Clifton-strand weer oop

clifton-strand-kaapstad

Clifton se strande in Kaapstad. Foto: SkyPixels/Commons.wikimedia.org

ʼn Deel van Clifton se Vierde Strand in Kaapstad is vir lede van die publiek heropen nadat ʼn rioolpomp in die omgewing – wat onklaar geraak het – herstel is. Die strand is Sondag vir strandgangers gesluit.

Die onklaar rioolpomp het daartoe gelei dat afvalwater op die strand opdam. Die Stad Kaapstad het onmiddellik die aangetaste gebiede afgesper en waarskuwingsborde opgerig om lede van die publiek in kennis te stel oor die voorval.

Volgens die stad het verskeie stadsdepartemente sedertdien onverpoos gewerk om die rioolpomp te herstel om te verhoed dat afvalwater die seewater besoedel.

“Die pomp is ten volle herstel en dele van die strand wat deur die afvalwater geraak is, is skoongemaak. Die besmette sand is ook bymekaargemaak en van die strand verwyder,” het die stad in ʼn verklaring gesê.

Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die fout by die aanleg is nie, en owerhede stel steeds ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Het hul nie n bystandpomp nie, onderhoud en instandhouding moet op n gereelde grondslag gedoen word.

piet ·

Wat van die riool wat in die pype was toe die pomp onklaar geraak het? Dit kon toe net op die strand beland het want daar was nie die fors om dit in die see in te pomp nie en die verlaging in die druk sou dit onmiddellik laat uitloop het op die strand (voor enige ander pomp aangesit is). ‘n Bystandpomp sou zero gehelp het in die geval nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.