Coetzee bedank as SAMV-voorsitter

Dr. Angelique Coetzee

Dr. Angelique Coetzee het as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) bedank.

Volgens die SAMV het Coetzee die aankondiging Donderdagaand tydens ʼn SAMV-raadsvergadering gemaak. Sy sal as ʼn gewone lid van die raad aanbly.

Mvuyisi Mzukwa, ondervoorsitter van die SAMV, sal as tussentydse voorsitter dien terwyl daar oor ʼn plaasvervanger vir Coetzee besluit word.

Dit volg nadat die SAMV vroeër vandeesweek om verskoning gevra het oor uitlatings wat Coetzee tydens ʼn onderhoud op CapeTalk gemaak het. Sy het in die onderhoud op 26 Januarie uitlatings gemaak oor toelatingsvereistes by mediese skole.

Coetzee het onder meer gesê die proses is hoogs verpolitiseer en dat mediese fakulteite raskwotas het vir voornemende mediese studente.

Die SAMV het hom van Coetzee se uitlatings gedistansieer en gesê dat haar uitlatings nie die etos van die vereniging en die demokratiese beginsels waarvoor dit staan, verteenwoordig nie.

Coetzee het hierna om verskoning gevra vir haar uitlatings.

Mzukwa het vroeër vandeesweek gesê die SAMV se raad meen dat Coetzee se interpretasie van die toelatingsvereistes verkeerd is, en dat toelatingsprosesse vir mediese studente baie meer verwikkeld en deeglik is as wat na haar mening gestel is.

“Die raad is ten volle bewus van die feit dat die streng toelatingsvereistes bedoel is om die voorsiening van slegs die hoogste gehalte mediese professionele kundiges vir die land te verseker. Die SAMV erken verder dat toegang tot mediese skole ʼn hoë vlak van akademiese prestasie oor die hele spektrum vereis, en dat alle kandidate wat gekies word vir toetrede tot die mediese skool onder meer op meriete en vermoë gekies word.”

Die SAMV het gesê hy het begrip vir die pynlike geskiedenis van Suid-Afrika, en het daarom empatie met die seer en woede wat Coetzee se uitlatings veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Swerwer ·

Sy het die waarheid gepraat. Almal weet dit is die Regering se siening en implementering. Maar die waarheid mag mos nooit gespreek word of seëvier nie, Dit gaan so in al die Industrië.

AW ·

Dame Jy weet wat die Waarheid is !!

Jy het die Waarheid gepraat!!

En jy betaal nou die prys vir daardie Waarheid !!

domheks ·

Dr Coetsee ek stem 100% saam met jou! Jy moes nie eers omverskoning gevra het nie!

Witbaard ·

Dis die waarheid. Maar malemma kan sê wat hy wil en niks gebeur met hom nie.

Bernard ·

En nou kan sy vrylik bieg oor haar rol in die skandalige “Covid” propaganda-saga.

Jacobus ·

Sy is presies die gehalte persoon wat ons nie kan verloor nie. Maar- die met etiek en karakter spring nie vir toutjie trek morone nie.

Anoniem ·

O’ wee tog as jy net die waarheid praat. Die wêreld is een siek bedrieglike plek.

AndrewL ·

So word almal wat die waarheid praat op die kantlyn geplaas.

Daar is baie studente wat weggewys word op grond daarvan dat hul wit is – ten spyte daarvan dat hul die beste kwalifikasies het.

Dit is net nog ‘n politieke sirkus.

casper ·

Ja nee — Sy mag nie die reine waarheid op die radio vertel nie want dit is onaanvaarbaar !!!

Blanke kinders met 6 onderskeidings HG word weg gewys terwyl swart kinders met 2 aanvaar word –

Daar is DEFINITIEF poliek en kwotas wat toe gepas word !!!

Janine ·

My dogter het 6 onderskeidings in matriek 2020 gehad. Verlede jaar BSc biological sciences by Tukkies geswot (Manier on in medies te kom as jy nie eerste keer inkom nie). Afsnypunt om aanvaar te word in medies na eerste semester was 84%. Sy’t 83% gehad. Tweede aanvaarding in Augustus was sy ook nie aanvaar nie. Studente met 70’s is in. SAMV praat NONSENS!! Dit gaan beslis nie oor meriete en vermoë nie. Dr Coetzee praat die reine waarheid. Tukkies is belaglik. (ON)gelukkig is my dogter een van dié wat ‘n diep passie vir geneeskunde het. Sy gaan ‘n dokter word, want sy wil mense help. Hartbrekend dat studente met swakker punte aanvaar word, en die wat hard werk ongelukkig
deur die sisteem ontneem word van ‘n regverdige kans. Daar is absoluut GEEN deursigtigheid nie.

RB ·

Janine, aanhouer wen!
My neef het keer op keer nie keuring gekry by elke universiteit waar hy aansoek gedoen het. Hy het nooit gaan lê nie.
Jaar na jaar aansoek gedoen terwyl hy BSc studeer.
Uiteindelik nadat hy meestersgraad in farmakologie geCum het, word hy gekeur by Kovsies.
Vandag n briljante dokter in Potch want hy WIL n dokter wees vir die mense, nie vir geld of status.

Piet Snot ·

Byt vas, meisiekind. My dogter sou nooit in ZA toelating gekry het nie; nou studeer sy in België gratis.
Ek’s ernstig oor die “gratis” deel. Oop vir almal; jy moet net ‘n toelatingseksamen slaag.
Daar word jou kleur nie teen jou gehou nie.

Miskruier ·

Ek weet van iemand wat nie meer verpleegsters wil oplei nie, het ook haar roeping opgegee.Politiek hoort nie in geloof, mediese sorg, onderwys, polisieëring ens nie.

SjN ·

Dr, jy is reg, hul wil nie die waarheid face nie, hoekom omverskoning vra?

Misky ·

Die prys wat ons blankes moet betaal vir die waarheid praat oor hulle “hartseer geskiedenis”.

200 Jaar van nou, gaan hulle dieselfde deuntjie sing

Casper ·

Kyk maar watter dokters is die suksesvolste na hulle klaar studeer het.Hierdie berig is deurspek van teenstrydighede.
1 Word gekies op meriete en vermoë,nonsens
2 Die proses is verpolitiseer en ras kwotasie word gebruik,dit is so.Sy sal nie iets kwytraak wat nie so is nie.
3 Kyk wie neem waar en maak julle eie gevolgtrekkings.

Marius ·

Dr. Coetzee , die waarheid maak seer. Dit is net bitter jammer ons regering gaan met oogklappe deur die lewe. Dit is n “one way” , hulle kan se net wat hulle wil maar die teendeel mag nooit gese word nie
dan is dit onvanpas . Regtig ????

Herman ·

Die regering gaan beslis nie met oogklappe deur die lewe nie. Hierdie proses word noukeurig bestuur. Dit is die strategie. Swem paddatjie, swem… Die water begin kook…

VaalDonkie ·

Dis dieselfde Dr. Coetzee wat in ‘n onderhoud gese het “Omikron is baie matig hier in Suid-Afrika, maar baie ernstig in Europa. Dis mos wat julle wil he ek moet se!” Lyk my sy’t nie op haar bek geval nie.

Mallie ·

Dankie dat iemand bereid is om die waarheid te praat, ons sien dit elke dag. Alles is n gemors.

Sêmaarnet ·

Kan ons sien wat die innames vir die afgelope 5jaar was en wat hul persentasies was? Ras ingesluit. Dis mos hoe ons sal weet wie praat die waarheid.

Hendrik ·

Ons weet almal wat aangaan by die universiteite en ons is nie dom nie. Ons moet feite reguit en akkuraat weergee.

JM ·

Ons leef in die tyd waar die leuen seëvier: reg is verkeerd en verkeerd reg. Laat ons nooit die waarheid ontken nie.

Ludwig ·

Dr. Coetzee is absoluut korrek. Ek weet persoonlik van keuringsprosedure, waar wat sy vermeld, toegepas was. Net jammer sy moet verskoning vra en as voorsitter bedank net om nog deel van die Raad te bly. Die SAMV Raad moet hulle koppe in skaamte laat sak.

Sandra ·

Haar uitlatings moet tog in ‘n mate waar wees, want oral gaan dit so. Hulle het seker nie verwag dat wat hulle in privaat vergaderings kwytraak ooit die lig sal sien nie. Nou distansieer hulle hulself. Seker nou skaam kwaad. Good for you Mev Coetzee oor jy eerlik was.

Genis ·

Kyk waar is die land met die standaarde wat tot op hulle vlak moes daal…. hierdie “entitlement” speel nie so lekker op my TV nie

Althes ·

Sy het die waarheid gepraat en kon nie langer stilbly oor die diskriminasie teen wit mense nie.
Die Staat se kriteria skend menseregte en diskrimineer teen ñ velkleur – naamlik wit.
Wat het van menseregte geword wat die afgelope 20 jaar so fel internasionaal geword het?
Ek hoop haar boodskap word internasionaal aan die groot klok gehang.

Papsak ·

Dr jy is reg hoekom kan Malemma se en doen wat hy wil maar hy kom niks oor nie sy uitlatings teenoor ons is darem on aan vaarbaar moenie omverskoning vra nie jy is reg en praat waarheid so moenie sleg voel nie

krodedil ·

Dis die rede waarom ek my dokter reg kies gebaseer op my waardes, ras en kwalifikasies.

Annatjie ·

Dit is beter dat jy bedank het. Ek is oortuig dat jy deur baie organisasies verwelkom sal word omdat jy eerlik en opreg jou mening uitgespreek het.
Talent soos joune word nie agter elke bos uitgekrap nie en talentvolle mense soos jy sal nooit ledig wees.
Mag jy net sukses en voorspoed verder ervaar.

Raadsman ·

Toelatings vereiste vir blankes is 89%.
Toelatings vereiste vir swart is +- 60%. (Hang af van belangstelling)
Dan word alle universiteits kostes vir swart studente deur SAMV betaal.
Rasse diskriminasie duur voort op ‘n groter skaal en blankes sal uitgewerk word so ver moontlik – beleid van ANC en Ramaposa.

Lood ·

So, ‘n mens mag nie meer die waarheid praat nie dan kom jy in die moeilikheid.

Kloekie ·

Angelique praat die waarheid. Daar word definitief teen
Wit kinders gediskrimineer.

Nico ·

Was dit nie die einste dr. Coetzee wat vir dr. Susan Vosloo aangevat het toe sy die waarheid uitgespreek het oor die vaksien en Covid nie?

Jakes ·

Coetzee verdien n medalje. Net jammer dat sy verskoning gevra het.

Antonk ·

Kan hulle asb net die verlede uitlos nie?Dit was nie ons wat dit ingestel het nie,maar wat doen hulle nou?

Pieter9 ·

Kom ons begin ons eie privaat mediese skool; ek het ‘n invloedryke studie-groep in Europa ons soek’ funding’ vennote en Dr Coetzee is die Rektor.

Chris ·

Ek ken die dame nie persoonlik nie. Ek het haar nog net op die TV gesien en gehoor. Sy is die enigste werklike bate van die organisasie. As ek sy is stap weg. Sy is gekomprimenteer.

efjy ·

Kan nie glo dat sulke bog redenasies eers in die berig genoem word nie. Vra die persoon om die kwota bepalings uit te spel sonder nikssegende argumente.

Ria ·

Ons almal weet dit, hoekom mag ons dit nie sê nie. N ligte student met 7 onderskeidings in matriek us laas jaar afgekeur, maar dit donker student, wat op sy stertnate deurgeskraap het, word toegelaat. Dis n skreiende skande

Jr ·

Hoekom vra u verskooning as dit die waarheid is. Het dit beleef met ons kinders op varsity. Disgusting to bow down to Nebuchadnezer

Samuel ·

Dr. Coetzee het ‘n ongemaklike waarheid vertel. Omdat sy eerlik is/was, moet sy die prys betaal en die weg baan vir ‘n BEE ongekwalifiseerde persoon. Alles in SA is ‘n hemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.