Clifton-herrie ‘niks met ras te doen’

Verteenwoordigers van verskeie belanghebbende instellings tydens die sitting. Foto: ANA

Die private veiligheidsmaatskappy Professional Protection Alternatives (PPA) het ontken dat hy strandgangers in Desember van Clifton se Vierde Strand in Kaapstad verwyder het.

Chris Diedericks, direkteur van PPA, het tydens die parlementêre portefeuljekomitee oor omgewingsake se sitting oor die aangeleentheid gesê veiligheidswagte van PPA het op 23 Desember slegs strandgangers ingelig dat dit nie veilig is om op die strand te wees ná donker nie aangesien daar die vorige paar dae voorvalle van geweld was.

“PPA se optrede was nie onwettig of neerhalend teenoor enige politieke affiliasie of rassegroep nie. Eintlik moet hulle toegejuig word omdat hulle uit hul pad gaan om burgers te help,” het Diedericks gesê.

“Daar is op die betrokke dag ʼn groot aantal mense van alle rasse op die strand deur PPA genader. Dit sou nie logies wees om te beweer dat dit ʼn rassekwessie is nie.”

Diedericks het telkemale gesê die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Stad Kaapstad se metropolisie en wetstoepassingsagentskappe het PPA versoek om met polisiëringspligte te help.

“Ons wil graag beklemtoon hoe ongelukkig dit is dat hierdie voorval in ʼn groot politieke situasie ontaard het weens ʼn waninterpretasie van die gebeure. Ons werk nie vir ʼn spesifieke politieke party nie. Ons werk vir die mense van Suid-Afrika en lewer ʼn diens om te dien en te beskerm. Dit is verder jammer dat wetstoepassingsagentskappe nie na vore wil tree en hul optrede wil erken in terme van die versoek aan PPA vir bystand nie.”

Betogers op ʼn strand by Clifton in Kaapstad waar hulle ʼn skaap geslag het as deel van ʼn betoging teen beweerde rassisme. Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Shehaam Samaai, ʼn prokureur wat die dag op die strand was, het aan LP’s gesê ʼn PPA-veiligheidswag het aan hulle gesê hy help wetstoepassingsagentskappe om hul pligte uit te voer.

“Hy het aan ons gesê die strand is gesluit. Die gesprek was beskaafd terwyl die groep hom uitgevra het oor die wet. Hy het gesê hy is nie deel van die metropolisie nie, maar dat hy hulle bystaan om mense te vra om die strand te verlaat. Daar was nie metropolisie toe ons daar weg is nie. Ek het vir hom gesê wat hy doen, is onwettig en hom beskaafd gevra om ons nie weer te pla nie.”

Die SAPD en die Stad Kaapstad het egter ontken dat daar ʼn formele ooreenkoms tussen hulle en PPA is en het gesê PPA het geen regsmag om die wet toe te pas nie.

Zahid Badroodien, die stad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het gesê die stad beskou die nadraai van die voorval as politieke opportunisme. “Wat op 23 Desember gebeur het, was nie ʼn rassekwessie nie. Daar was geen aggressie nie en geen rasgroep is uitgesonder nie.”

Die polisie het ontken dat daar voorvalle van geweld die voorafgaande dae was. “Ons het geen negatiewe voorvalle wat ʼn bedreiging vir strandgangers se veiligheid sou inhou in die Clifton-gebied gehad nie,” het genl.maj. Hendrick Burger, adjunk- provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) het intussen gesê sy ondersoek na die voorval gaan voort en twee van PPA se veiligheidswagte is geskors. Manabela Chauke, uitvoerende hoof van Psira, het gesê daar is vier klagte ontvang rakende bewerings van aanranding, ongemagtigde beperking en die gebruik van beledigende taal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

Dalk was die klaers die oorsaak van die voorvalle van geweld die vorige paar dae, dis hoekom hulle ervaar het daar word teen hulle gediskrimineer, en toe maak hulle dit ‘n raskwessie en van daar die betogings.

Meerkat ·

Die populiste sal altyd die skoen aantrek en almal wil laat glo dat hulle die verontregtes is, en in SA glo hulle as hulle dit aan rassisme ophang word daar na hulle geluister.

Dawie ·

Ek se weer almal het regte (om op die strand te wees) maar niemand wil verantwoordelikhede nie ( om te verstaan om na 8 nie meer op die strand te wees waar mense beroof word nie).

Optimus Prime ·

N insident wat uit verband geruk word weens politieke mag en eie gewin

Lanie ·

Diskriminasie en rassisme is darem nou regtig n holruggeryde storie. Hou nou op en gun elkeen die son oor ons almal. Die liewe Heer het ons almal gemaak.

JohanL ·

Kom ons kyk net bietjie na die ander kwessie wat almal skynbaar om politieke redes nie aanspreek nie – mag die skaap op die strand geslag gewees het? Volgens my gebrekkige kennis van omtrent enige munisipale area in die land se regulasies is dit onwettig.

Die slagters van die skaap het hulle kultuur misbruik om die allewige kwessie van rassisme “aan te spreek”. Nou is almal bang omdat “hul kultuur” mos aangeval gaan word. Daar was geen maar geen rede om daai skaap op die strand te slag nie – punt, “finish en klaar”. Munisipale regulasies is oortree.

Ek aanvaar wie ook al die strandgangers versoek het om die strand te verlaat, het juis om “te probeer om moeilikheid te voorkom”, die sogenaamde “geweld na daglig” en “vorige voorvalle” gebruik om hopelik die hele situasie vreedsaam en sonder insident te ontlont. Hoekom? Want hulle het geweet as hulle die mense gaan aanvat oor die skaap slag storie, gaan daar ‘n insident wees. Nou is daar in elk geval een. Politieke opportunisme deur mense wat dit wou gehad het.

wilma ·

Ja, en sou daar dalk insidente plaasgevind het, moes die sekuriteitspersoneel seker net die situasie “gemonitor” het! Dan was daar seker weer klagtes as hulle nie sou ingryp nie. Daar word gesê ‘n mens is nooit te oud om te leer nie, maar sekere dinge kan ek net nie verstaan nie.

Michael ·

Ai die anc is so ras behep en minderwaardig geen wonder die land is in so n gemors nie

Manie ·

Dalk ras behep omdat hulle beseg hulle regering is by verre nie op standaard nie. Dis n manier om aandag van hulle tekortkominge af te trek maar het die teenoorgestelde uitwerking. Le juis klem op hulle tekortkominge. Dalk sal hulle dit eendag besef

Hanna Hoekom ·

Die raskaart: die laaste kaart wat sekere mense speel sou daar geen ander kaarte (logiese redenasies) meer oor wees nie. Gaaaap!

Afrikaner ·

As die voortrekkers en die plaaslike bewoners in die Kaap gebly het, en die res daar bo, sou daar nou nie hierdie probleme gewees het nie.

Sarel ·

Die Clifton-herrie het als met ras te doen, die ras van die opstokers en populiste.

Skroef ·

Geen sekuriteitsfirma sal n strand gratis gaan patrolleer net vir die bevrediging om sekere bevolkinhsgroepe weg te jaag nie. Wanneer gaan die wolfskreeery gestop word?

Soekies ·

Nou watter tipe vervolging was daar tot nou toe oor die byna versuiping en wrede slag van n skaap op Clifton, ten aanskouing van vakansiegangers? Of het ek iets gemis?

Engelsman ·

Ek eet vleis maar om dit te kyk op die strand is die selfde om te sit en kyk hoe een van die groep seer kry of beroof word voor jou oe. Ek sou dit nie kon doen nie, maak nie saak wat se kleur jy is.

aj ·

Gaan die ANC leier (Jacobz?) en sy party betaal vir die nagevolge van sy publisiteitsfoefie?

Prosedeer hom totdat hy niks oorhet nie!

Hoop die ANC dank hom af vir sy skandelike opportunisme!

jaco ·

Wat soek jacobs, wat ‘n Kleurling is, dan nog in die ANC? Is hy dan blind vir hoe die ANC-regering teen sy eie mede-kleurlinge diskrimineer? Regstellende aksie en BEE tref hulle en Indiërs ook negatief. Dis nie net wit mense wat daaronder ly nie. Ek het genoeg bewyse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.