Coke sê minder suiker in koeldrank gaan nié oor belasting

Foto ter illustrasie. (Foto: The Coca-Cola Company via AP)

Coca-Cola Suid-Afrika het gesê hy het nie besluit om met sowat ʼn kwart van die suiker in sy koeldrank weg te doen weens belastingheffing op dié produkte nie, maar eerder op grond van gesondheidsredes.

Die maatskappy het besluit om suiker in sy drankies van 2016 te verminder, wat strook met die tydperk waarin die plaaslike regering aangekondig het dat hy beoog om drankies wat met suiker versoet word te belas.

Volgens Julie Cunningham van FTI Consulting, wat mediaskakeling vir Coca-Cola doen, is die vermindering van suiker in drankies deel van ʼn wêreldwye strategie wat gedryf word deur die behoefte en voorkeur van sy kliënte om ʼn groter keuse gebied te word. Daarom wil Coca-Cola suikervrye opsies oor ʼn wye reeks kategorieë vir sy klante beskikbaar stel.

Die voormalige minister van finansies Pravin Gordhan het in 2016 tydens die begrotingsrede gesê die nasionale tesourie beoog om drankies wat met suiker versoet word te belas om uitermatige suikerinname te beperk.

Maroela Media het vroeër berig Camilla Osborne, hoof van kommunikasie by Coca-Cola in suidelike en oostelike Afrika, het gesê die maatskappy in Suid-Afrika het oor ʼn tydperk van twee jaar die gemiddelde suikerinhoud in sy drankies met 26% verminder, heelwat meer as die 15% waartoe die bedryf hom bewillig het.

Die heffings vir gesondheidsbevordering is op 1 April verlede jaar ingestel en behels ʼn belasting van 2,1 sent per gram suiker op alle versoete drankies. Die basiese vrystelling geld dat die eerste 4 g suiker per 100 ml koeldrank belastingvry is as aansporing vir vervaardigers om die suikerinhoud in drankies te verminder.

Oor die afgelope paar jaar het ʼn aantal lande, waaronder Mexiko, die Verenigde Koninkryk, Ierland, Portugal, Frankryk, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate asook sommige Amerikaanse state, drankies wat met suiker versoet word, belas.

“Ons erken dat te veel suiker nie goed is vir enigiemand nie en ondersteun die huidige aanbeveling deur verskeie toonaangewende gesondheidsowerhede, waaronder die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), dat mense hul inname van toegevoegde suiker moet beperk tot nie meer as 10% van hul totale energie- of kalorieverbruik nie,” het Osborne gesê.

Die maatskappy sê hy het ʼn reeks suikervrye drankies en laekalorie-opsies bekend gestel. Om selfs meer gesondheidsbewus te wees, bied Coca-Cola ook verskillende groottes koeldranke aan om porsiebeheer toe te pas. “Ons bied ook beter pryse vir suikervrye drankies in Suid-Afrika aan,” het Osborne bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

emily ·

Daar is baie suikervrye koeldranke, hoekom het coke nou ook suiker verminder, daar is mos diet coke, suikervry en vele meer, Maar tog die prys is die hoogte in. Ek sal nie laat iemand vir my se Moenie coke drink nie, dis nie goed vir jou gesondheid nie. Ha, die plakkerskampme se rook is ook nie goed vir my nie.
Los my maar met my coke, sigaret, dis eintlik al slegte gewoontetjies wat ek het. lol
Ek het n groter kans om aan Crime dood te gaan as my gesondheid.

Sê net ·

@Emily – Jy is 100% reg. Wat help dit jy het hierdie gesonde liggaam gehad en misdaad het die lewe daaruit geneem. Ten minste met Coke en sigarette besluit jy hoe jy wil doodgaan.
Hulle sê mos goeie gesondheid is die absolute stadigste manier waarop jy kan doodgaan…

Bridget ·

Stem ek 100% saam met Emily daar is mos suiker vrye koeldrank dis mos elkeen se eie reg om te kies wat hy wil drink. Nee wat sal maar by Pepsi hou hello Pepsi koebaai Coke dit proe in elk geval nie soos dit jare terug geproe het nie

Sê maar net ·

Ag wat ‘n riem onder die hart dat Coca Cola so baie suiker gaan uitlaat in hul koeldranke juis oor gesondheidsredes en hul omgee na die welstand van hul verbruikers. Dit kan nie wees as gevolg van die nuwe suikerbelasting wet wat aangekondig is nie.

Martin ·

Almal wat koeldranke vervaardig met suiker in het die suiker inhoud verminder die oomblik toe die regering die suiker belasting ingestel het met die verskoning dat SAners te vet is. Bull. Gaan oor meer geld maak vir die regering en die koeldrank vervaardegers verminder hul ekstra uitgawes nou met minder suiker. Die regering en maatskappye moet ophou bull praat om ons n rat voor die oe te draai.

Elna ·

Ek was eens op n tyd vreeslik lief daarvoor om coke te drink tot en met ek in n megrain leier ontaard het en van daaraf mag ek glad nie coke drink nie weens die ” cafine” wat dit bevat en ek mis my coke seker omdat dit so ongesond en lekker is. Kyk na van die mense in die parlement ek wonder of hulle ook suiker belasting betaal?

Karolis ·

Ongelooflik dat die regering besluit wat ek mag eet en drink.

Gert van Wierdapark ·

Dis nou mooi Soet van Coke! Was hul bang vir streepsuiker?

Neels ·

Dit is nou slim van Coke verwyder die suiker uit die mengsl en sit kunsmatige versoeters in dan is hulle uitgawe minder en maak meer wins want nou is coke ook sommer duurder, glo die suiker belasting . Dan se hulle ook daar word na die mens se gesondheid gekyk die wat suiker verminder is, maar hulle se nie wat is die nagevolge van kundmatihe versoetets nie. Regtig baie wys van hulle

Judge Dredd ·

Ongeag jul redes – julle gebruik nou minder suiker dus betaal julle minder Taks – so hoekom het jul pryse vir Coca Cola vinniger gestuig as vir ander koeldranke?

lali van der Merwe ·

Ek vind ook ‘n probleem met die gas.. Ons winkel stuur vrek baie terug sonder gas en dan se hulle dis oor die suiker wat minder is??
Dink net coke is besig om ook te val…

Willie ·

Ja vertel ons hoekom Coke so buitensporig duur is? Minder suiker beteken minder koste?

Willie ·

Coke sit vir ons gerus “Coke Light on the Pocket” op die rakke.

khat ·

nou hoekom bring coke ook nie nou die prys af nie n aantal jare het coke gese suiker is die duurste bestandeel van koeldranke nou is daar nie suiker in nie en prys is skielik R21.99 in ketting winkels en amper R30 is vulstasie kafees

Klokgetse ·

Wie probeer hulle mislei.
Coke het suiker in AL hul produkte vermider en nou vervang hulle die res van die suiker met “Aspartame/Saccharin”. As jy dit nie kan proe dan is jy gevang. Gaan nie oor gesondheid nie want daai goed is giftig.

Inge ·

Dit is ons keuse wat ons wil drink! Die hele sparletta reeks is ook nou low kal, dit proe regitg sleg en nagemaak. Ek is baie teleurgesteld. Ek drink maar nou Pepsi en dan Kingsley.

RvH ·

Ek is nie groot op koeldrank nie maar geniet so dan en wan n paar glase Coke, Fanta of Creamsoda. Die oorspronklike, ordentlike Coke wat suiker en geen kunsmatige versoeters bevat nie, is nou, natuurlik, die duurste in die reeks. Dit is ook die enigste wat ek koop want ek HAAT enige en alle kunsmatige versoeters! Ek het al onwetend Coke, wat ek gedink op ‘special’ is, in my waentjie gelaai maar gelukkig het my man my daarop gewys dat dit dié met verminderde suiker inhoud en bygevoegde versoeters was. Nou maak ek seker. Ek het ook op n stadium agtergekom dat gewone (nie-dieët) Fanta nie meer dieselfde proe nie. By nadere ondersoek, natuurlik, gevind versoeters word bygevoeg???? Die oorspronklike lemoen Oros is ook nou opgemors met versoeters. Ai tog! Ek glo vas versoeters is groter gif as suiker. My opinie and I’m sticking to it!

koos ·

Ja Coke, en die Pous het ‘n harlem né. Wonderlik dat dit julle besluit saamval met die instelling van die belasting. Ek hoop regtig julle oë gaan oop, want julle kompitisie is rof.

Lerato ·

Coke soos enige maatskappy wil sy blink kant voorhou.
Toe ons kinders was, het ons coke se gasbottels ingeruil vir lekkergoed.
Tans stort hulle derduisende plastiek bottels op die aarde af.
Daar word gereken daar gaan in die afsienbare tyd meer plastiek as visse in die see sal wees.

Antie Koukakoula ·

Coca-Cola se dae is getel. Dis peperduur, skadelik (met al die bymiddels daarin), en dan proe dit ook nie meer lekker nie!
Daar is beter produkte op die mark…hulle moet maar verbyhou.

Kan nie glo nie ·

Ek stem ook vir die suiker in die coke ek kan nie meer coke drink nie want die ASPERTAM daarin maak my siek so wat so dat ek by Dr moet draai Jammer Coke ek dink jul gaan nou baie mense verloor

Tewie ·

Coke is soos Kelloggs Rice Crispies. Proe nie meer dieselfde maar vervaardigers luister nie na hulle kliente se klagtes nie. Kyk hoe staan die Rice Crispies op die rakke. Dit sal ook met Coke gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.