Clifton-herrie in parlement bespreek

Betogers op ʼn strand by Clifton in Kaapstad waar hulle ʼn skaap geslag het as deel van ʼn betoging teen rassisme. Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Die voorval in Desember waar strandgangers glo van Clifton se Vierde Strand in Kaapstad verjaag is, gaan Maandag in die parlement bespreek word.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor omgewingsake sal die voorval onder die loep neem.

Verteenwoordigers van verskeie belanghebbende instellings soos die departement van omgewingsake, die Stad Kaapstad, die private veiligheidsmaatskappy Professional Protection Alternatives (PPA) en die polisie is genooi om voorleggings tydens die sitting te maak.

Philemon Mapulane, voorsitter van die komitee, het kort na die voorval die gebeure veroordeel en die versekering gegee dat ʼn vergadering sal plaasvind met al die belanghebbendes om vas te stel wat tot die voorval gelei het.

Die ANC in die Wes-Kaap het vroeër gesê hy gaan die openbare beskermer vra om die voorval te ondersoek.

Die strandgangers, onder wie die ANC se provinsiale sekretaris, Faiz Jacobs, en sy familie, is na bewering deur die private veiligheidsmaatskappy PPA aangesê om die strand te ontruim nadat lede van die firma ʼn aandklokreël vir 20:00 ingestel het.

Die kwessie het tot ʼn rasseherrie in die Kaap aanleiding gegee. Die burgemeester, Dan Plato van die DA, het ontken die voorval het iets met ras te doen en het die ANC daarvan beskuldig dat hulle goedkoop politieke punte probeer aanteken.

In sy brief aan die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, vra Jacobs sy moet vasstel of PPA met die toestemming van die Stad Kaapstad of sekere raadslede opgetree het, onder andere JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, of belastingbetalers vir hul dienste betaal, of PPA geldelik tot die DA bydra en of PPA ʼn geregistreerde veiligheidsmaatskappy is.

Die stadsraad ontken dat hy enigsins by die voorval betrokke was en beskuldig PPA daarvan dat hy sy mandaat te ver gevoer het deur die strand te sluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dries du Toit ·

Daar was nog hoop vir ons om Kaap toe te trek om van al die misdaad weg te kom maar daar begin die gemors in die Kaap ook

Karolis ·

Dit moet om hemelsnaam net nie ‘n swart skaap wees nie.

Swartwolf ·

Clifton staan nou meer bekend as “Schaapkraal”……..

Ander Koos ·

Eers baie praatjies, klomp geld mors met OB en MRK ondersoeke en dan nog ‘n wet maak wat “our people” teen minderhede beskerm

jaco ·

VERWYDER die sekuriteitsmaatskappy en sit groot borde by die ingange op wat lui dat toegang na 8 in die aand op eie risiko is. Dis een week se werk dan is hierdie probleem finaal opgelos.

Ouer broer ·

“Our people” se gep¡ssery oor alles em n rasseherrie oor alles maak, is regtig walglik. Was Fais Jacobs en sy gesin regtig daar? Of wil hy nou met shine vang?

Lance ·

Ek kan dit nie bekostig om vakansie te gaan hou op clifton nie maar het wel ń paar skape te koop en met elke lion kry jy ń boksie lion vuurhoutjies gratis.

PJC ·

Duidelik het hierdie klomp niks anders om hulle besig te hou nie. Ek wonder of hulle dalk aanstoot sal neem as ń klompie wittes ń swart skapie gaan slag op die strand.

Johanna Botha ·

Slag n skaap in die parlement …want SA is n slagting !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.