Clive Bruce weer in hospitaal opgeneem

Clive Bruce. (Foto: Facebook)

Die countrymusieklegende Clive Bruce sterk tans weer in die hospitaal aan nadat hy verlede week by sy huis in die ooste van Pretoria inmekaargesak het.

Mara van den Bergh, Bruce (74) se agent en woordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat hy steeds in die hospitaal is.

“Hy het talle mediese toetse ondergaan en ons wag nog op die uitslae,” het Van den Bergh gesê. Bruce word deur sy vrou, Jenny, bygestaan.

Bruce, bekend onder countrymusiek-aanhangers as die “Midnight Cowboy”, het in September verlede jaar ʼn hartoperasie ondergaan.

Bruce het in Desember 2020 ook ʼn noodoperasie ondergaan nadat hy ʼn abdominale aorta-aneurisme opgedoen het.

Bruce was destyds bekend as aanbieder van die countrymusiekprogramme Sing Country en Rewind. Hy het ook in sy loopbaan van sowat vyf dekades die verhoog gedeel met country-sangers soos Lance James, Barbara Ray, Bobby Angel, Billy Forest en Sally Vaughn. Virginia Lee is sy stiefma.

“Hy stuur liefde en soentjies vir almal,” het Van den Bergh gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Groot voorstaander van country musiek en hy mag maar sing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.