‘Clive het net sy kop geskud’

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis het net sy skop geskud toe Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, aangekondig het hy gaan nie op mediese parool vrygelaat word nie, het sy vrou Gayle gesê.

“Die minister het in sy uitspraak ‘Clive se optrede betreur’ met betrekking tot die ander naam wat gebruik is,” het Gayle in ‘n verklaring gesê. “Maar dit was die DKD [departement van korrektiewe dienste], die minister se eie departement, wat daarop aangedring het dat Clive ʼn non de plume [skuilnaam] moes gebruik om veiligheidsredes en die nabyheid van die media aan die hospitaal.”

Gayle het verder gesê daar is geen wet wat bepaal dat ʼn gevangene berou moet toon om op mediese parool vrygelaat te word. Volgens Gaye was die departement bekommerd dat die media in haar man se hospitaalkamer sou kom. Sy beweer hy was aan sy bed vasgeketting.

“Die minister weet duidelik nie wat in die verband gebeur het nie. Hy moes by sy eie departement uitgevind het wat die rede was vir die verskillende name.” Volgens Gaye het haar man se dokter gesê ‘n skandering van sy long het gewys sy kanker het versprei. Die onkoloog het glo ook gesê Derby-Lewis kan nie geopereer word nie.

“Die minister het verklaar dat Clive nie vrygelaat kan word tot dié twee voorwaardes nie teenwoordig is nie, maar dit is reeds teenwoordig. Ons sal dringend die minister se besluit wetlik hersien.”

Daar was Vrydag gemengde reaksie op die besluit om Derby-Lewis nie op mediese parool vry te laat nie. Die SAKP het die besluit verwelkom. “Hy moet in die tronk bly aangesien hy steeds ʼn gevaar is vir die versoeningsprojekte wat ons land desperaat na smag.”

Die DA het gesê Masutha is nie ʼn dokter nie en dus nie in die posisie om te sê of Derby-Lewis fisiek ongeskik is of nie. Die IVP het gesê Masutha het ʼn fout gemaak. Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het gesê dit is teleurstellend dat Derby-Lewis glo nie berou het oor sy dade nie. Hy is egter van mening dat Derby-Lewis op parool vrygelaat moes word.

Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het bevraagteken hoekom Masutha die aanbevelings van die mediese kundiges op die paroolraad verwerp het, nadat hy dit deurlopend duidelik gemaak het hy kan net aanbevelings maak op grond van die dokumente en feite wat aan hom oorhandig is, en terwyl hy erken het hy is nie ‘n mediese dokter nie.

AfriForum het gesê die besluit om nie vir Derby-Lewis vry te laat nie veroorsaak ʼn menseregte vernedering vir Suid-Afrika omrede demokratiese prosesse nie demokratiese uitkomste kry nie, maar deur politiek gedikteer word.

Front Nasionaal het gesê die minister is weldeeglik daarvan bewus dat enige gevangene wat in ʼn private hospitaal opgeneem word, so doen onder ʼn skuilnaam, in ooreenstemming met regulasies. “Ons beskou die voortgesette aanhouding van ʼn 79 jarige terminaal sieke man as niks meer as polities geïnspireerde wraaksugtigheid nie. Dit sal as ʼn klad op die reputasie van hierdie regering staan vir ewig.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor Clive Derby-Lewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

J.Z ·

Dit is jammer as jy ANC is en vrygestel word as verskoning jy siek is ,speel jy golf ,maar weklike siek wites word polities beoordeel.dit reuk na muishond.

Gwen ·

Die dame se naam is Gaye, nie Gayle nie. Kry asb. julle feite in orde.

Tommie ·

SAKP handeldrywend as ANC. ANC party is ‘n rook skerm om die wereld om die bos te lei!

Swanna ·

Michael Masutha is self ‘n rassis. Jy kon op sy gesig sien hoe hy hom self verlustig toe hy sy uitspraak lewer en ongelukig is Clive Derby-Lewis ‘n witte wat deur Jan van Riebeeck hier geplant is. Ons bid vir jou Clive.

Frik Lotz ·

Verstommend! Sprakeloos! Ek kan nie glo Clive Derby- Lewis is nie vrygelaat nie. Die man het kanker en is n bejaarde persoon. Wat meer moet hy nog doen? Daar word teen hom diskrimineer en op sy menseregte getrap. Die ANC en sy lakeie kan nooit met enigiets vertrou word nie. Dis tyd dat ons begin saamstaan en saamwerk wanneer dit kom by sulke sake soos Clive Derby- Lewis s’n. Clive was n goeie LP destyds vir die KP en was met ope arms ontvang deur die Afrikanergemeenskap, al is hy Engelssprekend. Clive hoort nie meer in die tronk nie. Laat ons as Afrikaners eendragtig saamwerk vir sy vrylating,want hy verdien om op mediese parool vrygelaat te word.

Gerhard Bezuidenhout ·

En dan spoel Desmond Tutu sy mond ook nog hier uit . Dit walg ons blankes om te sien hoe n klomp demone tydens n TV nuusuitsending rondspring van blydkap omdat Clive nie vrygelaat is nie. Die ANC en libtards moet nie weer n woord rep oor nasiebou nie , want dit is n skim op die horison.

Shannon ·

Oom Clive ek het gehoop jy word vrygelaat uit daardie hool. Maar ek moet sê ek is nie verbaas oor die eensydige besluit nie. Dis, soos ons kon verwag, gemotifeer deur venynige selfsug en harteloosheid.
Grootste rede van almal is egter die feit dat daar onder die bang gat Boere nie te veel individue is wie vir jou sal opstaan nie. Dus loop die regime nie veel risiko a.g.v. sy besluit nie.
Ons hoop maar daar gebeur iets …

Viv ·

Nou maar Shannon, hoekom staan jy nie op vir Oom Clive nie? Of is jy ook banggat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.