Coligny-bejaarde in hospitaal ná aanval op kleinhoewe

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde man wat Woensdag op ʼn kleinhoewe deur vier verdagtes oorval en erg aangerand is, is so getraumatiseerd dat hy nog nie ʼn polisieverklaring kon aflê nie.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 16:45 op die plaas Kareebosbult buite Coligny plaasgevind. Vier verdagtes het glo twee werkers op die kleinhoewe oorval en by ʼn kantoor vasgebind. “Hulle het daarna die eienaar van die kleinhoewe, ʼn 76-jarige man, by die huis ingedwing en aangerand. Hulle het gevlug met verskeie items wat in die huis was.”

Die verdagtes het in ʼn wit Golf gevlug en die polisie se taktiesereaksie-eenheid is ingeroep. Twee verdagtes is op ʼn pad tussen Coligny en Potchefstroom vasgetrek. Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet.

Volgens Moleko is die eienaar van die kleinhoewe in die hospitaal opgeneem, maar dit is nie bekend of hy steeds in die hospitaal is nie. Moleko het gesê dit is nie in hierdie stadium duidelik watter items gesteel is nie, omdat die man nog nie ʼn verklaring kon aflê nie aangesien hy te getraumatiseerd is.

Moleko wou nie die man se naam bekendmaak nie, maar die Vryheidsfront Plus het die man op Facebook as Peet Nortjé geëien.

ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is g’n huisbraak ,dit is ernstige aanranding , huisbraak plus, plus . Indien die gemors se motor nie gesteel is nie moet dit vir skroot vekoop word en die geld moet aan die slagoffers oorbetaal word en daar moet gekyk word op watse bates nog beslag opgele kan word en dit moet ook verkoop word . Laat hulle ook begin skade ly. Uitvaagsels.

Theresa ·

Hierdie mense wat ander so oorval, verniel en traumatiseer, moet aan die wêreld vertoon word. Statistiek sal dan meer volledig/presies gehou kan word.
Ek hoop Afriforum het al hierdie geval ook op hul lys om deur te gee aan die organisasies waar hul deurbraak gemaak het en die onregte aangespreek kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.