Video: Clive Derby-Lewis se laaste onderhoud

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis het geen geheime graf toe geneem nie. Hy het kort voor sy dood ‘n eksklusiewe onderhoud toegestaan wat nou bekend gemaak is.

Die onderhoud is die enigste onderhoud wat Derby-Lewis sedert sy vrylating op mediese parool in Junie 2015 toegestaan het. Hy is op 3 November 2016 oorlede.

Die videovervaardigingsmaatskappy Forum Films het vandag die eerste deel van die eksklusiewe onderhoud met Derby-Lewis bekend gemaak. Die onderhoud is op 2 September 2016 verfilm en strek oor ongeveer 70 minute en word in vier dele aangebied.

Ernst Roets, uitvoerende hoof van Forum Films, het die onderhoud met Derby-Lewis gevoer. Roets verduidelik dat die onderhoud verfilm is met die idee om ’n dokumentêr oor die Waarheid- en-Versoeningskommissie (WVK) te vervaardig, maar dat Forum Films ná Derby-Lewis se dood besluit het om eerder die volledige onderhoud te publiseer.

“Dit is welbekend dat Derby-Lewis ’n oortreder was. Die onderhoud maak dit duidelik dat hy op sy eie manier ook ’n slagoffer was. Dit is belangrik dat die stellings wat Derby-Lewis in die onderhoud maak, gepubliseer word sodat dit in die geskiedenis opgeteken kan word,” sê Roets. Hy voeg by dat dit Derby-Lewis se wens was dat die onderhoud ná sy dood gepubliseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bosveld g ·

Dit laat mens dink né…… wol voor die oë politici, die Oom het sy prys betaal vir sy mense. Rus sag Clive

Elize Visagie ·

voel net hy moes lankal op parool vrygelaat gewees het om meer tyd saam sy familie deur te bring. hy het n fout gemaak en het daar voor betaal

humor ·

Dankie Maroela, maar is tog iets wat julle kan oorweeg om mee te help. Op die platteland is daar 1000 de mens waar die sein so swak is dat die film nie kan oop maak nie. Selfs in Johannesburg is die sein soms plek plek so swak dat dit nie altyd werk nie. Ook is daar mense met swak gehoor wat dit nie doeltreffend kan benut nie. Is dit moontlik om die hele onderhou skrifte aan ons te voorsien??

Maria Van Dieweeck ·

Dit is n baie goeie onderhoud en dit is noodsaaklik dat die waarheid op elke platform verkondig word, hetsy op n sportveld, n teater, n boek, fliek watookal. Die leuens van die huidige politieke leiers het tot dusver geen verset gehad nie. Selfs in skole word leuens sonder teenkanting in jong breine afgestempel. Dankie vir verfrissende waarheid. RIV CD-L

Oom Kalahari ·

‘n Grote het geval en moes baie hartseer en tekens dra van hoe hy te na gekom is. Clive jy was ‘n regte Heer met status. RIV ou grote, jy sal deur baie as ‘n held gesien word.

Rens Roodt ·

Watter eerlike en reguit persoon – kan nie qag vir die volgendes nie

Knikkebollen ·

Wat? Die laaste onderhoud wat uiteindelik sal dien as finale bewys dat CDL geen geheim gehad het nie en nou is hy gerieflikheidshalwe dood ook. (Sug). Die ANC binnekring en die voormalige Nasionale Intelligensie het presies geweet dat Hani die laaste struikelblok tot ‘n ANC oorname ten koste van die Freedom Charter sou wees. CDL en Walus was pionne in ‘n baie slim skaakspel.

GJ de C K ·

Knikkebollen:

Die enigste “geheim” wat ek van weet waarmee Clive graf toe is, is toe ek ‘n warm bier in sy sitkamer oopgemaak het wat oorgeskuim het en ons narstiglik ‘n lap gegryp het om dit skoon te maak want Gaye is pynlik netjies (nog meer as Clive). Toemaar, nie ‘n geheim nie – Gaye weet! Daardie is twee eerbare mense – eerbaar: ‘n woord wat dalk vreemd is vir jou.

Van jou NI en ANC binnekring stories sal net jy weet waar jy dít uitgesuig het. Hou asseblief by feite want min mense kan jou twak gaan verifieer (selfs nie eens jy nie). Jy help ons vyande om agterdog en wantroue te saai sodat hulle nog verder kan plunder.

Clive Derby-Lewis se integriteit was en is ver bo dit wat jy so eerloos onder verdenking probeer bring.

Wys ons eerder waar en wat JY opgeoffer het in die stryd? En betoon die nodige erkenning aan ‘n “scholar, a gentleman, and an officer”!

Boerin ·

Kan julle asb die onderhoud so beskikbaarstel dat ons plattelanders dit met 2 strepies Edge sein dit ook kan kyk? En wanneer hoor ons van Tainted Heros op video/DVD soos belowe?

Jan ·

As jy by Afriforum as lid aansluit, stuur hulle die Tainted Heros DVD na ‘n tyd vir jou gratis.

Landi Slatter ·

Dagsê Jan

Probeer asseblief om die artikel direk in jou webblaaier (soos Chrome, Firefox, Internet Explorer) oop te maak.
Laat weet ons asseblief indien die video nog steeds nie wil speel nie

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.