Clover-werker bly afgedank ná ras-opmerking

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Deur Tania Broughton, GroundUp

Die arbeidshof het ʼn voormalige werknemer van Clover se aansoek om heraangestel te word ná hy ʼn rassistiese opmerking oor witmense op sosiale media gemaak het, van die hand gewys.

Waarnemende regter Narini Harilall het in die arbeidshof in Durban bevind dat Nhlanhla Christopher Makhoba se afdanking geregverdig was, nadat hy in 2017 op Facebook geskryf het, “Witmense moet almal doodgemaak word”.

“Makhoba se optrede gaan verder as om net rassehaat aan te moedig – dit vereis dat mense wat aan ʼn spesifieke groep behoort, vermoor word,” het Harilall in haar uitspraak gesê.

Makhoba het hom tot dié hof gewend nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) beslis het dat daar wel gronde vir sy afdanking was.

Hy het die kommentaar destyds op Eyewitness News se Facebookblad gemaak. Hy het toe vir Clover gewerk en ʼn ander gebruiker het Makhoba oor sy stelling gepak.

“Sê jy in jou persoonlike hoedanigheid of as werknemer van Clover dat alle wittes vermoor moet word? Ek weet nie eers hoe jy ʼn spanleier [by Clover] geword het met jou gewelddadige gedagtes nie.”

Die maatskappy het tugstappe teen Makhoba geneem en hom daarvan beskuldig dat hy rassistiese kommentaar op sosiale media versprei en nie in belang van die onderneming optree nie.

Tydens verskeie tugverhore het Makhoba ontken dat hy ooit die opmerking gemaak het en gesê die kommentaar is geplaas nadat iemand sy Facebook gekaap het.

Clover het egter daarin geslaag om bewyse van sy optrede te bekom en hy is afgedank.

Makhoba het hom kort daarna tot die KVBA gewend, waar hy erken het dat hy die kommentaar geskryf en gepubliseer het.

Makhoba se verweer was dat die stelling buite werksure op sosiale media geplaas is, dat dit nie op enige spesifieke persoon of onderneming gerig was nie en dat hy nie bewus was van Clover se sosialemediabeleid nie.

Hy het bygevoeg dat hy dit gedoen het weens sy liefde vir die ANC en oudpres. Jacob Zuma wat glo gebuk gaan onder verbale aanvalle.

Richard Lyster, kommissaris van die KVBA, het egter beslis dat daar wel gronde vir sy afdanking is.

Lyster het gesê dit is afstootlik om te vra dat een rasgroep doodgemaak word, veral in ʼn land met Suid-Afrika se geskiedenis.

“Daar is geen verskoning vir ʼn opmerking soos hierdie nie, en die feit dat dit buite werksure gepubliseer is, maak geen verskil nie.

“Dit is onbetwisbaar dat Clover mense van alle rasse in diens neem, daarom kan daar nie verwag word dat die maatskappy iemand aanstel wat in die openbaar versoek dat al die lede van ʼn rasgroep doodgemaak word nie,” het Lyster gesê.

Die Durbanse arbeidshof het onlangs weer Lyster se beslissing bekragtig.

Harilall het op hersiening van die saak gesê dit is alombekend dat ʼn werknemer verantwoordelik gehou kan word vir sy optredes buite werksure en dat daar ʼn standaard van etiese gedrag is wat ten alle tye gehandhaaf moet word.

“ʼn Werkgewer het ʼn verantwoordelikheid om ʼn veilige werkplek vir al sy werknemers te bied, en hy kan dit nie doen as ʼn werknemer se gedrag die veiligheid van ander bedreig nie,” het Harilall gesê.

“Terwyl hy beweer dat hy sy president [Zuma] liefhet en voel hy word deur ander aangeval, is daar geen bewyse dat hy enigsins deur iemand anders uitgelok is om die kommentaar te lewer nie.

“Boonop was hy oneerlik en het geen berou getoon nie.”

Lees GroundUp se oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Rooikopheks ·

Wanneer sal dit gebeur? Die lys is so lank en die howe so agter met sake, seker nie in hierdie millenium nie.

Anel ·

Nou hoekom gaan hy nie sommer ook tronk toe of word beboet nie? Dit is wst met met blankes gebeur? Hy moet nêrens werk kry ook nie!!!

Tiptol ·

Presies Anel, hy moet tronk toe. As die lelike k woord gebruik word gaan die persoon tronk toe. Hierdie is netso erg, indien nie erger nie. Hy hits moord aan.

piet ·

Laat dit maar ‘n les wees vir die baie “undercover” rassiste ook. Jy gaan uitgvang word eendag……..

koos10 ·

Ironies genoeg het Zuma se aanvalle van sy eie geledere gekom. Amper soos Malema wat die wittes haat, omdat die regering sy mense faal.

JohanR ·

Die mal een met die rooi beret wag net om die word te gee. Hy het moet eenkeer gese wit mense moet aangeval word, maar die tyd is nog nie reg nie,

Rooikopheks ·

Sekere mense kan sê en doen en dans soos wat hulle wil, het seker ń uitnodigings briefie gehad.

Johan ·

Dankie tog iemand in n hof het die lig gesien en die regte besluit geneem ongelukkig is daar nog duisende daar buite

AH ·

Gebeur gereeld met my…………….Ek verstaan byna nooit waaroor nie!

JohanR ·

Wie gaan dan die werk in SA doen, en amper al die belasting genereer en betaal?

Blikke ·

Hy moet dalk gaan hoor of “sy liefde” nie dalk n ou joppie iewers vir hom kan losslaan nie…..

H.A. ·

Die hele land maar nie malema nie. Net die skape, nie die kroonwild nie.

Di ·

Ja al die jongetjies wat nie eers weet waaroor als gaan nie. EFF breinspoel die arme spul

annie ·

Die baie wit melk het hom dalk aangetas. Hoe lyk dit met Coke aflewering. Soveel gesonder…

Jywilwat ·

Haatspraak is ‘n kriminele oortreding. Hy hoort in die tronk!

Sarel ·

Goeie nuus asn die een kant asn die ander kant kyk.ons na
Ander perdone wat vir minder ‘n groter straf gekry hrt

Frank John ·

Verbaas om te sien dat ‘n nie-blanke ook rassisties kan wees. Gewoonlik is net blanke mense rassisties. Dis wêreld wyd. Een ding is seker, ek is moeg om altyd die rasistiese kaart te sien val. As jy nie weet waarom jy behandel word soos jy behandel word nie, al is dit om enige ander rede, gooi hulle die rasisme kaart. Ek sien self mense van SA in ander lande simpatie kry deur dié kaart te gooi. Ek het ook groot geword met buite toilets en in sink huisies gebly. Selfs geslaap onder ‘n canopy elke aand vir ‘n tyd. Niemand in die wêreld het gesê dis oor ek onder rasistiese druk was nie. Niemand het my minder bevooreg genoem nie of “vooraf agter-geblewene” nie. Ek het nie gaan staan op ‘n hoek en bedel nie. Daar was ‘n tyd dat ek en my vrou en kinders blikkies en bottels opgetel het om te oorlewe. Nie gebedel nie maar plan gemaak. Maar het later vir al my kinders se opleiding betaal, voertuie gekoop en selfs toe hul al gewerk het nog studies betaal om nog hoër te kwalifiseer.

Jr ·

My hoed af vir jou en dis mense soos jy wat n sterk land sal maak. Murg in die pype

MakersMark ·

Mooi man. Sien jou by die robot. Ongelukkig betaal ek reeds miljoene in belasting elke jaar so ek het nie geld om in die blikkie te gooi nie.

Nico ·

Die blankes word altyd sleg gemaak oor rassisme, ek stem saam dat hierdie persooon vervolg word, hulle kan mos nie rassiste wees nie. Weet hy ooit wat beteken rassisme en waar kom die woord vandaan.

Di ·

Dis reg! wat goed is vir die een is goed vir die ander ook. Dink mos hulle kan se en maak nes hulle wil, Rooikappie stel mos die voorbeeld. Miskien kan hy ‘n werk by EFF gaan kry.

Jackie ·

En ons hoor gereeld dat net witmense rassisties kan wees. Hierdie uitspraak moet aan die groot klok gehang word.

Jack ·

Nog n voorbeeld van haat teenoor ons mense. Hoekom word hy nie krimineel vervolg nie of word dit maar goedgepraat deur sy touleiers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.