Clive Derby-Lewis oorlede

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis is Donderdagmiddag in die ouderdom van 80 oorlede.

Gaye Derby-Lewis, Clive se vrou, het die nuus aan Maroela Media bevestig. Volgens Gaye is Clive verlede maand geopereer om vog van sy longe te verwyder. Hy is in 2014 met longkanker gediagnoseer. “Hy het sedertdien agteruitgegaan.”

Derby-Lewis is verlede week weer in die hospitaal opgeneem toe hy gesukkel het om asem te haal. “Die dokters het vir my gesê hy gaan nie weer huis toe kom nie. Hy is vanmiddag om 12:30 in die Eugene Marais-hospitaal oorlede.”

Derby-Lewis is in Junie verlede jaar op mediese parool vrygelaat nadat dokters bevind het hy is terminaal siek en het reeds fase 4-kanker. Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, het verskeie kere Derby-Lewis se aansoek om parool geweier. Derby-Lewis het toe ʼn dringende aansoek gebring dat die minister se besluit ter syde gestel moet word.

Derby-Lewis het lewenslange tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani in April 1993.

Derby-Lewis was in sy politieke loopbaan by die Nasionale Party betrokke en was ʼn stigterslid van die Konserwatiewe Party in 1982. Hy het in 1987 as ʼn parlementslid vir die party gedien.

Ten tye van sy inhegtenisname was hy ʼn kandidaat in ʼn tussenverkiesing in Krugersdorp. Hy is in hegtenis geneem op aanklag dat hy Janusz Walus, ʼn Poolse immigrant, bygestaan het in die moord op Hani. Hy het die vuurwapen verskaf waarmee Hani in sy huis se oprit doodgeskiet is.

Derby-Lewis is skuldig bevind aan sameswering tot moord en is die doodstraf opgelê. Sy vonnis is egter na lewenslange tronkstraf omgeskakel nadat Suid-Afrika die doodstraf afgeskaf het.

Derby-Lewis is op 22 Januarie 1936 in Kaapstad gebore. Hy het in Kimberley grootgeword en het by die destydse Christians Brothers’ College studeer voor hy vir ʼn rekeningkundefirma en oliemaatskappy gewerk het. Hy was vir 19 jaar ʼn vrywilliger in die Burgermag en was die jongste persoon nóg om tot bevelvoerder van die regiment Witwatersrand Rifles bevorder te word. Hy het die John Chard-toekenning ontvang vir lang en voortreflike diens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Anti-Chris ·

Snaaks hoe Shaik so maklik mediese parool kon kry en nog steeds lewe, terwyl Oom Clive so lank onregmatig in die tronk gehou is terwyl hy regtig terminaal was.

zoom zoom ·

Na al die jare in die tronk en toe n bietjie vryheid. Rus In Vrede

Neels ·

Baie sterkte aan die gesin en familie in hierdie moeilike tyd.

Kathy Zwarts ·

RIV oom – sterkte aan die familie. Julle is in my gebede

Ai! ·

Hoop hy kry ook martelaarstatus, soos party gestorwe ANC lede, want hy het ook geveg vir waarin hy geglo het.

Vivian ·

Rus in vrede. Dankbaar vir die tyd wat hy by sy mense kon wees. Sterkte vir al sy dierbares.

Kobus ·

Dankie oom clive rus in vrede. Jy het ook net gedoen waarin jy op daai tyd geglo het. Jammer jy was net n kort tyd by jou familie maar ons weet die kam skeer nie dieselde nie. Rus in vrede sterkte vir die familie.

Valerie (Ierland) ·

Kobus, as almal doen waarin hulle “daai tyd geglo het,” of waarin hulle vandag glo, is nie ‘n verskoning nie. En dit geld vir almal, van die Shaiks tot die moordenaar McBride en al sy makkers al die pad terug tot by Calvyn en sy moordlustige terreurbewind in Genève, en verder terug tot in die begin.
Natuurlik hoop ek Lewis het met sy Skepper vrede gemaak/versoen; dit is wat belangrik is.

Suki ·

Skande om so met ‘n bejaarde te werk. Clive Derby-Lewis. Ongeag die moord medepligtige of verskaffing van wapen. Die mans loop deesdae skotvry uit die hof. Henning moord, Dewani, nie te praat van al die ander nie. Maak net of jy mal is. Vermoor hul gesinne, skop & slaan kinders dood. Dit is maar net moord. MOORD BLY MOORD!! op watter ras, geloof of geslag. jy MAG NIEMAND DOODMAAK NIE!! Ons medelye met tannie Gayle en familie. Oom Clive was burgermeester van Bedfordview Dorpsraad (nou stadsraad) in die jare 1978 – 1980’s. Hy het ‘n slaghuis besit naby die dorpsraad. Ek het altyd daar biltong gaan koop. Ek was swanger gedurende daardie tyd. Oom Clive het altyd handjie vol biltong bygesit vir die baba. Ek verkies om hom so te onthou. Aantreklike en netjiese man…. met ‘n goeie hart. Rus in vrede oom Clive. Dit was ook terwille van …..

Cacophony ·

Wonderlik maar “oom Clive” was ook ‘n veroordeelde krimineel jy het daardie titbit vergeet in jou ophemeling

WeetMeer ·

Cacophony….interessante naam. Verseker weet jy heeltemal te min om jou mond uit te spoel. Jy glo dus alles wat die media aan jou opdis. Dis mense soos jy wat ‘n gevaar is vir dié wat nog kan dink en nie liberaal gebreinspoel is nie. Jou onkunde maak een groot geraas: ‘n wanklank! Jy’t jou naam gestand gedoen. Maar eendag gaan jy (hopelik) wakkerskrik en tussen daardie liberale geraas in jou denke, die Roepstem van Waarheid hoor. Mog dit nie te laat wees nie, alhoewel die skade waaraan jy gewilliglik meedoen, nie maklik ongedaan gemaak kan word nie. Wat is jou nalatenskap as jy een groot wanklank produseer?!

Cacophony ·

Weet meer. Interesting naam. Miskien moet jy die hofsaak gaan oplees. My naletenskap is beslis nie krimineel nie is joune?

Lance ·

En Schabir Shaik speel nog golf en was jare voor hom vrygelaat ook op mediese parool …..

Francois le Cochon ·

“Moral of the story” – moenie ander mense doodmaak nie. Punt!!

Tweede kans ·

Die bomplanters en ander moordenaars het ‘n tweede kans gekry, vreemd dat hy nie ook op ‘n tweede kans geregtig was nie ..

Gert ·

Dit is hammer jy dink so as sy vyhand geleer het so jy anders praat van dag jammer nie keer julle hoekom ons land se teroepe gaan beklei nie ,gaan leer net wat ons as n volk gedoen het vir oorlewing

Landsverraaier ·

‘n Volksheld is vandag oorlede. Maar meeste van julle “afrikaners” is te besig om mekaar in die rug te steek vir eie gewin om dit eers te besef – daarom sal julle kinders sonder ‘n toekoms wees. In die mean time geniet maar die oorblyfsels van die nuwe SA. Sien jou aan die ander kant oom Clive.

RIV ·

O ja ek stem ongelukkig met jou saam. Ek is self ‘n Afrikaner, en sowat van ondergrawery en rugstekery het ek in my lewe lanklaas beleef. Dit is nie live and let live nie, dit is skep pap terwyl dit reën . en moenie dat ‘n ander ou ook in die son staan nie . ek ken dit . . Selfs familie gee nie vir ander familielede om wat swaarkry nie.. Dankie tog ek hoef in niemand se oë te kyk nie, want ek weet as ek nie vir myself sorg nie, gaan daar niemand anders wees wat ‘n hand uitreik na jou toe nie. Jammer dat ander jou in die steek gelaat het oom, die bomplanters het mekaar ondersteun en het almal vandag topposte oral in die land. RIV uiteindelik. nou kan niemand jou vervolg nie, hulle het geen mag meer oor jou nie!

Leeukuil ·

Afrikaner is ‘n beesras , en die goed staan nie saam nie. Die Boere is wel ‘n volk en van saamstaan kan jy ons niks leer nie!

dirk ·

baie ouens wat nog in topposte sit beter mooi nadink oor die manier waarop hulle mense behandel. integriteit is nie altyd daar nie. baie meer mense, egter, help mekaar in nood. as dit met jou goed gaan vandag – steek ‘n hand uit en sluit aan by ‘n groep wat jou waardes deel – met die uitsluitlike doel om ander te help.

Hannes ·

Rus in vrede Oom Clive. Dankie dat oom probeer het om die land en volk te red van wat dit vandag is. Jammer dat Oom se lewe so moes eindig.

Koos ·

Die wraaksugtige Hani familie moet al die blaam vat vir die wrede wyse waarop hy, lank nadat dit nodig was, steeds in die tronk aangehou was.

Milan ·

Ek onthou die Hani dag nog baie goed, en die drama daarna. Jou vrylating verlede jaar was geoorloof. Kan ongelukkig nie dieselfde van die veroordeelde bedreër by name van Mnr. Schabir sê nie. Seënwense aan die familie.

Hannes ·

Maak van hom ook n standbeeld!
Hy het gedoen waar in hy geglo het.
Dankie Oom Clive.
Rus in vrede.
Clive bo! ! !

Connie Aucamp ·

Rus in vrede. Dankie vir al jou boeke Dade. Simpatie aan sy familie

Andre ·

Rus in Vrede Oom Clive. Die wat saak maak weet jy is n held.

Ben Prinsloo ·

Cacophony en en Francois, volgens julle is al die soldate in die oorloë moordenaars. Mooi man, as julle maar die guts gehad het wat hierdie man gehad het ter wille van sy volk en vaderland dan was die Nuwe SA vandag n beter plek. RIP oom Clive. Jy het meer vir jou land gedoen as die meeste van ons.

Cacophony ·

Clibe Derby Lewis was geen soldaat gewees nie. Watter daad/dade het hy nou kamstig gepleeg wat van hom ‘n held gmaak het. Miet asb nie die oud soldate soninndie gesig vat deur hulle saam met ‘n krimineel in een kamp te wil gooi nie. Om ‘n ongewapende man in sy driveway te laat vermoor maak jou net so krimineel soos die hijacker wat jou kar steel of die man wat sy vrou laat vermoor.

Theuns Cloete ·

n Gebrek aan Kennis ( of erger ) ? ? In 1989 toe Clive Derby Lewis vir die KP in die verkiesing gestaan het, het ek hom ‘n paar maal telefonies geskakel en gevra(in Engels) wat doen mens met die Boervolk wat hul republieke wil herstel asook die regse mense wie Afrikaans as ENIGSTE Amptelike taal wil instel “As an 1820 descendant, never over my dead body, will the Boer-republics be re-instated, NOR will Afrikaans be allowed as the only official language” …………………………

Bruno Stef ·

Ou engelsman dit was goed om jou te ken en dankie vir jou bekgevegte wat jy en Gaye wat n gebore australianer is namens die Afrikaner geveg het.Dit het jy ook talle kere gese jy is n Afrikaner wat van die 1820 britse setlaars afkomstig was.Almal van ons het tesame n goeie span vir die destydse Konserwatiewe Party in Johannesburg gevorm. Rus in vrede my maat. ” Gaye thank you for your loyalty and preseverance throughout the years that Clive was in jail”

danie ·

Ek sal ook graag wil weet wat se helde dade die man gedoen het, wat die toekoms van die land beskerm het. Ek dink van julle leef in n droom wereld. Dis tyd om wakker te word en te besef nie almal deel julle drome nie. En om in same syn met mede lands burgers te bly is iets wat van julle moeilik sal verstaan. Ek verdra tot julle denk rigtings

willie ·

Nog ‘n verligte denker wat blindelings staar deur sy reënboog gekleurde bril, sy hele ruggraatlose wese bedwelm deur die dampe van die kookpot, wat op die punt staan om oor te kook en alles in hierdie vaderland van ons te vernietig. Eers op daardie oomblik sal die werklikheid, alhoewel te laat, vir jou en jou soort duidelik word, wanneer die honger massas julle kom haal. Probeer hulle ook dan oortuig van samesyn met mede landsburgers. Sterkte!

Johannes ·

Danie, hy het kommunisme beveg. Iets waarteen die hele beskaafde, Westerse wereld geveg het.

danie ·

Tipies, om groot woorde te gebruik maak jou nie slimmer as ander nie. Ek leef saam mede landsburgers, insluitend jou tipe. Die rooi gevaar is lankal nie meer in die speel veld nie, as dit so ondraaglik is wat soek julle nog hier. Meskien moet die ver regs en ver links mekaar ontmoet iewers en die saak bespreek. Dan kan ons ruggraadlose liberale konsentreer om n beter toekoms vir ons na geslagte te bou. Ingeval dit nog nie deur gedring het nie die wereld gaan nie oor n paar jaar ophou bestaan nie. Ek dink julle is vas gevang in die verlede, en sukkel om aan te pas in die hede.

Johannes Meintjes ·

Meegevoel, en dit terwyl ANC bomplanters tot helde verhef word. (Wat het gebeur met al die samesweerders wat H.F. Verwoerd laat vermoor het?)

Jan ·

Danie, AL hierdie het seker voor jou tyd gebeur.Want jy weet niks.Ek hou besonder baie van die goeie same syn waarmee julle met die landsburgers bly.Ek dink dit is regtig tyd dat jy uit jou droom wakker skrik.

Johannes ·

“They (the ANC) are communist and they will destroy this wonderful country. They will squander all that was built here by Whites with such difficulty. It pains me that everything here will be destroyed in the name of a multiracial Utopia that will never work here. They want freedom and democracy. In a few years freedom and democracy will be all they will have.” Janusz Walus.

Danie, hoe lyk SA vandag?

Cacophony ·

“What we need in South Africa is for egos to be suppressed in favour of peace. We need to create a new breed of South Africans who love their country and love everybody, irrespective of their colour.”
Chris Hani. Dink bietjie logies. Die rooi gevaar is iets wat die regering gebruik het om jou bang te maak en seker te maak jy trap mooi in jou spoor. Dink bietjie anders as dit wat jy by jou oupa gehoor het it might be a new experience. Al ooit gesink dat iemand soos Hani teenvoeter vir Zuma sou kon wees?

Francois le Cochon ·

Almal wat so ophef maak van CDL, en van die goeie daad wat hy gepleeg het. Verduidelik asb aan my wat die goeie gevolg was van die moord op CH, en hoe ons boerevolk nou beter daaraan toe is as gevolg van die moord op CH. Indien CDL nie vir CH vermoor het nie, verduidelik ask ook hoe sou SA nou andersins gewees het. Ek se^ die moord op CH het niks meegebring nie, dus het die moord geen doel gehad nie, en was dit bloot ‘n kriminele daad. Bewys my seining verkeerd.

willie ·

Francois, ek stem ten volle met jou saam. Geweld en moord het nog nooit enige positiewe gevolg in enige gemeenskap gehad nie. Dit het, en sal nooit, enige positiewe bydrae tot die welstand van enige volk meebring nie, trouens, dit kompliseer alles net. Wat betref die helde status van CDL in sommige geledere, sou ek reken dit is diegene se reg om hom as held te beskou. Net so is die sogenaamde “war veterans” tot helde vereer vir die massamoorde op baie onskuldige indiwidue, bv die bombardering van sagte teikens soos in Magoo’s Bar, Wimpy restaurante en die Kerkstraat bom, waar lede van die publiek sinneloos met hul lewens geboet het.

Paul Van Straaten ·

Tannie Gaye my innige simpatie. Gelukkig dat oom Clive met julle kon wees die laaste rukkie van sy lewe. Hy het gedoen wat hy goed gedink het vir die Afrikaner Volk. Ons eer sy lewe ons se dank God vir hom. Wees verseker dat oom Clive nie meer pyn het nie en aan die Regter hand van onse Vader sit. Baie lief vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.