Clintons sê oor korrupsie, grondkwessie in SA

Voormalige Amerikaanse pres. Bill Clinton en voormalige Amerikaanse staatsekretaris, Hillary Clinton, by die Discovery Leierskapsberaad in Johannesburg. Foto: ANA (Verskaf deur Discovery)

Kwessies soos demokrasie, korrupsie en grondhervorming het Donderdag onder die loep gekom toe voormalige Amerikaanse pres. Bill Clinton en voormalige Amerikaanse staatsekretaris, Hillary Clinton, aan die Discovery Leierskapsberaad in Johannesburg deelgeneem het.

Bill en Hillary het by die beraad gesê gesonde samelewings is gegrond op ʼn funksionerende, doeltreffende en eerlike regering, ʼn produktiewe, dinamiese en suksesvolle private sektor en ʼn florerende burgerlike samelewing.

Die Clintons het verder gesê hulle is hoopvol oor die demokrasieë oor die hele wêreld, maar versigtig oor onbeheerde tegnologie en kunsmatige intelligensie wat werksekuriteit in ekonomieë soos Suid-Afrika sʼn kan bedreig.

Volgens Hillary is die regering onder pres. Cyril Ramaphosa ʼn “hoopvolle” een vir Suid-Afrika ná ʼn moeilike dekade wat dit voorafgegaan het.

“Wat landsburgers wil sien, is hoop wat verbind word met resultate. ʼn Gedeelte van wat in Europa en die VSA aangaan, is dat die demokrasie nie die soort resultate oplewer wat mense verwag nie. Van die resultate wat hulle wil hê, is nie so basies soos in ander plekke nie – soos in Suid-Afrika waar jy eers moet kyk na ongelykheid, mense wat opgehef moet word en ʼn diverse en inklusiewe samelewing wat geskep moet word,” het sy gesê.

Bill het op sy beurt gewaarsku teen “vurige populiste” en eenrigting-narratiewe wat persepsies skep dat situasies erger is as wat dit werklik is. “Demokrasie is sy morsigheid werd. Die manier waarop Mandela hier begin het, was reg – dat meer diverse groepe ʼn beter demokrasie uitmaak as homogene groepe. Ek en Hillary het ons lewe lank ʼn stryd gevoer teen ʼn ons-versus-hulle-wêreld. En dit lyk asof al die mure in die wêreld nou meer soos nette lyk,” het hy gesê.

Oor die kwessie van plaaslike grondhervormingsbeleidstellings en die uitwerking daarvan op beleggersvertroue, het Hillary gesê daar is verskillende maniere om die saak te benader. Sy het voorgestel dat daar na internasionale voorbeelde gekyk word wat belangrik is vir sentiment, asook vertroue herstel vir mense in afgeleë gebiede soos Rwanda.

“Grootskaalse onteiening is nie ʼn goeie teken vir beleggers nie. Soos ek dit verstaan, is daar gewillige verkopers, maar dit val steeds in die enkele hande van wat voorkom soos polities verbinde mense,” het Hillary gesê.

“As jy grond verskaf, hoe produktief is daardie grond en wat is die deurvoering?” het sy gevra. “Die grondkwessie kan sielkundig en ekonomies weer geloof gee aan die land se stemlose burgers,” het Hillary gesê, maar ook gewaarsku oor die invloed daarvan op internasionale beleggings.

Bill het saamgestem en gesê narratiewe oor die land moenie “diepgewortelde onsekerhede in mense laat opvlam nie, maar eerder mense bemagtig wat wil voordeel trek uit hierdie onsekerhede”.

“Hillary is reg. Is dit jou goeie naam werd? Ek weet julle kan seerkry as julle dit verkeerd doen en mense in die afgeleë gebiede sal hoop verloor. Al hierdie moeilike probleme sal ek eers op ys plaas en aggressief optree oor die kwessies wat groot ondernemings regtig kan aanpak,” het Bill gesê.

Die Clintons het aan die 3 000 sakeleiers by die Sandton Convention Centre gesê hulle speel ʼn groot rol daarin om te verseker dat demokrasie in Suid-Afrika op plaaslike en internasionale vlak gehandhaaf word en weerstand kan bied teen korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Calamarie ·

Almal wil hoop he, dis deel van mens wees. Maak mie saak wie wat se nie, demokrasie is net n woord in SA wat niks beteken nie.

Hoe nou....... ·

Demokrasie is n afkorting vir omgekeerde diskriminasie teenoor n minderheid. Waar die stem van die massas sal bepaal wat die uitkoms van n saak is al is almal verkeerd en net een reg sal die verkeerde besluit geneem word ( dalk uit blote kortsigtigheid ) want almal het so besluit en n vinger kan dus nie gewys word nie. Dan wil die minderheid en buite-staanders nog HOOP in die gesprek inbring die verandering van die laaste 22 jaar goed praat. Bly eerder in jou eie land en sort julle eie probleme uit – julle het geen idee wat in die land aangaan nie Clinties – julle lek net vir ondersteuning!

Zumie ·

En wonder ek hoeveel geld is aan die Clinton “foundation” geskenk om hierdie vanselfsprekende teoretiese stellings te hoor…..
En ek wonder wie betaal….
Wat ek wel weet is dat dit geen effek op korrupsie en regeringsvergrype gaan he nie…

Bekkie ·

Ek het dieselfde gewonder.
Hoeveel belastinggeld is weer daar uitgegee.
Geen persoon in die buiteland het enige idee van wat hier aangaan nie.
Hulle word net eenvoudig heuning om die mond gesmeer.
Dis hartseer….

esme ·

Discovery se lede. Hopelik nie uit verhoogde mediese fonds tariewe nie.

Twakkie ·

Die Clintons kan kom klas gee oor hoe om op groot skaal korrupsie te pleeg, selfs vir die Guptas. Ek wonder wat dit gekos het om dié twee korrupte geldwolwe hier in SA te kry?

Judge Dredd ·

Eintlik se hulle nie veel nie – seker bang hulle word van rassisme beskuldig – maak geen fout Killary se Demokrate is nie vir die behoud/beskerming van die minderheid Afrikaners.

Ten minste het Trump met sy Tweets fokus geplaas op plaasmoorde en grondonteiening in SA. Was dit nie vir hom nie dan het die liberale media en Demokrate gemaak of niks aangaan.

waarheid ·

Kyk wat gebeur in Yemen en dit was onder die Obama en Hillary regering.
Grootsskaalse uitwissing van die populasie om ‘n ander land tevrede te stel.
Hulle moet maar veby hou.

Ruiklont ·

Hoekom is niks gesê tydens die vorige 7 – 10 jaar nie? Bla bla blabka

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.