Clover-moord was ‘wreed’, hoor hof

Tembisa-landdroshof. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Skokonthullings is Donderdag in die hof gemaak oor die moord en poging tot moord verlede maand op onderskeidelik Terence Tegg en JJ Cassanga, albei veiligheidswagte, by ʼn Clover-aanleg in Johannesburg.

Dit kom nadat kapt. Robert George Seckle, die ondersoekbeampte in die saak, Donderdag namens die staat getuig het in die verdagtes Nkosinathi Mbatha en Mohale Shokane se borgtogaansoek. Die staat staan borgtog teen.

Mbatha en Shokane se regsverteenwoordigers het vroeër hul weergawe van gebeure in die Tembisa-landdroshof voorgelees. Hulle voer aan hulle was bloot op die verkeerde plek op die verkeerde tyd en het geen aandeel in die moord en aanranding nie.

Seckle se getuienis het egter dié verweer betwis, deur bewyse wat sedert die voorval ingewin is, voor die hof te bring.

Luidens Seckle se getuienis het ʼn groep Clover-werkers op 17 Februarie vir Tegg, Cassanga en een van hul ander kollegas omsingel, waarna Tegg oorrompel is.

Hy is met klippe gegooi en nadat hy op die grond neergesak het, is hy herhaaldelik met ʼn voorwerp oor die kop geslaan. Die skare het boonop probeer om die wagte se veiligheidsbakkie op Tegg se liggaam om te rol.

Volgens Seckle was hierdie ʼn uiterse wrede moord en kan die verdagtes op die beeldmateriaal en deur ooggetuies uitgeken word.

Tegg se wapen, wat rubberkoeëls bevat het, en sy beursie is ná sy moord gebuit.

Cassanga en sy kollega, wat ook deur die skare met klippe en bakstene bestook is, het steeds probeer om die werkers met rubberkoeëls af te weer nadat hul kollega vermoor is. Hulle moes egter terugbeweeg na een van die aanleg se hekke.

Die stakende werkers het die wagte agtervolg, Cassanga platgetrek, hom van sy wapen beroof en hom herhaaldelik met die kolf van die geweer oor die kop geslaan.

Die polisie is na die toneel ontbied en die skare, ook Mbatha en Shokane, het op die vlug geslaan.

Talle ooggetuies het intussen na vore gekom en beeldmateriaal wat die verloop van gebeure bevestig, is ook ingewin.

Cassanga, wat ernstige beserings tydens die aanval opgedoen het, het oorleef en is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Tegg en Cassanga se wapens, asook die gesteelde beursie, is nog nie teruggevind nie.

Seckle voer aan daar was talle ander verdagtes wat deel daaraan gehad het om die wagte aan te val en een te moor, maar dat hulle steeds op vrye voet is.

Hy het getuig dat Mbatha en Shokane nie op borgtog vrygelaat moet word nie, juis omdat daar nog verdagtes is en dat die name van sy getuies nou bekend is. Die beskuldigdes sou dus moontlik getuies kan intimideer, bewyse vernietig en ander getuies waarsku. Hulle is ook ʼn vlugrisiko.

“Die getuienis wat vandag in die borgtogaansoek gelei is, is werklik skokkend en dui op die wreedheid van die aanval en dat die slagoffers doelbewus in ʼn lokval gelei is met die uitsluitlike doel om hulle leed aan te doen,” het adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, gesê.

Die burgerregteorganisasie AfriForum staan die polisie, Tegg se verloofde, Michelle Bebbington, en die Cassanga-familie by in hierdie saak.

“Ons sal voortgaan om saam met die ondersoekbeampte en Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te werk om te verseker dat geregtigheid geskied.”

Mbatha en Shokane se borgtogaansoek sal op 29 Maart hervat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

domheks ·

Altyd onskuldig! Al is daar beeld materiaal, sal hulle soos zupta onskuldig bly tot die bitter einde! Sluit die gemors toe en gooi die sleutel weg.

Herman ·

Baie dankie vir AfriForum en Gerrie Nel in besonder. Daar sal iets van hierdie saak kom. Hierdie spul verdien almal die doodstraf.

Swanie ·

Die hoogste sraf hier betekin ons stick hulle vir gratis kos en slaap plek vir n paar jaar dan kom hulle uit en vermoor nog van ons geliefdes

Jannie van Niekerk ·

Elke enkele een wat daar teenwoordig was moet aangekla word vir moord want nie EEN het iets probeer doen okm dit te voorkom nie. Kla sommer ook die oragnsieerders aan want hulle het dit doelbewus beplan.

Suzette ·

Hoekom kan hierdie moordernaars nie summier toegesluit word nie – al die bewys is mos daar. En die spul wat die voertuig op die oorledene wou omrol – word hulle van poging tot moord of moord aangekla? Was dit nou iemand van die minderheidsgroep was die klaar in die tronk.

Deonne ·

Die Gemors, hulles sal nooit verander nie. gaan lees maar gerus na oor die Cato Manor slagting in 1960,
skaars twee maande voor die “Sharpeville slagting”. dit laat mens wonder.

Johann ·

Kry die organiseerders ook voor stok. Hulle het bloed op hulle anargis hande! Maar hey….dis bloot net nog statS wat MADHATTER voorlees asof dit normaal.is! RamPapoza ae EDEN waar al en almal in belê……ja shure! Met n lekker stywe “kommisie” in die bankrot ANC se sakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.