Cloetesville ruk op vir Kaapse onafhanklikheid

Inwoners van Cloetesville Saterdag in Stellenbosch se strate. (Foto: Verskaf)

Honderde inwoners van Cloetesville buite Stellenbosch het die naweek opgeruk om ’n versoekskrif aan die Stellenbosse burgemeester te oorhandig waarin hulle die DA vra om die optrede te steun, sou die Wes-Kaap afstig van die res van Suid-Afrika.

Die inwoners doen ’n beroep op die party om, sou die mense van die Wes-Kaap aandui dat hulle wil wegbreek van Suid-Afrika en ’n onafhanklike staat vorm, in goeder trou met die nasionale regering te onderhandel om onafhanklikheid vir die provinsie se mense te verseker.

Die inwoners het Saterdag aan ’n optog van 3,6 km van Cloetesville na die stadsaal in Stellenbosch deelgeneem waar Wayne Smith hul versoekskrif namens die DA-burgemeester Gesie van Deventer in ontvangs geneem het.

Die DA word in die versoekskrif gevra om toe te gee dat die mense van die Wes-Kaap deur hul stemgedrag getoon het dat hulle ongeag hul individuele ras, godsdiens of kultuur ideologies van die res van Suid-Afrika verskil.

Die groep vra dat die DA erken dat die Wes-Kaap demografies verskil van die res van Suid-Afrika. Bruin mense is die grootste rassegroep in die provinsie.

Die inwoners van Cloetesville voer aan dat die verhouding tussen die Wes-Kaap en die res van Suid-Afrika gebruik word om die provinsie se historiese kultuur te marginaliseer, minderheidsgemeenskappe te verswak en die Afrikaanse taal doelbewus te ondermyn.

Die inwoners vra voorts ook dat die DA erken dat die verhouding tussen die Wes-Kaap en Suid-Afrika aktief gebruik word om teen die meerderheid van die Wes-Kaapse burgers op grond van hul ras te diskrimineer.

“Nadat hierdie verklarings as waar erken is, doen ons ’n beroep op die DA om die inwoners van die Wes-Kaap die versekering te gee dat die DA, indien daar redelike gronde is om te glo dat die meerderheid van die Wes-Kaapse burgers van Suid-Afrika wil wegbreek en ’n eie onafhanklike staat wil vorm, ’n referendum oor onafhanklikheid sal hou en instem om gebind te wees deur die uitkoms daarvan,” lui die versoekskrif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chris ·

Gaan die Kaap dan weer Hollands wees of onder Britse beheer.? Is/was die mense van die kolonie nie juis vir die groot trek medies ongeskik gewees nie.? Nou wat nou. Goeie idee, maar wie is baas en wie is klaas?

Piet ·

Dis daai klompie wie se koppies geraas het wat Noorde toe getrek het. Die toekomstige Treurnichs (treurmare) en Terreblanche’e.

Kokerboom ·

Nou gaan jy sien hoe ANC reel vir toestroming vauit Ooskaap

Johan ·

Hul doen dit al baie lank. Eks bevrees, dis waarskynlik te laat, Kaapland is klaar oorstroom uit die Oos-Kaap.. Waar is die Veystaat? Is die VS nie maar vir die Afrikaner en die BaSotho nie…kom Lekota doen jou ding.

wim ·

Dit is klaar gereel. Winnie se neef is die DA se leier in die Wes-Kaap.

Toby ·

VN vereis 2 miljoen handtekening vir wettige afstigting. So was gesê vroeër die jaar toe daar ook sulke sprake was van ‘n Kaapse politieke party.

Sarel ·

Kyk na feite.. dit gaan nie so maklik wees nie. Daar gaan invloei vsn mense wees wat die bevolkings samestelling van die WK gaan verander. Dit word reeds vir jare gedoen. Voorheen het die PFP mense van die destydse Transkei en Ciskei aangery na die WK. Die ANC doen dit nou in.poging om die WK te Kaap. Misdaad gaan toeneem en die ANC, soos ons weet , gee nie om vir mense nie hulle soek net jou stem en sal dit koop

Rose ·

Dit sou vyf jaar terug gewerk het, maar die toestroming van ‘immigrante’ uit die Oos-Kaap en elders na die Wes-Kaap is skrikwekkend.

Elize ·

Immigrant hier in SA is meer as wat ons ooit sal besef, ek dink ons sal ons doodskrik as hulle ń ware getal gee

Deon ·

Hierdie is n duidelike teken aan die politieke partye dat die mense keelvol is van die land se strooi, of dit gaan werk al dan nie, neem kennis die mense is moeg vir speletjies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.