Colenso-taximoorde: Veiligheidswag in hof

Forensiese ondersoekers op die toneel. Foto: ANA.

Die veiligheidswag wat glo aan die koelbloedige Colenso-taximoorde verbind word, is Maandag op R1 000 borgtog vrygelaat.

Die staat het nie die verdediging se aansoek om borgtog teengestaan nie en die 35-jarige man, wat nog nie geïdentifiseer of afgeneem mag word nie weens die sensitiewe aard van die ondersoek, moet voortaan een keer per week by die Sydenham-polisiestasie aanmeld as deel van sy borgtogvoorwaardes.

Die man het in die landdroshof in Durban verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het 21 Julie omstreeks 20:00 naby Colenso in die KwaZulu-Natalse Middelande plaasgevind. Die taxi was op pad van ʼn begrafnis in Matimatolo in KwaZulu-Natal na Johannesburg toe onbekende mense uit die bosse langs die R74 te voorskyn gekom en op die taxi losgebrand het.

Volgens die nasionale polisie is 11 mense doodgeskiet en vier ander gewond. Een persoon het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Twee insittendes van die taxi is nie beseer nie. Die slagoffers was almal lede van die Ivory Park-taxivereniging in Gauteng.

Die aanval is wyd veroordeel en polisieminister Bheki Cele het ʼn spesiale taakspan saamgestel om spoedige inhegtenisnemings te verseker.

Die man staan tereg op een aanklag van die onwettige besit van 73 patrone vir ʼn AK47-aanvalsgeweer.

Die taxi waarbinne die slagoffers doodgeskiet is. Foto: AP Photo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wiekie ·

11 Moorde en ‘n magtige R1 000 borg? Maar moenie rook in publiek nie (LOL)

Wow! ·

R1000 borgtog vir 11 moorde! Klink na ‘n winskoop vir moordenaars. Net in SA. As hulle hom kan “verbind” met 11 moorde behoort daar nie ‘n manier te wees dat hy op borgtog kan uitkom nie. Wat is die kans dat hulle hom weer gaan sien? As dit ek was, was ek al lankal oor die grens.

marous ·

R1000 borg vir 11 lewens en besit van aanvalsgeweer en ammunisie ? Hy is sekerlik nie wit nie , anders was die strate ,skole , hospitale , busse en ook die see aan die brand gesteek .

leser ·

indien die veiligheidswag aangekeer is vir die aanval op die taxi (colenso area) waarby 11 mense dood is en 4 ander gewond is,
slaan dit my dronk dat hy op borgtog van r1000.00 vrygelaat is
nou is dit my beurt om te sê dat dit ‘n rassistiese beslissing was,
almal wat hier lees ken die insidente waar wit mense tronk toe is vir “BAIE” minder

Dewald Crous ·

Die doodskis twee is borg geweier en die een kry borg ,maak die regters hul eie reels op soos hulle aangaan

Skandelik ·

Janee jy maak ‘n ou wat oortree op jou plaas bang in ‘n kis en jy kry nie borgtog nie en gaan vir 14 jaar tronktoe, jy skiet 11 mense koelbloediglik dood en jy kry borg van R1000. Sjoe ons het ‘n fantastiese regstelsel, een om op trots te wees en een om te vertrou. WOW .. !

Henk du Toit ·

Skandelik daar is dubble standaarde dit kom by regspleging in SA. Moet asseblief net nie raak aan een van ons voorheen benadeeldes nie. As ‘n blanke n fisiese aanval afweer en wen het hy die aanvaller aangerand uit rassistiese oorwegings. Het die aanvaller gewen is dit regmatig want die blanke is maar net gestraf oor hy n rassis is. Ons heil lê nie meer in die regstelsel nie, privaat vervoging en die uitsluit van die SAPD by geskille waar ons beskaafdes betrokke is is maar die oplossing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.