Clover sluit fabriek in Lichtenburg

Lichtenburg. Argieffoto: ANA

Die suiwelgroep Clover sluit tans sy aanleg in Lichtenburg in Noordwes weens voortgesette swak dienslewering in die omgewing.

Die aanleg – bekend as die grootste kaasfabriek in Suid-Afrika – gaan nou na Queensburgh in Durban verskuif. Minstens 330 mense gaan glo egter weens dié skuif hul werk kwyt wees.

“Clover het reeds bedrywighede in Queensburgh en die eThekwini-munisipaliteit het bewys dat hy dié werksaamhede ondersteun,” het die suiwelgroep Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring ondervind die fabriek in Lichtenburg al jare lank water- en kragonderbrekings terwyl omliggende infrastruktuur nie deur die plaaslike munisipaliteit onderhou word nie.

Clover sê voorts die kwessies kon ondanks talle pogings om hierdie aangeleenthede met die munisipaliteit uit te klaar, nie opgelos word nie.

“Dit het kaasproduksie, wat ʼn deurlopende proses benodig, negatief beïnvloed, en dit is nie meer volhoubaar vir die onderneming om vanuit Lichtenburg bedryf te word nie.”

Cilliers Brink, DA-LP en skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake, sê die ANC-beheerde Ditsobotla- plaaslike munisipaliteit moes alles in sy vermoë gedoen het om die water- en kragonderbrekings aan te pak wat Clover se bedrywighede oor die jare negatief beïnvloed het.

“Maar die ANC gee nie om nie – hetsy vir beleggings en werk wat deur maatskappye soos Clover verskaf word, of die 330 mense wat nou hul werk sal verloor.”

Hy sê dit is geen geheim dat ANC-faksies in Noordwes tans in ʼn stryd gewikkel is oor wie toegang tot  belastingbetalers se geld het nie.

“Dieselfde patroon van hebsug en vernietiging wat Clover uit Lichtenburg verdryf het, is te bespeur in Kgetlengrivier, Madibeng, Lekwa, Maluti-a-Phofong en Johannesburg.”

Volgens Brink verdryf die ANC se beheer oor plaaslike regerings die ondernemings wat die munisipaliteite onderhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Antjiepat ·

Sjoe dis bitter hartseer… waarheen gaan ons land? Is ons nog op ons kniee? 330 mense wat nou hul werk verloor… 330 gesinne en dit terwyl Covid ook nog gevoel word aan almal se sakke. Ek het nie woorde nie, ek kan net vir julle bid…

Pieter ·

Ons moes lankal standpunt in geneem het teen die anc kommuniste. Hoekom moet ons betaal vir dienste wat nie gelewer word nie. Laat die anc vir daai drie honderd mense werk gee. Jy kan ry net waar jy wil die anc land lyk en ruik soos n vark hok.

Bart-Man ·

En so sal dit gaan totdat ons nie meer melk,brood of n eier kan kry om te koop nie.

Tubac ·

Miskien moet hulle oorweeg om in Orania n fabriek te begin. Legio voordele.

Misky ·

Ek wonder soms of hulle nie aspris dinge so laat agteruitgaan totdat daar absoluut NIKS meer oor is nie. Hulle weet een van 2 dinge gaan gebeur:
1. Ons gaan weer van vooraf begin opbou en regmaak wat gebreek is; of
2. Ons gaan net landuit gaan en ander heenkome soek.
In albei gevalle gaan hulle bly wees en dis wat hulle wil hê

Ian ·

Wat vir my so goed is is die feit dat die mense wat soveel skade veroorsaak nooit its oorkom nie. Hulle is onaantasbaar. Hulle kan skuldig bwvind word en word geskors maar met salaris… REGTIG?

Belinda ·

en steeds stem mense vir die ANC….
ten danke aan hulle dat meeste van hul eie mense sonder werk op die einde gaan sit.
Dit is verskriklik hartseer om te sien hoe hierdie pragtige land stuk vir stuk afgebreek word.

Genis ·

Tree vir tree, word alles afgebreek, en vernietig… Die het ver rykende gevolge… Die toekoms is nie die visier, wat vooruitgang betref. Hulle wil nou plunder en nou alles he… so word die soustreine gery… en ja, niemand word verantwwordelik gehou nie… Afican national Corruption seevier…

marius ·

Behalwe werksverliese gaan diegene wat suiwel lewer ook onder . Viva !

Susan ·

Elke dorp in Noordwes se munisipaliteite is in haglike kondisie, daar is nie meer geld om enige onderhoud te doen in die dorpe nie, die paaie is vrot van die slaggate, so waarom sal ‘n munisipaliteit nog probeer om ‘n eens lonende besigheid of fabriek aan die gang te jou!? Dis net ‘n raaisel dat die bankrot munisipaliteite nog rade en burgermeesters aanhou? Waar kom die geld vir hulle groot salarisse vandaan? Aangesien daar geen werk van hulle kant af is nie, kan hulle mos netsowel afgedank word!

Pietertjie ·

En só gaan alles tot niet, terwyl die blinkes nóg blinker word, en nóg minder gepla is. Hulle word nog deur politiek beskerm, wat ook tot niet sal gaan. Dán eers sal die paw-paw deur die fên vlieg!

Jacques ·

En met die volgende verkiesing stem hulle maar weer vir die ANC!!

Samuel ·

Kan enigiets goed gebeur in ‘n ANC beheerde munisipaliteit? Alles móét eenvoudig vernietig word en nou dat mense hulle werk verloor gaan die cANcer nog nie wakker word nie. Die blaam vir werksverliese en gevolglike armoede gaan vierkantig voor Clover se deur gelê word.

absoluutgatvol ·

Uhm en ‘n direkte impak op Munisipale inkomste ook. Sterkte maats!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.