Clifton-mesaanval: Oorledene was UK-student

Clifton Foto: wallpaperweb.org

Die jong man wat Saterdagaand op Clifton se Derde Strand vermoor is, was ʼn eerstejaarstudent aan die Universiteit Kaapstad (UK).

Volgens Elijah Moholola, woordvoerder van die universiteit, was vier studente op die strand toe hulle aangeval is.

Lt. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 21:30 plaasgevind. Twee jong mans is tydens die voorval met ʼn mes gesteek. Cebo Mbatha het op die toneel aan sy beserings beswyk terwyl die ander man vir mediese behandeling in ʼn hospitaal opgeneem is.

Mbatha, van KwaZulu-Natal, was ʼn eerstejaarstudent in geesteswetenskappe aan die UK. Hy het in Rondebosch gewoon. “Hoewel die ander twee studente nie fisiek seergekry het nie, is hulle en die student wat gewond is erg getraumatiseer en ly aan skok.”

Volgens Moholola is die universiteit in verbinding met Mbatha en die ander studente se families. “Die studente wat die aanval oorleef het, ontvang traumaberading, asook die studente wat goeie vriende met Mbatha was.”

Die universiteit het gesê hy is baie ontsteld dat sy studente, en burgers in die algemeen, steeds deur geweldsmisdaad geraak word. Dit is steeds ʼn plaag wat uit die samelewing verwyder moet word.

“Die universiteit sal voortgaan om met die betrokke provinsiale en nasionale owerhede te skakel in die stryd teen geweldsmisdaad. Ons moet ons openbare ruimtes herwin as veilige plekke waar ons studente en alle Suid-Afrikaners hul daaglikse aktiwiteite kan beoefen en vrylik kan beweeg sonder om aan geweldsmisdaad blootgestel te word.”

Die UK is onlangs geruk deur die grumoord op Uyinene Mrwetyana (19). Die eerstejaarstudent het op 24 Augustus vermis geraak. Dit het toe aan die lig gekom sy is verkrag en met ʼn skaal doodgeslaan in die Clareinch-poskantoor, waarna haar liggaam in Lingelethu-Wes gestort is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jaco ·

Gaan daar nou weer ‘n skaap op daardie strand geoffer word?

Philip ·

Nee wat ons is nie meer veilig hier nie. Onskuldige mense word net aangeval en vermoor. Dit is so siek dat die jongman dood gesteek is en nogal op openbare plek. Simpatie met vriende en familie.

Michael P ·

Dit is so tragies dat ons jong mense nie eers n aantjie op n stand kan
deur bring nie Nou hoe gaan die land se toerisme nie daar onder ly nie Ek ken daardie strand dit trek baie buitelanders hulle gaan ver weg bly want geen toeris kan nou veilig voel in hierdie land nie dit is bale SAD. Ons kyk na die December vakansie hoe dit die Weskaap geraak het.

marous ·

Hoe skep jy orde terwyl die land totaal besoedel is met korrupte leiers op alle vlakke van die samelewing ?

Lolla ·

Kan nie verstaan hoekom moet die Universiteit altyd terugvoer gee nie. Moet my maatskapy terugvoer gee as ek vermoor word ? Dit was na ure en niks met die UK te doen nie.

Wonder net ·

Waarom ‘n groter ophef maak as dit ‘n student is?
Dit wat gebeur het is tragies of dit nou op Clifton strand of Kaapse vlakte of Soweto is maak nie saak nie. Feit is ‘n lewe is niks werd in misdadegers se oë nie.
Die voorval het nie op universiteitsgronde gebeur nie.

Walther PPK ·

En as die moordenaar gevang word, word hy beskerm deur die regstelsel! Dra maar jou wapen saam om jou eie lewe te red , maar wees gewaarsku, dieselfde regstelsel gaan jou dan aankla vir moord!

Poppie ·

Sommige kommentaar rerig nie nodig. “Sosiale media” op sy beste. Ai

JJS ·

Regtig hartseer.

Die hoofoorsaak hiervan is egter Wes Kaapse ANC leier wat wagte laat verweider het. Dit was vir hom ‘n goedkoop politieke slag voor ‘n verkiesing, maar die is die eindresultaat.

Sputnik ·

Walther PPK, is dit nie tog standaardpraktyk dat ‘n manslag- of moorddossier geopen word as iemand uit selfverdediging geskiet word nie? ‘n Persoon is dan nog nie skuldig bevind nie.

Ana ·

Buiteland Moët die land net nie meer besoek nie. Wat hulle in elk geval nie Moët doen nie. Dis te gevaarlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.