Coligny-betogings: Twee vas ná kind se dood

Vragmotors wat deur betogers in Coligny in Noordwes aan die brand gesteek is (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn kind in Coligny wat gewelddadige betogings tot gevolg gehad het.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het bevestig twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die dood van die 12-jarige kind. Hy het die polisie geloof vir hul vinnige reaksie.

Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê die betogings in Lichtenburg hou glo met dienslewering verband, terwyl die geweld in Coligny met die dood van ʼn seun verband hou.

Volgens Mokgwabone het die seun glo Donderdag van ʼn bakkie afgeval of afgespring en ernstige beserings opgedoen. Hy is later in die hospitaal oorlede. Die gemeenskap was glo ontevrede omdat die polisie “niks doen” om die seun se dood te ondersoek nie, maar Mokgwabone sê ʼn geregtelike doodsondersoek is onmiddellik deur die polisie begin.

Die identiteit van die seun en die presiese omstandighede rondom sy dood is nog nie bekend nie en dit vorm deel van die polisie se ondersoek. Mokgwabone het gesê die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Mahumapelo het intussen ʼn taakspan aangestel om die gewelddadige betogings waartydens vragmotors, huise en polisievoertuie aan die brand gesteek en talle eiendomme beskadig is, te ondersoek. Die taakspan is op die been gebring om die betogende inwoners van die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit se klagtes te ondersoek. Hy het ook ʼn beroep op inwoners gedoen om kalm te bly en hulself van gewelddadige optrede te weerhou.

Die taakspan bestaan uit vyf LUR’e en twee burgemeesters en word deur Sello Lehari, LUR vir onderwys en sportontwikkeling, gelei. Die span sal vandag met verskeie rolspelers vergader en deurlopend aan Mahumapelo terugvoering gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Koos1 ·

Klink vir my na ‘n ongeluk of nalatigheid van die kind se kant. Is die persone gearresteer om die betogings te stop, omdat daar onvermoeë is van die staat om dit te stop?

ek ·

Waar is die kind se ma? Hoekom laat sy hom agter op n bakkie klim??

Marietta ·

Net soos wat jy sê Koos, die staat is nie in die vermoë om die betogings te stop nie, nou word die boere maar gearresteer.

Morne ·

Blykbaar is d kind gevang steel. Toe agter op d bakkie gelaai deur d persone wat hom gevang het. Oppad polisiestasie toe het d kind van d bakkie gespring en sy nek gebreek.

Eben ·

Baie van die kinders spring sommer op bakkies by stop strate. Wat moet jy doen om hulle af te kry? Gooi jy hulle af of as jy met hulle baklei dan is jy ook in die moeilikheid. Hoek voorkom die polusie nie dit nie?

cor ·

EBEN Sit vir jou n paar slange of n leeu of hond agter op dan sal hulle nie op spring nie of smeer die trap en deksel met gries as jy dan nie ander plan kan maak nie. Dit is jou voertuig jy besluit wie klim op of nie en waar sit die persoon wat met jou toestemming saam ry. Geen een mag vir jou voorskryf wie of wat jy oplaai nie.

Lindie ·

Dit is jammer dat die kind gesterf het. Dit is regverdig dat daar ‘n ondersoek moet wees. Na aanleiding van al die vandalisme is dit miskien tyd om geen passasiers agter op oop viertuie toe te laat nie. Dit gaan baie ellende spaar.

Johanna ·

Enige bestuurder wat toelaat dat n kind agter op n bakkie klim moet vasgevat word. dis onwettig en onverantwoordelik. !

Jannie ·

Johanna jy kom seker nie van n plaas af nie. Dis waarvoor ons as jong kinders geleef het om agter op die bakkie tesit terwyl pa boer. Neewat kind was nalatig of drywer.

Willie ·

Hierdie is nie protes nie, dis saakbeskadiging, poging tot moord en rampokkery… Ek is seker moeilikheid makers word aangery ook nog… Skande…

Lizanda ·

‘n Kind spring van ‘n bakkie af en sterf, toe brand hulle sommer die dorp af……..

cor ·

Polisie word geloof vir vinnige optrede? vinnig om twee blankes te arresteer maar nie vinnig genoeg om miljoene se skade te keer nie. Moes hulle eers wag dat daar genoeg geplunder en weggedra en afgebrand word voordat hulle besluit het dit is nou genoeg, kom ons gaan haal nou daai twee.

Elizabeth ·

Taakspan??? Wat is die nut van nog ñ taakspan? Is die polisie dan almal so onbevoeg om self ondersoek te doen en te onderhandel? Of is dit ñ geval van vinnige paar duisend rand vir die “taakspan”????

Sowaar!!!! ·

Ja nou dat alles afgebrand of geplunder is, is daar môre nog minder waarop hulle kan teer. Dink nie verder as nou nie. DIE GROOT PROBLEEM IS DIE BEVOLKINGSGRTALLE – DAAR IS NET NIE GENOEG VAN ENIGE IETS VIR DIE HELSE KLOMP MENSE NIE – PUNT!!!

PIETER ·

JAMMER VAN DIE KIND SE DOOD , MAAR HOE KAN JY IEMAND ARRESTEER VIR N GEREGTELIKE ONDERSOEK ? DALK VIR STRAFBARE MANSLAG MAAR NOG NIE GEHOOR JY WORD GEARRESTEER VIR G.O. VOOR HOF NIE BESLISSING GEMAAK HET NIE.

Elsie ·

Laat ek raai……..die wat in hegtenis geneem is, is wit…..

Pensioenaris, Koos ·

Waar ek woon gebeur dieselfde, hulle spring net op ( in getalle). As jy nie stop waar hulle dan weer wil afklim nie, word jy met die dood gedreig. Ek het ook al dan met opset ander roetes gevat met van hulle nog agter op, wanneer jy dan stadiger beweeg dan spring hulle sommer self af. (Soms val hulle, maar ek stop nie.) As jy ook kyk na die vullis verwyderings trokke moet jy sien hoe gevaarlik spring hulle op of af van die bewegende trok.

Cecil ·

Watter regdenkende mens redeneer so? Weens ‘n kind se dood (waarvan niemand nog 100% seker is wat gebeur het nie) moet ‘n hele dorp geplunder en verwoes word? Verwoes ons informele nederesettings as daar plaasaanvalle is? Waar is die ANC en die DA met hierdie onluste? Supra regtig? Hy ry maar te lekker op die soustreintjie. Hy weet presies dit is hul korrupsie wat aanleiding gee tot hierdie geweld.

Inge Zaaiman ·

Ons bly ook op ‘n plaas. Ons tel niemand meer op nie, hulle moet maar stap.

Willie E ·

Na aanleiding van die gebeure is ‘n taakspan aangestel om die gebeure te ondesoek. Die lede van die taakspan is egter besig met betogings so hulle is nie beskikbaar om te ondersoek nie. Die minister heta aangekondig dat nog ‘n taakspan nou aangestel word om die eerste taakspan se optrede te ondersoek. Daar is toe deur die presidensie aangekondig dat ‘n taakspan nu aangestel is om die minister se keuse vir die taakspan te ondersoek. Die taakspan sal gerugsteun word deur ‘n taakspan wat die ondesoekende taakspan sal rugsteun. Intussen het die minister van wet en orde aangekondig dat ‘n spesiale taakspan op die been gebring word om die optrede van alle betrokke taakspanne te monitor. Sou dit egter nie gebeur nie,is daar ‘n spesiale taakspan gestig om daardie taakspan te rugsteun in die uuitvoering van hulle taak……

Johan ·

Ek wonder ook wat gaan die klomp eet wanneer al die kos wat hul geplunder het op is. Daar is niks in Coligny om te gaan koop/ plunder verder om te eet nie. Wat gaan hul dan doen? Seker maar weer soos iemand vandag op sosiale media gesê het – bakhand staan met “kry-my-jammer-gesiggies”.

Elize C ·

Ons woon ook op ‘n plaas 25km uit die dorp, waarvan 12km erge grondpad is. Die plaaswerkers wil ook graag in die dorp kom na betaal-dag, maar het geen vervoer nie. Taxi’s vra belaglike reiskoste om uit te kom om hulle te kom haal. Wat moet hulle doen? Hulle vra maar gewoonlik tydens betaling of die huis-mense nie dalk die volgende dag dorp toe gaan nie, en indien wel, of hulle dan asb mag saamry heen en weer. Dit vat niks van mens af om hulle te laat saamry nie, soms word spesiaal gery, ongelukkig op ‘n oop bakkie ja. Ek is soms ook baie onrustig wanneer daar myns insiens te veel opklim, desperaat om in die dorp te kom (hulle wil nie vir mekaar inkopies doen nie) maar mens kruie maar aan teen 40 kpu, en hulle is bitter dankbaar. Selfs al ry mens net deur die dag gou om een of ander rede gou dorp toe, en mens ry verby ‘n plaaswerker wat langs die pad loop, is dit al gewoonte om net langs hulle te stop, sonder enige woordwisseling, dan spring hulle net dankbaar op, en in die dorp weer af. Selfs polisie-lede langs die pad draai maar ‘n blinde-oog, want hulle weet dit is al hoe die mense in die dorp kan kom. Meeste plase het ‘n tipe van “plaas-winkeltjie” by die huis, maar daar is steeds tog nog maar goedjies wat hulle soms self wil koop. Nie ‘n ideale situasie nie…..

Plaasjan ·

Dis jammer, maar boere moet maar meganiseer om hierdie probleem op te los. Gebruik opgeleide en verantwoordelike, eerder as ongeskoolde arbeid wat beter besoldig word en hul eie vervoer kan bekostig.

Onderstie ·

Kan ons dan die nedersetting gaan afbrand, omdat ons ongelukig is? Is dit hoe hier “gedink” word.

Bittergal ·

Kom ons leer nou vir die laaste keer dat dies wat altyd so graag agterop spring, van nou af sal loop.

Petrus ·

Mens moet seker wag vir die feite, as mens nog vandag die waarheid êrens kan kry. As die bestuurder skuldig is moet geregtigheid geskied.

Rasper ·

Hierdie voorval sal seker nou weer ver buite verband geruk word om die ani-wit agenda aan te blaas.

Vergelyk hierdie barbaarse optrede teenoor die gemeenskap van laasweek se Bronkhorstspruit tragedie waar 18 laerskoolkinders in ‘n taxi-ongeluk verkool is. Geen vandalisme of oproer daar nie. Hoekom?

Chris ·

Johanna, ‘n hond drink uit ‘n bakkie. Hy het van die trokkie afgespring.

Johann ·

Dis reg, die twee boere was met hom op pad polisiekantoor toe, toe spring hy.

Tray ·

My gebede aan al die mense geraak deur hierdie onsinnige barbaarse dade. Wat sou gebeur as ons dieselfde doen na elke plaasmoord en ander moorde. Die vermoe om te dink bestaan nie, net verwoesting en dan?

Johann ·

Ek lees nou elders die kind het van die bakkie afgespring toe hulle met hom op pad polisie kantoor toe was.

Teressa ·

Die kind is met n sak sonneblomme gevag. Boer hom agterkop bakkie laat klim om hom polisiestasie toe te vat. Oppad soontoe het die kind afgespring, en is toe later in die hospital dood.

Chris ·

Hierdie is barbaarse optrede wat nou deur HSM gedraai word om dit te laat lyk dat die blankes nou die oorsaak is.Lyk soos die Bell Pointinger strategie.

Francois du Toit ·

Die plaaseienaar wou glo ‘n klag by die polisie gaan lê en toe probeer die seun ontsnap en spring van die bakkie af. Nou is dit moord?
Mens wonder of die boere ‘n regverdige verhoor gaan kry ?

Klippie ·

Is die LUR van Onderwys regtig die beste kandidaat wat julle het om die “taakspan” te lei? Ons kabinet is mos verkies deur name uit ‘n hoed te trek vir elke amp, Geen kwalifikasies benodig.

Moord? Klink eerder asof geregtigheid geskied het vir die klein misdadiger.

Fly on the wall ·

Wonder maar net hoekom word dit nie ‘n fratsongeluk genoem nie..maar ons almal weet hoekom!!!

Akram ·

Chris, dis ook nie n trokkie nie…. LAW is die benaming… Net so tong in die kies.

Danie ·

Hulle weet nie wie die kind is nie en is nie presies seker wat gebeur het nie maar twee mense is in hegtenis geneem. Kon ons nie maar al die feite by mekaar kry voor ons stories skryf nie. Klink soos n facebook boodskap

Ben Potgieter ·

Hoekom roof en brand ons mede landsburgers nie stede wanneer taxi’s mense daagliks vermoor nie .Want die soort sterftes grens aan moord want dit kan verhoed word.Indien ons ander wetsgehoorsame burgers elke keer ‘n dorp moet verwoes wanneer plaasmense vermoor word wat gaan oorbly van die land.Het julle agter gekom dat die Polisie woordvoerders glad nie die verwoersting veroordeel het nie.Dis maar goed so.

Suzette Taylor ·

Weet nie veel van dié saak af nie , maar Haas Horries, onthou jy van die onlangse opspraakwekkende gebeure toe iemand ń vrou ń geleentheid gegee het agter op ń bakkie ( Nader sy diè aanbod om voor te sit, van diè hand gewys het) en daar was ń hok op die bakkie want hy vervoer bokke ( of so iets) met sy bakkie. Dit was groot nuus en die arme man is verguis oor sy goeie daad. ( diè feit dat sy in ń hok moes sit). Ek sal maar versigtig wees vir hokke op bakkies…………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.