Clive Derby-Lewis sê jammer vir Hani-weduwee

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria by monde van sy regsverteenwoordiger vir Limpho Hani, weduwee van die voormalige SAKP-leier Chris Hani, om verskoning gevra.

“Ek vra weer onvoorwaardelik om verskoning aan haar…,” het Roelof du Plessis, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, gesê terwyl Hani in die voorste ry van die openbare galery gesit het. Du Plessis het gesê Derby-Lewis het haar genooi om hom by die Eugene Marais-hospitaal te besoek sodat hy haar om verskoning kan vra.

Derby-Lewis (79) is in die hospitaal opgeneem om behandeling te ontvang vir longkanker en het ‘n spesiale mosie gebring om op mediese parool vrygelaat te word sodat hy by die huis kan sterf. Du Plessis het in die hof aangevoer dat Derby-Lewis in Desember meegedeel is dat hy ses maande het om te leef.

Hy het reeds 21 jaar tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op Hani. Volgens Du Plessis is dit onwaar dat Derby-Lewis nie berou het nie. Du Plessis het talle dokumente ingedien om dit te bewys. Hy het gesê die nuutste benadering is onmiddellik van krag en dat Derby-Lewis van “aangesig-tot-aangesig” vir Hani om verskoning wil vra.

Volgens Du Plessis het Derby-Lewis al herhaaldelik berou getoon, hoewel Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste en justisie, gesê het Derby-Lewis het nie berou getoon nie. Masutha het die uitlating gemaak nadat hy in Januarie Derby-Lewis se paroolaansoek van die hand gewys het.

Du Plessis het verskeie verslae, waaronder van pastore en sielkundiges, ingedien waarvolgens Derby-Lewis gesê het hy is jammer oor wat hy gedoen het en vir die leed wat hy mev. Hani aangedoen het. Volgens die verslae is Derby-Lewis ʼn toegewyde Christen.

Du Plessis het gesê Masuthu het nie behoorlik daaroor gedink toe hy besluit het oor Derby-Lewis se parool nie. Hy het gevra vir dieselfde deernis wat vir Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiekommissaris, gewys is. Selebi is in Januarie dood terwyl hy op mediese parool was.

Du Plessis het gesê Derby-Lewis is geviktimiseer deur die lang tydperke wat dit die departement gevat het om sy paroolaansoeke te oorweeg. Sy eerste aansoek was in 2007. Du Plessis het ‘n beroep op die hof gedoen om ʼn voorbeeld te stel van wat deernis en die beskerming van waardigheid in Suid-Afrika beteken.

Du Plessis het gesê Derby-Lewis het geen politieke ambisie nie en dat hy graag net by die huis wil doodgaan. Hy het gesê dit is onverklaarbaar hoe die mediese paroolraad tot sy besluit gekom het. Derby-Lewis se aansoek is onder meer afgekeur omdat hy fase 3b-kanker het en nie fase 4 nie. Volgens Du Plessis het Derby-Lewis fase 4-kanker.

Die saak duur voort.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eric ·

Did n skande DAT Clive nog sit.Hy sit omdat sy velkleur verkeerd is.Hoe sal daar ooit vrede in dieland wees as dinge so skeef getrek word in die politiek.Baie ander moordenaars loop vry

Jaco ·

Gaan lees die kommentaar op News24, veral vanuit die swart geledere. Indien daar nog enige van ons mense is wat dink dat ons ooit deur die meerderheidsbevolking aanvaar sal word en hulle bereid sal wees om met ons in vrede saam te leef, ly aan ernstige ontkenning. Die beeld van ‘n volstruis met sy kop in die sand doen homself voor.

Johan Pic's ·

Waar verskyn ons kommentaar? Ek het al in die verlede ge reageer op plasings – en vind dit nêrens

Anel Viljoen ·

Ek sterf eerder voor ek onverskoning vra…gaan al die sondaars wat ons volk so uitmoor vir hulle families onverskoning maak en ook die headlines maak soos DL?? Nee, natuurlik nie..dit word onder die mat ingevee want ons wit lewens beteken niks vir hulle nie. Ons is in hul oë dieselfde as ‘n koei wat hulle slag in die middel van ‘n sport veld…

DANIE JOUBERT ·

Die hele land wag in spanning om te hoor wanneer Shabir se begrafnis is.Wonder genees middel gevind deur dept. van korrektiewe dienste.As n gevangene terminal siek is en gesond word verval sy parool of wat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.