Coca-Cola stig reusetrust vir opkomende boere

landbou-mielies-pexels

Foto: Pexels/Pixabay.com

Coca-Cola Beverages SA (CCBSA) het Dinsdag aangekondig dat hy ʼn trust van R400 miljoen begin het wat spesifiek ten doel het om histories benadeelde en opkomende boere asook kleinskaal verskaffers te ondersteun en hulle sodoende te help om volwaardige deelnemers in die landbouwaardeketting te word.

Velaphi Ratshefola, CCBSA se besturende direkteur, het gesê die Mintirho-stigting se trustfonds sal ʼn reuseverskil maak deur finansiële bystand, opleiding asook ontwikkelingsbystand te verskaf aan mense was histories benadeel is asook aan kleinskaal verskaffers, veral dié wat insette in die CCBSA-waardeketting maak.

“Die CCBSA se koopkrag, tesame met dié van winkels en ander sakeondernemings wat dieselfde as ons dink, sal help om ʼn volhoubare ekonomiese verskil in die lewens van die begunstigdes te maak. Die stigting wat ons nou van stapel stuur het ten doel om ʼn nuwe soort sakeverhouding tussen ons en swart opkomende boere en verskaffers te bewerstellig – een waarin ons nie net hul produkte koop nie, maar hul ontwikkeling aktief van die vroegste stadiums ondersteun,” het Ratshefola gesê.

Hy het verder gesê CCBSA sal meer as net kliente wees. “Ons sal vennote wees in ʼn poging om te help om nuwe, swart verskaffers te help groei en sodoende landbou in ons land te verander en om op dié manier aandag te gee aan sommige van die pynlike nalatenskappe van ons verlede.”

Die R400 miljoen sal in inkremente van R80 miljoen betaal word tot en met 2021. Die eerste inkrement is reeds verlede jaar betaal.

Die fonds sal daarop gefokus wees om sleutelkwelpunte soos reuselenings, hoë rentekoerse en kaptitaalbesteding te verlig.

Ander rolspelers in die bedryf sal ook kan bydra mits hul benadering die stigting se waardes en doelstellings weerspieël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Santie ·

Coca cola kon nie ‘n fonds stig vir die boere wat besig is om onder te gaan agv droogte en moorde maar hulle kan fondse gee vir opkomende boere.. Dankie coce, maar ek sal julle nie weer ondersteun, sien duidelik waar julle prioriteite lê

Stem sam ·

Ek is geneig om met jou saam te stem Santie, en so kom ons agter waar hulle prioriteite lè.

Klippies ·

Onthou net dat Coca Cola maak ook Fanta, Sprite ens. ens

Santie ·

Ek is verseker klaar met coce. Sal hulle nooit weer ondersteun

Pieter ·

Gaan net oor een kleur (swart) en die word bevoordeel bo almal.
Dit sal nou weer rassisme wees as so praat maar nie anders om nie.
Het coke baie jare ondersteun , stem saam Pik moet maar ophou coke drink.

Christo ·

SAB het so Trust vir opkomende boere wat van hulle kompetisie kommissie skuld erkenning bevinding af kom,Coce Cola loop nou dieselfde pad.

GM ·

Ek wonder wat gaan die manne nou saam met hul brandewyn drink…

Soetdruiwe ·

Julle moet nou begin wyn drink en die wynboere ondersteun :D

Wat? ·

Enigiemand wat “voorheen benadeeld” was is nou al grootmense en gevestigde burgers van hierdie land. Die “nuwe opkomende” boere het in die “bevoordeelde nuwe Suid Afrika” grootgeword en het absoluut niks wat teen hulle tel nie of hulle keer om suksesvol te wees nie.

Jammer Coka Cola – jul produkte sal ek nooit weer aanskaf nie – want dit is blatante diskriminasie teen die “huidige onbevoordeelde minderheid”.

As jul nie vir almal dieselfde voordele wil gee nie, en net mik op ‘n spesifieke persone is dit diskriminasie.

Martin ·

Dankie, ek is ook nou genees van Coce en al hulle produkte.

Hasiedrukker ·

Dit sal jou gesondheid baie goed doen, bly weg vir altyd.

Anoniem ·

Die fonds is net vir swart boere. Koop nie coke produkte nie.

Bly weg ·

Ja bly ver weg vir jou eie gesondheid, nie net vir hulle politieke agenda nie.

Piet Pompies ·

Beslis ‘n stap in die regte rigting, enige volhoudbare proses van werk skepping is goed vir ons land en ekonomie en dit is wat ons nou nodig het. Hier in ons omgewing is daar ook ‘n opkomende boer, sy blank met ‘n ystervuis, sy trek nog swaar want die staat se bydrae is maar skraal.

Robert ·

Wonder aan wie word die geld betaal en of dit ooit uitkom waarvoor dit bestem is.
Die kans is goed dit land ook in ń bodemlose put van selfhelp en diefstal.

Smurfie ·

Coke maak elkgeval net vet! Ek het ophou coke drink en al 5kg verloor.

Alida 2 ·

Help nie om Coca-Cola alleen te los nie. CCBSA bottel meeste van die koeldranke.
Ek word ook kwaad en voel te na gekom. Is wel nie verheen benadeel nie maar huidig benadeel.
My man het na 1994 sy werk verloor. ”To male and to pale”.
Ons boer nou, maar is kleinskaal voorsieners. Dit is 1 van CCBSA se kreteria maar nou is die trust fondse net vir swart.
Dankie Vader vir U leiding aan ons elke dag. Tot nou kon ons deur moeilike omstandighede en voorspoed nog altyd ons verpligtinge na kom en gaan nooit honger slaap nie.
Ons is so geseën sonder om bakhand by die regering te staan.

Cheers Coca Cola ·

TIPIES > weereens wie is die grootste gebruikers van COCA COLA?? Die voorheen benadeeldes? Coke het NIKS gevoel vir die blankes wat gebuk gaan onder ERGE Droogte nie .. boere wie se vee dood le op die lande omdat hulle niks meer het om te eet nie en die boere se fondse uitgeput is sodat hulle nie eers voer kon koop nie .. WYS JOU NET . almal gaan tekere omdat Australie aan BLANKE boere ‘n aanbod gemaak het maar almal ondersteun die toestaan van hulp aan VOORHEEN BENADEELDE boere .. ek sal ook maar seker maak dat ek nie weer Coca Cola koop of drink nie . en ja . ek weet dit is meeste drankies .. maar dan moet ek dit maar nou laat staan . en alhoewel Coca Cola dit nie gaan agterkom as EK ophou nie . weet EK ten minste ek ondersteun nie hulle rassistiese poging om net ‘n sekere etniese groep te BEVOORDEEL nie!

Mollie Strydom ·

Ek sal twee keer dink voor ek weer Coke of enige van hulle ander koeldranke koop. Daar is duisende bestaande boere regoor SA wat sorg dat daar kos op ieder en elk van ons tafels is en wat gebukkend lei onder die droogtes! Wat nog van die boere wat vermoor is se families wat agter gebly het en swaar kry? A nee a Coke, as julle geld wil uitgee, gee dit vir die bestaande boere asook dan vir die opkomende boere! Daar sal NOOIT liefde en vrede wees in hierdie land terwyl daar onregverdigheid op sulke groot skaal is nie! Alles wat word net gegee en gegee aan die swart volk en die wittes, wat hierdie land gebou het, word in die tande geskop!

Chris ·

SAB het ook so trust/maatskappy om opkomende boere te ondersteun.Snaaks genoeg ook gestig na die kompetisie kommissie se aanklag

Maro ·

Sterkte aan Coca-Cola. Dis baie geld om in die water te gooi….

Spyt kom te laat ·

Ek stem 100% saam met jou Marco. En spyt kom te laat. Daai miljoene rande gaan in die water gegooi word.

Johanna Botha ·

Sal baie verbaas wees as die uitkoms anders is as al die reeds bewyse van mislukking oral …ons gesels weer na julle pogings oor so 3 jaar ;)

marianna ·

Het hulle al grond vir al die boertjies wat CC wil help. ?

Eish ·

Aan die een kant van die munt is dit goed dat hul betrokke raak vanweë die regering se totale onvermoë en kapasiteitsgestremdheid ten einde grondhervorming die afgelope kwarteeu te laat werk. Afgesien daarvan dat die miljoene nie op belasting betaal gaan word nie en dus uit die fiskus sisteem is, is dit uit n suiwer produktiwiteits oogpunt beter dat die privaatsektor dit bestuur. Hopelik vaar hul beter dan die korrupsievrot staat.
Besighede is geneig om hul seile te span volgens die windrigting ten einde persepsies gunstig te stem en voordeel te trek daaruit.
Een van die doelwitte van BBEE was dan ook juis om die hele struktuur van die privaatsektor verteenwoordigend te maak van die bevolking. Dus met n swart besturende direkteur, gaan daar hope meer simpatie en konstruktiewe deelname aan regeringsaksies wees van Coca Cola se kant.
Die probleem is dat ons as blankes in ons maai in verarm deur die beleid. Daar is reeds 640000 verarmde blankes en die syfers groei met 7500 per jaar.
Dit is dus n goeie idee om dan liefs ondernemings te ondersteun wat ons lot meer simpatiekgesind is. Nie deur bekbeinsings nie, maar daar waar die tyre die teer slaan, met doelbewuste optrede soos byvoorbeeld om te help met goedkoop behuising in blanke plakkerskampe.

Brenda ·

Ons boere het nooit beurse/trusts nodig gehad om bo uit te kom nie. Hulle het van een bank na ‘n ander gegaan tot een wou help. Op skuld gekoop waar hul kon en af betaal. Hul was nie gehelp en geondersteun nie. Hierdie geld van coke gaan na duur motors toe gaan. Geen sent gaan reg aangewend word nie.

Toeka ·

Coca-Cola is al van die 80’s af betrokke by die agtergeblewenes. Verbaas my glad nie.
Gelukkig drink ek nie enige gas koeldranke nie.

Pynlike nalatingskap ·

Coke praat van n pynlike nalatingskap, maar ek onthou soos gister hoe hulle onder die ou regering gefloreer het, hoekom het julle nie onttrek soos Volvo nie?

Kleintjie ·

Coke is self verantwoordelik vir pynlike nalatingskap van miljoene regoor wereld wat diabetes, vetsug, tandeverrotting en vele ander siektes aan lei.

Nicky ·

Dankie, maar vir die laaste keer Coke gekoop. Dis nou klaar, water en aanmaak koeldrank of sap. Ek ondersteun verseker nie uit vrye wil “swart bemagtiging”nie…………

Monopolie kapitaal ·

As die EFF al ooit gewonder was oor monopoly capital moet hulle na hierdie maatskappy kyk. Hulle dreineer winste regoor Afrika, en moet nie as n entrepreneur eers probeer om op hulle mark te tree nie…

Hennie ·

Ja nee ek het nou net my laaste coke produk weg gegooi. Moet se brannas en pepsi proe darem nie te sleg nie!!!! Nee wat jare coke gedrink maar dis nou verby. Waar was coke toe die wit boere die land bewerk het en produkte aan hulle verskaf het? Waar was coke in toe die boere deur droogtes gaan en nie sent geld gehad het nie? Sien al wat dit vir my se is dat dit nou weer rasisties is. Wie was al ooit benadeel wat nou leef? Nee wat al ons mense het opgestaan skool toe gegaan n pakslae gekry as ons stout was. Ons het gaan werk vir wat ons wil he. Maar nee hulle wil als verniet he!!! Lig jou jou bas en gaan WERK.

Gupta ·

Ek sien iemand gaan nou weer eers n vet troue he voor dai geld gebruik gaan word vir boere.

ANEL ·

Ja ne en dit is nou glad nie rassisties nie. Kan ook nie se ons moet Coke nie meer ondersteun nie, want saam staan met ons is ook ‘n probleem.

Vliegende Struisvogel ·

Ons is getallegewys onbenullig. Ons koopkrag stel niks voor.

Mens moet ons eie techstars.com “bootstrap” (helaas ken ek geen Afrikaanse woorde hiervoor). Maw, begin met die rieme en toue gereedskap wat jy tuis het. Besighede soos Google, Facebook en AirBnB was gebootstrap. Letterlik NUL geld gehad. Luister na hul verhale. Die oprigters het ‘n kamer gedeel met 4 ander, en geleef van pap en ryswater. Dit is “bootstrap”.
Ons moet ‘n “techstars” begin in ZA. As die struktuur daar is, en daar is commitmint van die oprigters, en ons het 3 of 4 ondernemers suksevol begeleid, dan kan ons die Europese Unie om steun vra. En dan kan ons ons goedgesindes hier benader. Glo my maar.. hulle strooi nie met geld.

Marietjie ·

Daar was n hele paar jaar gelede n studie beurs by een van ons universiteite wat gespesifiseer het dat dit net vir blanke studente was Dit is in die howe beveg en ongeldig en rassisties verklaar Nou kan Coke Cola geld skenk wat net vir swart bemagtiging gaan So gaan die dubbele standaarde maar net aan

Boepens ·

Kan daar nie maar dan n “Trust” gestig word vir Witmense wat graag uit die land uit WIL gaan nie. Miskien kan die regering ons daarmee help ???
Want hier gaan niks van ons of die land oorbly nie !!!!!!!!

Boerenooi ·

Ek wonder of die Coca Cola Company (hoofkantoor – Amerika) bewus is van so ‘n aksie… en of dit hul goedkeuring wegdra. Basies wys hulle dan nou vir België en Australië ‘n toffie – in my leke opinie

Bokkie Roets ·

Probeer gerus Pepsi Max. As dit by smaak kom is daar baie min verskil tussen Coca Cola en Pepsi Max.

Ella ·

Wil hulle nie sommer Coke ook weggee nie. Aangesien hul sòooo graag weggee.

Oom Kalahari ·

Is dit nou nie opregte diskriminerende veltog van CC af nie en bevoordeling op hoogste vlak. Waarom dan nie skenkings doen aan die verskeie Landbou Unies nie, wat ordentlike voorleggings en terugvoerings sal kan maak waar alle rassevan boere bygestaan word. Almal wil die blanke net vertrap en verarm. God slaap nie. Ons mense mowt kyk op winkel rakke van watter boer se produkte is en jou eie ondersteun of direk as jy kan. Ek sal boere se produkte aanry vir hul na direkte kopers en kliente. Het kode 10 met PDP en soek waar ek behulpsaam kan wees. Laat weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.