakslae te gee oor ‘n advertensie waaroor almal oorreageer. Kyk bietjie hoeveel van DSTv se advertensies is totaal swart, moet witmense nie ook klagtes le daaroor nie? Maar die intimidasie en saakbeskadiging vd EFF word onder die mat gevee. Belaglike land hierdie

Alet ·

Ek sê weer…ek boikot ALLE besighede wat nie blankes in hulle advertensies gebruik nie.

Pieter ·

Veminder net alle werkers by Clikcs se volgende verhoging om verliese op te maak en blameer Covid, maklik. Ignoreer die tandlose mrk wat alweer net sekere groepe ondersteun. Ek hoor geen geluid van mrk oor die 10jarige seuntjie, Nehemiah Arries, wat gister a.g.v. bendegeweld dood is nie, wonder hoekom nie?

Sobymykoolkop ·

Ongelukkig gaan ek en jy instaan en betaal vir clicks se skade en verlies, ń rand hier en ń rand daar.

Andre ·

Mense die wat nog nie weet nie die MRK is een van die grootste grappe wat die land nog opgelewer het.Hulle is gou om hulle skok uit te speek oor die Clicks debakel en gaan sommer vanself oor om ondersoek van stapel te stuur.Maar ‘n paar weke terug moes die blankes aanhou en anhou vra dat dieselfde MRK sal optree teen die haatspraak teen boere.Toe was daar geen geesdrif of belangstelling om iets te doen nie.Blykbaar nie hulle probleem nie.Dus vir die rekord die MRK stel net belang in insidente wat volgens hulle rassisties teenoor swart mense is.Enige ander insident maak nie saak nie en is nie belangrik genoeg om op te reageer nie.

J ·

Die SA Menseregte Kommissie behoort aangekla te word by die Internasionale Menseregte Kommissie vir medepligtigheid aan menseregte vergrype!!!

Okmardom ·

En Donderdag en Vrydag. Sal Saterdag weer oop wees. Jools sê so!

katerinadiekat ·

Wat is volgende? Advertensiemaatskappye moet nou maar van nou af so maak: Alle advertensies wat swartmense wys, moet net die positiefste, mees ophemelende taal gebruik. Advertensies vir enigiets negatiefs, moet net blankes wys. Dan is die hipersensitiewes tevrede, en blankes sal dit soos water van n eend se rug laat val. As mens nie n minderwaardigheidskompleks van epiese proporsies het nie, steur mens mensself nie aan belaglike snert nie.

Genis ·

Dis vir my onstellend dat mense vir Clicks baklei, wat vir die EFF knie buig nes die Krieker en Rugby spelers vir BLF.. Ek dink as jy vir EFF buig, Spur ons julle ook.. Wel ek gaan beslis… Hulle is in elkgeval so swart bemagtig dis net nie waar nie…

Keelvol ·

Hoe gou neem die MRK met “kommer” kennis van n simpel advertensie, maar haatsprake deur eff en blf word met geen “kommer” kennis geneem nie.

Kokerboom ·

Net die volgende waarnemings:
1) Dis ‘n absolute skande dat regering toelaat dat die klomp EFF booswigte die reeds geknakte ekonomie (verder )ontwrig
2. Ons het GEEN meer vertroue in Staat en SAPS en sy onbevoegde bestuur om inwoners en besigheidseienaars se veiligheid te versker. SAPS het geweet van beoogde EFF optrede en NIKS gedoen!!!
3. Met bogenoemde partye se skokkende afwesigheid van besliste optrede toon hul duidelik waar hul simpatie lê en kondoneer hul sulke rassistiese boewery.
4. Clicks se onnadenkende optrede in plasing van advertensie wetend die oorsensitiwiteit in land het hul die lewens van baie werkers en siek mense in gevaar gestel
5. Sentrumbestuur se onvermoeë om hul huurders behoorlik te beskerm
6. Vertrou aanspreeklikheid vir skades sal vasgepen word!!!

Andre ·

En het die MRK ook vir die eff geskryf, of is hulle our people onskuldig?

Alex ·

Dankie EFF. Alweer winkels toe en mense sonder werk. Ek kan sien hoekom julle ekonomies vry is. Julle glo nie aan vooruitgang en ander mense nie. Weereens as julle betoog, het julle nie werk om heen te gaan nie en dan doen julle die tiepe goed. Rassiste is net die wat julle gemaak het en julle is nie. Nie eers die parlement stop julle as julle sassusties raak in due parlement nie…

J ·

Hierdie chaos en anargie was die laaste strooi wat die droom van die ‘reenboognasie’ finaal vernietig het.

Die ANC (rampokker) regime is nou die ‘vyand’ van die burgers. Ongeag daarvan of hulle die EFF anargie instigeer en of hulle bloot onbevoeg is om wet en orde te handhaaf.

VEG of VLUG!

Werner ·

Dischem en Ander pharmacetise winkels Baie beter jy word in jou eie taal gehelp en het meer gemoedrus met klante basis malema Maak straat en verkeerslig bedelaars Hy skenk geboorte aan werkloosheid

ans ·

Ongelukkig is dit in my dorp anders, ons het 3 apteke, maar Clicks apteek het die behulpsaamste en vriendelikste personeel, wit en bruin! Ek koop een maal per maand my chroniese medikasie en so
dan en wan iets anders, so dit is nie eens dat hulle my goed ken nie, maar die bruin aptekertjie ken my naam en as sy my medikasie sien, onthou sy dadelik wat vir my werk en wat nie. MediRite se personeel
groet jou skaars en dit voel asof jy hulle pla en hulle jou ‘n vreeslike guns doen! En dan is dit blankes wat jou so behandel.

Adriaan ·

Hierdie is net AFLEIDING om aandag van KORRUPSIE te verskuif. Ek hoop regtig die korrupsie sake teen staat amptenare word steeds ondersoek en bloodgestel laat geregtigheid geskied. Dis as SA nog die woord ken

J ·

Soos in Amerika, is die wetsgehoorsame burgers nou verplig om SELF hulle besighede, huise en plase te beskerm.

Groot besigheid en PRIVAAT SEKURITEIT sal die land moet beskerm teen wettelose anargiste.

‘When the looting starts is when the shooting will start!’ … was Donald Trump se woorde in reaksie op die onluste.

Antoinette ·

My persoonlike opinie is dat die insluiting van net een belangrike woordjie die hele herrie sou vermy het. dis daardie belangrike woordjie “if”.
If you have dry and brittle hair etc.
If you have fine ( probably thin) flat hair (normal moes eerder uitgelaat geword het) etc.
Die kommentaar van een dame wat ek gisteraand onder andere gedurende die nuus opgetel het se so baie: daarbuite word kinders ontvoer, verkrag en vermoor, en hulle baklei oor hare. Sela.

Kerneels ·

Persoonlik dink ek die EFF se optrede teen Clicks is deur die ANC en EFF georkestreer om die aandag af te lei van verskeie optogte wat landswyd die afgelope naweek gehou is teen plaasmoorde. Die koerante is vol van Clicks/ EFF. Weining is gepubliseer oor die optogte.

Maritha ·

Ek is ń haarkapster en daar is verskillende haar “probleem gevalle” Droog, olierig, te plat en fyn. Nou wil mens iets adverteer vir elke tipe hare. Agv die belaglike reels MOET daar ń swart dame ook in die prentjie wees, want as daar slegs wit modelle gebruik word, is dit ook nie reg nie. Sou dit dalk beter gewees het om di swart dame se gesig by fyn en plat haar beskrywing te plaas. Wat stupid Malema nie verstaan nie, is dat plat en fyn hare vir ons wit mense ook ń probleem is. Ons wil graag volume he en dikker hare. Wie is nou eintlik banadeel? Honderde swart werknemers moet nou daardie rakke weer regpak en hulle is nou te bang om werk toe te gaan. Ek gaan net eenvoudig na ń ander winkel toe en koop wat ek wil. Hulle dink ook net so ver as wat hul neuse lank is

Christina ·

Hulle weet nie wat beteken fine nie, dink dit staan vir dis reg.

Louis ·

Aag shame en nou buig clicks die knie voor die rassistiese eff.

Mariana ·

MRK = Hulle beskerm net die swartes in die land en dit is al hoekom hulle daar is. Nog nooit het hulle wittes se regte beskerm nie. Selfs haatspraak deur einste Malema is uitgemaak as niks. Kommissie op kommissie in hierdie land en als vir die wat menseregte die ergste skaad. Wie beskerm die kinders se regte wat gedood word deur dwaalkoeëls van bendes, wie beskerm die regte van boere wat gedood word deur moordenaars, wie geskerm die regte van vroue en kinders wat daagliks verkrag word, kinders wat mishandel word……..en so kan ons maar opnoem……….nie die mrk nie. Maar advertensie oor haarproduk waar swart vrou die model is……vir dit staan hulle kiertsregop. Maak mos geen sin……siek.

4ntj13 ·

Dis eerder vir my kommerwekkend dat die media nie oorloop daarvan dat in terme van hare, “dull” niks meer negatief gelaai is as “fine” of “flat” nie, byvoorbeeld. Deel van die problerm is die afwesigheid van ander landstale in advertensies. Mense se algemene kennis moet dus nou in Engels al op so ʼn lae vlak verbeter word! Ons narratiewe gaan ons ondergang wees, en tensy ons dit orals (lees = doel van media) verbeter, staar ons net nog ʼn Babel in die gesig, dié keer met geen plek om heen te vlug nie. Ek begin kyk na Patagonië en Antarktika vir die toekoms!

Antoinette ·

Nou ja ek gebruik tresemme haar sjampoe en nou kry ek nerens nie. Nie eers Dischem het op hul rakkke gister gehad nie

Ilze ·

As blanke het ek ook droe kroeserige hare. Ek moet duur produkte gebruik om dit glad te kry. Baie jammer vir die vrou wat die EFF nou wil aankla omdat sy haar wapen op hulle gerig het. Ek hoop sy gee hulle hel.

LiveAndLetLive ·

Dit is soos laerskool kinders, die EFF moet asb groot word.
Ek neem aan pruike gaan ook nie meer degra word nie – all natural van nou af dan?

Mariaan ·

Hoe belaglik! Nou verloor besighede geld…more tjank hul weer as daar nie verhogings is nie
..wat n swak volk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.