Coetzee gaan vir eers op praktyk konsentreer

Dr. Angelique Coetzee

Dr. Angelique Coetzee, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV). gaan in hierdie stadium op haar praktyk in Pretoria konsentreer.

Sy het Donderdagaand as voorsitter van die vereniging en Sondag as raadslid van die SAMV bedank nadat ʼn herrie losgebars het omdat sy vroeër in ʼn radio-onderhoud onder meer gesê het raskwotas geld steeds vir voornemende mediese studente.

Talle SAMV-lede en lede van die publiek het intussen hul steun aan Coetzee toegesê en Maroela Media het betroubaar verneem verskeie van die vereniging se lede het glo reeds bedank weens die raad se hantering van die kwessie, terwyl talle ander hul misnoeë daaroor te kenne gegee het.

Maroela Media het vroeër berig Coetzee is voorlopig as raadslid geskors nadat sy Donderdag as voorsitter bedank en ʼn paar uur later ʼn radio-onderhoud toegestaan het. Volgens dr. Eddie Ngwenya, ondervoorsitter van die SAMV, is Coetzee daarna as raadslid geskors omdat sy nie ʼn amptelike woordvoerder van die SAMV is nie en haar opmerkings verdeling veroorsaak het.

Sy sou aan ʼn dissiplinêre proses onderwerp word, wat nou deur haar bedanking onnodig geword het, het Ngwenya gesê.

Coetzee word beskou as ʼn uiters gerespekteerde lid van die mediese beroep en het tydens die Covid-19-pandemie groot bewusmakingswerk onder medici en lede van die publiek gedoen.

Te midde van die herrie het Coetzee Dinsdag gesê sy gaan haar “e-posse probeer inhaal en saam met haar kinders kuier”.

Sy bly steeds betrokke by die SAMV-tak van die Noord-Gautengse streek. “Ek gaan ook ondersoek instel na ander platforms waarby ek betrokke kan raak om brandende gesondheidskwessies te pak, soos wat ek by die SAMV gedoen het.”

Coetzee sê afhangende van hoe gebeure verloop, sal sy ook besluit of sy haar in die toekoms weer verkiesbaar sal stel vir die SAMV-raad. “Die SAMV is vir my baie belangrik, want dit is ʼn platform waardeur ons verandering kan dryf. Wat besig is om te gebeur is vir my baie sleg.

“Daar gaan geen wenners vir die SAMV in ʼn dissiplinêre proses wees nie. Die grootste verloorders sal die vereniging se lede wees.”

Coetzee het die afgelope ruk steun uit talle oorde gekry nadat sy haar oor die keuringsproses by mediese fakulteite uitgelaat het. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het onder meer in reaksie op die herrie gesê mense wat die waarheid oor die toelatingsbeleid praat, word gestraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

casper ·

Almal wat daar is — Ondersteun haar aub.
In die land wat op die russiese kommuniste party se denke geskoei word is dit absoluut ontoelaatbaar om die waarheid te praat sonder dat jy nagekom en vervolg word vir dit.
Word wakker blanke Suid Afrikaners !!

Grassie ·

Die goeie dame het ‘n reuse fout gemaak. Sy het die waarheid gepraat en onbillikhede uitgewys. ‘n Mens doen dit nie in hierdie land nie, die peoples verdra dit nie. Jy moet liewers lieg. Die Bybel leer vir ons wie is die Vader van die waarheid en en wie is die vader van die leuen. Ons weet wie dien vir wie.

Johan ·

Baie dapper Afrikaner vrou. Ek salueer jou met die grootste respek. Ons sal moet opstaan vir wat reg is! Jy is ‘n voorbeeld vir ons wat so baie maar stilbly. Geniet jou praktyk en veral jou familie.

Trotse Boervrou ·

Ek sal oor die lengte en breedte van die land reis om haar praktyk te besoek. Mens sou hoop dat ALLE dokters so eerlik moet wees. Sy stel haar medemens eerste en veg vir hulle vir die beste, soos dit hoort. Belangrikste is dat sy nie haar siel verkoop nie. Dit vertel die volle verhaal.
Reuse respek dr Angelique, baie, baie dankie.

Jacobus ·

Sterkte Dr. Jy verdien ‘n voorspoedige professionele loopbaan. Soos die pediatriese kardioloog van die Kaap het u net een fatale fout begaan – eerlikheid. Respek!

piet ·

Nee, Dr Vosloo het twak gepraat en is deur mediese kenners wat vertroud is op die gebied van virusse en vaksienes, wat beter as sy weet, tereggewys.

Trotse Boervrou ·

piet, dalk moet jy nie al die twak wat die “mediese kenners” praat, glo nie. Dr Vosloo verdien dieselfde respek as Dr Coetzee.

VaalDonkie ·

Presies, antie. Ek respekteer bv vir Dr Coetzee alhoewel ek dink sy’s ‘n bietjie oorgretig met die inspuitings vir diegene wat dit nie nodig het nie.

Stofdonkie ·

Afriforum kan haar aanstel en hulle eie mediese vereniging op die been bring. Dalk een waar dokters aan behoort wat meer belangstel in mediese kwessies as in politieke kwessies. Hulle kan dalk meer gesels oor hoe om mediese kwessies aan te spreek in plaas van om net te probeer om die industrie swarter te kry.

piet ·

Goeie idee! Akademia moet ook so gou doenlik akkreditasie kry om mediese studente op te lei. Rig sommer ook ‘n kliniek op waar hulle hulle prakties doen, gaan bietjie kos maar ek dink die moeite werd op die lang duur. Maak dit ‘n plek van uitnemendheid.

AmY ·

Ek bewonderaar hierdie vrou. Sy is duidelik dapper en skroom nie om die waarheid te praat nie. Ek sal haar en haar praktyk vir almal aanbeveel.

VaalDonkie ·

Nou gaan ‘n paloeka haar pos oorneem en nou is ons verder in ons peetjie in. Maar ja, laat sy hergroepeer en dan besluit wat om volgende te doen.

Misky ·

Geniet die familie Dr. Angelique. Wereld se respek vir jou en waarvoor jy staan!!!

Robert ·

Sterkte Dr Coetzee. Dankie dat jy die korrupsie oopvlek en nie bang was om te praat nie.

Katvis ·

Baie dankie dr Coetzee dat jy opstaan vir die waarheid en ongelukkig betaal jy die prys daarvoor. Daar gaan ‘n tyd vir ons almal kom wanneer mens nie verder kan stilbly oor die ongeregtighede nie!

Ons salueer jou dr Coetzee

Catherina ·

Moet asb nooit waarheid in RSA praat nie. Jy kom nêrens nie!

Antoinette ·

Dis al jare so. ‘n Vriendin van my se broerskind het 8 onderskeidings behaal in 2020. Kon nie keuring kry nie en toe vir mediese wetenskappe ingeskryf in hoop dat sy na eerste ses maande of 2021 plek sal kry. Gemiddeld 90%. Sy kon nie einde verlede jaar keuring kry vir medies, tandheelkunde, arbeidsterapie, fisoterapie of radiofrafie nie.
Hoe verstaan mens dit? Dr Coetzee praat niks anders as die waarheid nie.

Wat Wou ·

Ons blankes word oral weg ge-wens.
Oral waar jy lees is dit Black dit en Black dat. Ons moet net soos Dr. Angelique Coetzee, opstaan en onself los sny (bevry)van die klomp onbekwame “peoples” en ons eie ding doen. Ons het der duisende goed gekwalifiseerde blankes met hope talent wat wit sake baie beter kan doen. Gee ons maar liewer dan ons eie tuisland en dan wys ons die onbekwames wat hulle in die jare van self ontwikkeling moes doen.

Anel ·

Bewys ons dan dat die dokter verkeerd is. Ek glo nie die spul kan nie. So dank maar eerder die wat die wasrheid praat af, of vermoor hulle sodat die waarheid nie kan uitkom nie en die liegbekke veilig kan bly. Sterkte aan jou dokter. Staan sterk.

JM ·

Bravo, dr. Coetzee! Ek salueer jou. Staan sterk, daar is talle wat jou ondersteun.

Papsak ·

BRAVO DR COETZEE DANKIE LAAT JY OP STAAN EN WAARHEID PRAAT ONS STAAN AGTER JOU DANKIE DAAR MOET MEER SULKE MENSE IN SA WEES WAT NIE BANG IS OM OP TE STAAN EN HULLE SE TE SE NIE

Jr ·

Kom ons ondersteun haar en maak haar skatryk, sodat sy hulle in hulle piekie stuur

Louis ·

Ons weet wat ons weet en ons staan agter u. Hierdie ongeregtigheid kan nie vir altyd duur nie. Akedemia is die antwoord, ons gaan uit blanke dokters hardloop. Mediclinic Potch sit klaar met net 3 anderskleurige interniste.

VaalDonkie ·

Sy wou ons almal opsluit en onder dwang inent, so my entoesiasme om haar te ondersteun is effe gedemp. Maar ek glo tog sy was beter as enige ou wat haar nou gaan opvolg. So ja, dis nou die stand van sake.

Samuel ·

Dr. Coetzee, ek salueer jou. Jy word geslaan omdat jy die waarheid praat, maar uiteindelik sal die waarheid seëvier oor die leuen.

Danie ·

Ja dis nogal belaglik dat iemand wat 50%kry kan mediese keuring kry en iemand wat 90%kry nie, kan jy jou voorstel die kwaliteit mediese sorg ons gaan he in die toekoms!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.