Coetzee bedank ook as raadslid van SAMV

Dr. Angelique Coetzee

Dr. Angelique Coetzee, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV), het volgens die raad nou ook as raadslid van die vereniging bedank nadat daar begin is met tugstappe teen haar.

ʼn Herrie woed die afgelope paar dae ná Coetzee se opmerking teenoor ʼn radiostasie oor toelatingsvereistes by mediese skole. Sy het onder meer gesê die proses is hoogs verpolitiseer en dat mediese fakulteite raskwotas het vir voornemende mediese studente.

Die SAMV sê nou hoewel hulle ontevrede was met dié uitlatings, die vereniging nooit van plan was om verdere stappe te doen nie. ʼn Daaropvolgende onderhoud met die radiostasie RSG het die raad egter warm onder die kraag gehad en daar is besluit om tugstappe te doen.

Die SAMV het hom aanvanklik van Coetzee se uitlatings oor raskwotas gedistansieer en gesê dat dit nie die etos van die vereniging en die demokratiese beginsels waarvoor dit staan, verteenwoordig nie. “Die raad was ongelukkig met Coetzee se uitlatings, maar het na ʼn verskoning daaroor die saak as afgehandel beskou,” het dr. Eddie Ngwenya, nuwe ondervoorsitter van die SAMV, by navraag aan Maroela Media gesê.

Coetzee het Donderdagaand, ná die omstrede onderhoud oor raskwotas, by ʼn raadsvergadering van die SAMV as voorsitter bedank, maar steeds as raadslid aangebly.

Sy het die volgende oggend in die radio-onderhoud onder meer bevestig dat sy as raadslid gaan aanbly en het gesê die SAMV-vergadering was nie hoofsaaklik om die rotasie van direkteure te bespreek nie, maar om ʼn memorandum van inkorporasie – oor hoe die raad se voorsitter en ondervoorsitter gekies word – te hanteer.

Volgens Coetzee het sy ná ʼn ure lange vergadering besluit om as voorsitter te bedank, onder meer omdat sy gemeen het die raad wil sekere besluite teen regsadvies neem.

Sy het ook gesê die vereniging het talle e-posse ontvang van mense wat benadruk het dat haar stelling oor die toewysing van studiegeleenthede korrek was, maar dat dit nie in ag geneem is nie.

Nadat sy Vrydag die radio-onderhoud toegestaan het, het die raad besluit om Coetzee in haar hoedanigheid as raadslid te skors. “Die raad het dit [die onderhoud] gesien as onvanpas vir iemand wat nie die amptelike woordvoerder is nie.”

Volgens Ngwenya het die SAMV gemeen Coetzee veroorsaak verdeling en dryf ʼn narratief waarmee die SAMV hom nie wil assosieer nie.

Daar is besluit dat Coetzee aan ʼn tugverhoor deur ʼn onafhanklike ondersoeker onderwerp sal word, waarna ʼn aanbeveling aan die raad gedoen sal word.

“Intussen is sy as voorsorgmaatreël as lid van die raad geskors,” sê Ngwenya.

Hy het Coetzee bestempel as ʼn kollega vir wie hy “groot agting” het.

Volgens hom het die raad Sondag ʼn e-pos van Coetzee ontvang waarin sy ook as raadslid bedank, waarna daar geen nut meer vir ʼn tugproses was nie.

Sy bly egter steeds ʼn gewone lid van die SAMV, sê Ngwenya.

Coetzee het nie dadelik op navrae gereageer nie. Sy het vroeër gesê kwessies moenie oor ras of politiek gaan nie, maar oor wat die beste is vir dokters en die algemene publiek wat deur hulle behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

VaalDonkie ·

Ai tog. Een van die min mense wat ek respekteer het in daai vereniging.

piet ·

Jy’s bewus daarvan dat sy een van die grootste voorstanders van Covid-inentings is ne?

VaalDonkie ·

Jip. Ek respekteer haar omdat sy bereid is om reguit en eerlik te wees.

VaalDonkie ·

My eerlike standpunt rondom die prikkie is as volg: Ja, dit werk. Maar teen watter koste?

Wat in die mRNA keer dat jou liggaam nie teenliggaampies vervaardig wat die res van jou ge-infekteerde selle se proteine as kwaadaardig beskou nie?

Watter sekerheid het ons dat daar nie oor ‘n jaar of twee begin outo-immuun toestande uitkom nie?

Waarom moet mense wat glad nie in gevaar is vir ernstige siekte nie, loop sit vir ‘n inspuiting? (dis nou omtrent alle mense onder 45 en veral kinders).

Waarom moet mense soos ek wat Delta oorleef het en heel moontlik al Omicron gehad het, gaan sit vir ‘n inspuiting as daar geen voordeel is nie?

Neelsie ·

Die voordeel is dat as jy die inenting gekry het dit onwaarskynlik is dat jy in die hospitaal, of nog erger ICU sal beland.

Cherokee ·

Praat jy korttermyn of langtermyn, Neelsie? Waarskynlik bedoel jy dit slegs op kort termyn. Lang termyn skep vrae.

Carolina ·

Jy moet asseblief ophou met al die boosters Piet want dit affekteer jou denkwyse!!!

domheks ·

MMMMM, dit is omdat die dokter die waarheid gepraat het dat almal nou engele is. Vriende van my se seuns het uitstekende punte behaal, maar is geweier (net omdat hulle wit is). Moenie nou ewe skielik onskuldig pleit nie!

Chris dupreez ·

Deur die waarheid te praat trap sy ongelukkig op n paar tone. Gelukkig maak haar interegiteit vir haar meer saak as n possisie op die raad

Deon ·

Die waarheid maak seer, en daarom mag dit nie gedeel word nie….hulle het haar “getug” oor sy nie die vereniging se amptelike woordvoerder is nie…. So sy kan nou in haar privaat hoedanigheid ons beter inlig oor wat daar aangaan, of hoe

Philip ·

Dr Coetzee jy het die steun van duisende mense in SA en wat die SAMV betref julle is soos die anc. wat verwag dat jy polities korrek moet optree kry vir julle die middel vinger.

Bertie ·

In hierdie land mag jy nie meer die waarheid praat nie. Dis algemene kennis dat mediese fakulteite (en ander ook) rasteikens najaag. Tot universiteitskoshuise het raskwotas. Dit word deur almal so stilweg aanvaar, al weet almal dis omgekeerde diskriminasie. Hoekom mag dit nie hardop gesê word nie?

Misky ·

Dankie Dr Coetzee, jy het die eerbare ding gedoen en alles wat reeds gesê is, kan nie ongesê word nie. Ek glo Afriforum en Solidariteit sal nou attempt wees op die aansoeke deur blankes en ons groot geraas maak te danke aan jou.

Boon ·

Dr Coetzee het geen oortreding begaan nie. Die raad weet baie goed sy het bloot bevestig dst studente keuring aan politieke kriteria,soss ras geskied en nie meriete nie. Om hssr te skors en te intimiderr is laakbaar, nog te mer omdat sy vroulik, wit en Afrikaans . Dat sulke onlrofesdionele gedrag in die mediese beroep geduld word, is n asnklsg teen die raadslede wat haar nie ondersteun het nie. Tenslotte, oortuig hiedie voorval dat die landburgers nie die voorgenome Nasionale Gesondheid Stelsel kan ondersteun nie, want dit sal die gehalte mediese vernietig weens die “leiers” se politieke sgenda wat belangriker is as hul Hippoktates eed.

Nommer 7 ·

In SA word ‘n dwaas wat politiek korrek is, hoër geag as ‘n wyse wat die waarheid uiter

VaalDonkie ·

Mens wonder of dit nie eintlik gaan oor haar uitlatings oor Omikron nou die dag nie. Sy’t mos gese dis nie so erg soos wat die EU wil he dit moet wees nie.

Johan ·

Sy het ook gesê dat as jy nie ingeënt is nie jy GEEN regte het en in jou huis opgesluit behoort te word. Ek sê maar net, jy vergeet maar gou wie sy werklik is.

Henry ·

So 2 of 3 jaar gelede was daar n Indier vrou met uitstaande punte nie toegelaat by n universiteit vir dokters graad nie. Ek dink sy het oorsee gegaan om verder te studeer.

Papsak ·

In hierdie land werk dit so jy mag nie warheid praat nie dan word jy verwyder maar a s jy saam met hulle lieg en goed toe smeer dan is jy sharp

Veri ·

Elkeen wat praat oor wit verwydering sal self wit verwyder word.

Nommer 7 ·

Toe ‘n familielid so 18 jaar gelede net-net keuring gekry het met 104% in matriek ( 20 ste in Wes-Kaap) was daar 600 eerste jaar mediese studente. Meeste 50 persenters. 114 Van hulle het op die ou einde klaargemaak (blankes, bruines en Indiers). Net een was ‘n swart student. Indien keuring nie polities was nie, sal baie meer dokters elke jaar kwalifiseer.

VaalDonkie ·

Sjoe ja. Ek het nog nooit rerig daardie aspek in ag geneem nie.

Jacobus ·

Hierdie is. ‘n bewys hoe bekwame mense ge-“cancell” word as popmeesters toutjies begin trek, nie noodwendig oor die feite nie, maar met aktiewe “dumbing down”. Respek DR.!

Owlie ·

Die waarheid slaan hard! Dr Coetzee die wêreld het respek vir jou en om weg te draai maak van jou die goeie ware geleerde men’s. Kom ons kyk teen April/Mei hoeveel van hierdie baie belangrike aanvaarde studente wat groot studie lenings kry se studies is betaal, hoeveel studeer werklik en hoeveel het op geskop en gee die instansie en wêreld die skuld Op die ou end maak nie saak hoeveel hardwerkende jong mense se lewens word verwoes nie, die waarheid is al wat belangrik is Jong mense wat nou voel of hulle op hul kniee is, julle sal weer bo uit kom Dr Coetzee hiu jou kop hoog.

SjN ·

Dr Coetzee, jammer om van u kundigheid en insette as raadslid te verloor, stuur hul na n warm plek toe, jy het hul gelukkig nie nodig nie, die waarheid maak seer en hul kan dit nie face nie, dit is hoekom dit gaan soos alles waarby die kaders betrokke is, vervalle en geplunder.

Suzette ·

Sy praat net die waarheid, nou gaan sy aan ‘n tugverhoor onderwerp word. malemma kan sê wat hy wil en hy kom bokkerol oor… absoluut belaglik!!

FrikkievV ·

Coetzee is vervang met Ngwenya… dis maar eintlik waaroor dit gaan.
Ek lag ook solank jou narratief die huidige geur van die dag is dan is dit mos reg, en die ander perspektief outomaties nie. Narre.

Ria ·

In hierdie land het vryheid van spraak n vreemde betekenis. Sy is natuurlik reg

Jr ·

SY IS REG EN DIT KAN BEWYS WORD. STUUR HULLE IN HULLE PIEKIE EN GAAN OORSEE WAAR JY AANVAAR SAL WORD. Everyone knows it is the truth. We are not all blind or stupid like they think

Di ·

Gelukkig gaan die “meerderheid” deur hierdie “dokters” behandel word as hulle eendag klaar geswot het.
Ek sal beslis eerder by my keuse van ‘n dokter bly.

Chris ·

Ek ken nie dr Coetzee persoonlik nie. Haar net almop die TV gesien. Sy het ‘n indruk op my gemaak nie dat ek iemand is om te beindruk nie. Ek het die harde manier geleer en leef nou streng daarvolgens. Dit is moeilik om ‘n bekgeveg met ‘n wyse persoon te wen. Dit is baie moeilker om ‘n bekgeveg met ‘n dwaas te wen. Stap weg. Moenie jouself verneder en jou standaard verlaag nie. Deur enigsins in ‘n bekgeveg betrokke te raak verloor jy jiu waardigheid. As jy saam met die honde lê, vreet die vlooie jou.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

……noumaar druk julle ou joppie waar die son nie skyn nie. Beste van als is, sy was reg, maar so werk die ANC maar mense met integriteit weg, veral as hulle reg is en die waarheid praat. ANC haat die waarheid veral as dit vanaf ñ blanke kom!

Johan ·

Sy was dalk reg, maar sy was ook BAIE verkeerd met haar benadering oor c19. Dalk maar beter dat sy wai.

AmY ·

En dis wat met jou gebeur wanneer jy die waarheid praat. Ek glo daar wag iets baie beter vir jou, dokter Coetzee.

Salome ·

Dankie dr Coetzee vir die integriteit wat jy aan die dag gelê het om die waarheid aan die lig te bring. Die keuringsproses is baie onregverdig. Dit blyk ook nou aan die standaard van gekwalifiseerde dokters. Dit is deels hoekom die staatshospitale in so ‘n benarde toestand is. Konsultante praktiseer privaat en laat die werk oor aan die interns en gemeenskapsdiens dokters. ‘n Konsultant by Rob Ferreira bedryf een van sy privaatpraktyke by Nelspruit MediClinic. Hoe word dit toegelaat? Mense soos Dr Coetzee moet vorendag kom met die waarheid.

Chris ·

Almal weet dat dit nie handel oor die “rasse” uitlatings nie, maar omdat sy berig het, dat sy onder druk was om nie bekend te maak dat Omicron ‘n ligte infeksie veroorsaak. Dit blyk dat haar grootste sonde die ontbloting was van die waarheid.

Dirk Mostert ·

Dis nou tipies! Na hoeveel jare is sy nou skielik ongelukkig oor toelatingsvereistes. Ek sal haar egter onthou oor haar rol in die plandemie.

pieter ·

Die lefties in ons land wil dit nie hoor nie , hulle het ander agendas wat hulle nastreef ,
Kyk wat gebeur in America.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.