Clover-moordsaak: Nog ʼn verdagte vas; borgtogaansoek aangehoor

Die oorlede Terence Tegg. (Foto: Facebook)

Die borgtogaansoek van Lesiba Mantsi, die derde beskuldigde in die Clover-saak, sal na verwagting Woensdag begin.

Die SAPD het ook aan AfriForum bevestig dat nog ʼn verdagte op 17 Mei in hegtenis geneem is in verband met die moord op Terence Tegg, die oud-Recce wat tydens die Clover-staking vermoor is, asook poging tot moord op JJ Cassanga, een van die wagte wat ernstige beserings tydens die brutale aanval opgedoen het. Vyf verdagtes is dus tot dusver in hegtenis geneem.

Mohale Shokane en Nkosinathi Mbatha se aansoek om borgtog is reeds op 19 April deur landdros Karien Brits in die Tembisa-landdroshof van die hand gewys. ʼn Datum vir die borgtogaansoek van die vierde beskuldigde is nog nie vasgestel nie.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan tans, kragtens ʼn waaksaamheidsopdrag, vir Michele Bebbington by wat verloof was aan Tegg, asook vir die Cassanga-familie. Die privaatvervolgingseenheid sal weereens die borgverrigtinge bywoon om te verseker dat geregtigheid geskied.

Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle op 17 Februarie vir Tegg, ʼn oud-Recce, en Cassanga by ʼn Clover-aanleg in Johannesburg met klippe bestook het.

Michelle Bebbington woon die hofverrigtinge van die beskuldigdes by. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Tegg en Cassanga was veiligheidswagte wat deur Clover aangestel is om sy aanleg in Johannesburg te beskerm ten tyde van die betogings. Tegg is op die toneel dood verklaar, terwyl Cassanga in die hospitaal opgeneem is. Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Bebbington het vroeër gesê sy worstel met kwade gevoelens oor die brutale moord op Tegg.

“Ek is baie kwaad oor sy dood. Dit is só ʼn vermorsing van lewe en so onnodig. Dit voel so sinneloos, ek verstaan dit nie.

“Ek verstaan nie hoe mense so min respek vir iemand, enigiemand, se lewe kan hê nie – dermate dat hulle bereid is om iemand van agter af oor die kop te slaan en dan aan te hou slaan wanneer die persoon op die grond is en nie ʼn bedreiging inhou nie. Dit is barbaars.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

Beskuldiges in hierdie tipe geweld moet GEENSINS borgtog kry nie!

Hayntjie ·

Ekskuus vir die volgende vraag. Gedurig word na die man as oud recce verwys. Waarom? Was hy nie te jonk om ʼn oud recce te wees nie? As ek reg is, is die Recce afdeling wat tydens die vorige bedeling op die grens gedien het destyds al ontbind. Die nuwe spesialis eenhede in die ek word nie Recce genoem nie? Ek sal ʼn regstellings van my bekrompe kennis waardeer asseblief

JohanR ·

Hayntjie vra net ‘n vraag van iemand, en dan ‘n antwoord as moontlik. Hoekom die drie af duime?

hpven ·

Hayntjie, 32 Battalion ook genoem Buffalo Battalion is ontbind. Recce eenheid bestaan steeds en van hul lede is tans in Mosambiek bedrywig. Hoop dit beantwoord jou vraag.

Althes ·

My hart gaan uit vir sy geliefdes. Dis ñ wrede sinnelose moord soos baie ander in SA.
Moordenaars moet 50 jr tronkstraf kry in plaas van 25jr.

JM ·

Ken net een uitkoms: MOOR!! Hoe verskriklik gaan dit in hierdie land!

Nie Verbaas ·

Laaste paragraaf van berig n presies opsomming van sekere mense.

Heinrich ·

Die predident het sy mond vol oor ‘n dronk student wat op ‘n ander een se goed urineer maar hieroor is hy doodstil. Silence means consent.

Deon ·

Dis waar maar ook op die ander kant, effe tong in die kies maar baie skokkend, as hy wil kommentaar op alle moorde dan gaan daar nie genoeg ure in n dag wees vir hom nie

Pierre ·

Is ons nie ook nou veronderstel om te gaan toi toi en goed te breek en brand nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.