Clover-aanvalle: Borgtog van drie beskuldigdes vorder

Terence Tegg. (Foto: Facebook)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid was Woensdag weer in die Thembisa-landdroshof om Michele Bebbington en die Cassanga-familie te verteenwoordig. Die borgtogaansoek van Lesiba Mantsi, Melford Rammutla en Ralph Shingane het vandag hervat nadat dit op 6 Junie 2022 uitgestel is.

Die aansoek is op die vorige geleentheid uitgestel omdat die verdediging ’n aansoek gebring het vir toegang tot die beeldmateriaal van die voorvalle. Die hof het hierdie aansoek van die hand gewys.

Dié drie beskuldigdes, asook Mohale Shokane en Nkosinathi Mbatha (wie se aansoeke om borgtog reeds van die hand gewys is), word aangekla van onder meer die moord op Terence Tegg, die oud-Recce wat tydens die Clover-staking op 17 Februarie 2022 vermoor is, asook poging tot moord op J.J. Cassanga, een van die wagte wat ernstige beserings tydens die brutale aanval opgedoen het.

Die staat het, soos tydens die borgtogverrigtinge van die eerste twee beskuldigdes, die ondersoekbeampte, kapt. Robert George Seckle, geroep om te getuig. Hy het getuig oor die besonderhede van die voorval, asook dat daar beeldmateriaal is wat die drie beskuldigdes op die tersaaklike tyd op die toneel plaas. Seckle het bygevoeg dat die SAPD vir Mantsi, Rammutla en Shingane in hegtenis geneem het toe hulle weer, ná afloop van die staking, by Clover opgedaag het om heraangestel te word.

“Ons verwelkom die hof se bevinding dat die beskuldigdes nie vir doeleindes van die borgtogaansoek geregtig is op die beeldmateriaal nie,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid. “Ons wil ook vir kapt. Seckle komplimenteer met die getuienis wat hy gelewer het, asook die aanklaer, adv. L. Randima wat die aansoek om borgtog namens die Nasionale Vervolgingsgesag hanteer. Die eenheid is vol vertroue dat die borgtogaansoek binnekort afgehandel sal word en dat die strafsaak sal kan begin met al die nodige beskuldigdes voor die hof.”

Die aansoek om borgtog hervat op 11 Julie 2022.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

M ·

Soos in géén bogtog (sic) nét ‘n paar “Lewenslange-volgehoue-géén parool” tronkstraf … Doodstraf nie hier geldig nie ?

Frank ·

Daardie drie wat by die werk opgedaag het om verder te werk laat my dink aan die geval waar ‘n swart moordenaar vir sy eerste verhoor in die hof was, en wat hy by die regter wou weet: “maar gaan hierdie storie nog lank aanhou, want hy moet eintlik by die werk wees….” Geen verantwoorbaarheids besef nie.

Swerwer ·

Hoe op aarde kan daar nog borgtog aan sulke weldadige misdadigers oorweeg word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.