Coligny-mans wend hul direk tot appèlhof

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte vroeër in die hooggeregshof in Mahikeng. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die regspan van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte van Coligny, onder leiding van adv. Barry Roux, sal hulle direk tot die appèlhof wend om teen hul skuldigbevinding en vonnis op moord te appelleer.

Dít nadat die mans se aansoek om verlof tot appèl vroeër vandag in die hooggeregshof in Mmabatho van die hand gewys is. Doorewaard en Schutte dien tans tronkstraf uit nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

AfriForum het vroeër aangedui dat hy die mans se appèlaansoek sal finansier, nadat die enigste ooggetuie in die moordsaak, Bonakele Pakisi, na bewering teenoor vier verskillende persone erken het dat hy met sy getuienis in die hof gelieg het. Pakisi het getuig hy het gesien hoe Doorewaard en Schutte die tienerseun van ʼn bewegende bakkie afgooi.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie verwag dat die regter in die saak nie bereid sou wees om verlof tot appèl toe te staan nie, aangesien hy moeilik sou erken dat hy “ernstig misgetas het” in sy aanvanklike besluit om die twee mans aan moord skuldig te bevind.

Kriel wys daarop dat AfriForum die twee mans se regskoste om die hoogste hof van appèl te petisioneer, ook sal finansier om te verseker dat geregtigheid geskied en te verhoed dat onskuldige mense verkeerdelik in die tronk beland. “Ek is vol vertroue dat die twee mans se skuldigbevinding aan moord uiteindelik op grond van die beskikbare getuienis ter syde gestel sal word,” sê Kriel.

Volgens Kriel is dit belangrik dat diegene wat leuens verkondig om rassespanning te skep en valslik ’n “wolk van rassisme” oor onskuldige mense se koppe te laat hang, tot verantwoording geroep moet word. “Die tyd het aangebreek dat leuenaars en rasse-opstokers se vernietigingswerk teengestaan word,” sê Kriel.

Regter Ronnie Hendricks het Doorewaard (28) en Schutte (35) in Maart vanjaar onderskeidelik tot effektief 18 en 23 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Schalk ·

Is die regtet nie vroeer vanjaar uigewys vir sy rassistiese houding teenoor blankea nie? Dink dan nie hys bevoegd vir sy pos nie. Moet hy nie alle bewyse inag neem nie?

Johan ·

Die appèlhof moes die feit dat hulle skuldig bevind is op grond van ‘n leuen in ag geneem het.

Andreas ·

Waar begin mens oor so-iets skryf, soos wat hier beweer word plaasgevind het, al dan nie, of die getuie gejok het, al dan nie, wat hom daartoe genoop het, al dan nie. Wat beïnvloed so ‘n persoon se denke tot regverdiging daarvan al dan nie. Is dit die politieke situasie, selfhandhawing, is dit frustrasie om met jou weergawe ‘op hol’ te sit?

Invloede van elders?

Of sit jy nie ‘op hol’ nie, want dit was die waarheid, al dan nie? Maar wat die feitelike is, is dat mense se lewens en baie keer ‘n hele gemeenskap s’n is daarna nooit weer dieselfde nie. En wat bly oor, nie net die betrokkenes s’n nie, nie net die gemeenskap s’n nie, maar die land moet daaroor besin om dit te kan verwerk.

Andreas ·

En mens kan natuurlik die bevoegtheid van die regter in twyfel trek, al dan nie, die feit is die hele land het in sy oë gekyk.

Tb ·

Diefstal, ontvoering, rig van vuurwapen? Die enigste getuie het gelieg. Wat word van hom? Absoluut niks. Ek hoop Barry kan hierdie mans help.

hercu ·

Gert, stem volmondig met jou saam!

da moesie so gewees het nie!

Cherokee ·

hehe.. soos jy sê Gert, die verkiesing is verby en die EFF-vriendelik gesinde DA is afgeskakel.

Anoniem ·

Wat n hartseer dat mense kan leuens praat en dit nog herken en onskuldige mense in die tronk sit !!!!!!!!!!

Ls ·

en die regter, kan hy maar voortgaan met hierdie tipe van uitsprake, duidelik is hy nie geskik vir sy beroep.

Dries du Toit ·

Gert jy vra waar is die patetiese DA. Hulle is nice. Hulle het jou sopas die dag afgegee. Lekerrr man

Cherokee ·

Die leuenaar het dit erken en die regter moes dit as leuens herken het.

Johan ·

Oor 10 jaar gooi die regstelsel in die land witmense in die tronk vir winde breek

Cherokee ·

Die nuutverkose premier van die Wes-Kaap sal dit waardeer, Johan.

Grysburger ·

Doen uself ‘n guns en soek Rian Malan se artikel in Politicsweb oor die hofsaak.

As sy berig korrek is, gaan dit mens se verstand te bowe dat die regter die persone aangekla, skuldig bevind het. Trouens dit maak mens bang hoe die regter bloot verdraaide feite aanvaar het en sy ore toegehou het vir die verdediging se uitwys van ooglopende leuens en ongerymdhede in die getuienis wat aangebied is.

Indien die beskuldiges ‘n koue skouer by die Appèlhof kry hoop ek dat iemand hierdie saak aan die internasionale klok sal hang. Dit sal trouens ‘n duidelike bewys wees dat wittes nie ‘n regverdige verhoor sal kry nie.

Cherokee ·

Anoniem, is die vraagtekens aan my gerig? Indien wel, lees wat sê Johan en kyk wie is die nuutverkose premier van die Wes-Kaap. Met my tong in my kies gesê dus.

Andreas ·

Grysburger, hier op Maroela is daar in die verlede ‘n keer of twee, as ek nie verkeerd is nie het Herman Toerien ook al die kop geskud in ‘n rubriek oor die uitspraak van die regter destyds, wat almal toetentaal onkant gevang het op dieselfde punte wat jy hier aanraak.

Ons het erge wysheid en leiding van bo af nodig in die land.

Robert ·

Kyk ek verstaan nie die regstelsel so mooi nie. Hoe gaan dieselfde regter nou ‘n ander uitkyk oor die saak hê. Die doel van appèl is mos dat ‘n ander regter die saak moet beskou en besluit of die bevinding reg is

kolla ·

Dis soos die appelproses werk. Daar moet eers na die appelafdeling van die Hoogeregshof waar die saak aangehoor is, geappeleer word. Baie keer sit die regter wat die saak aangehoor het saam met assessore om die appel aan te hoor.

RATEL ·

Afriforum, Barry en Gerrie. Help ASB die mans uit van ons banana republiek se siek en korrupte, rassistiese regstelsel! Reenboognasie se g@t! Ek sien met n DONKER wolk en geen reenboog!

Dries du Toit ·

Dit klink soos dieselfde regter wat die appêl geweier het. Dit spreek boekdele oor sy bevoegdheid of hoe

Stefaans ·

Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n regsbeslissing en ‘n loopbaanbeslissing.

kolla ·

Daar is BEWERINGS dat die ooggetuie gelieg het. Daar is ook BEWERINGS dat die ooggetuie omgekoop is om sy storie te verander en te sê dat hy gelieg het. Kom ons kyk maar wat gebeur.

Gaitsigubib ·

Presies Kolla, so dit paas die getuienis onder verdenking. Jy is mos ‘n aanhanger van geregtigheid en sou graag wou sien dat mens bo enige twyfel wel skuldig is, of sou jy wou he hulle moes tronk toe gaan vir ingeval hulle wel skuldig is?

Regs! ·

Indien hulle ‘n swart regter kry gaan die aansoek weer misluk! Ons weet mos teen die tyd dat swart regters alles sal doen om onskuldige wittes tronk toe te stuur!!!!!

jakes ·

Pakisi beweer dat hy nooit die stelling gemaak het dat hy gelieg het nie. Weereens word die aanstelling op meriete van regslui bevraagteken. Dit is tyd dat n indringende ondersoek gelas word na die aanstelling van regslui in SA. Dit sluit in regters, landroste en advokate. Talle van hierdie mense hoort nie in n hof nie want hulle is nie geskik om sulke werk te doen nie. Ek hoop van harte dat beide mans onskuldig bevind gaan word in die appelhof.

Pieta ·

Die twee manne gooi die seun van die bakkie? Wie het dan bestuur? Moontlik een van die voertuie wat ditself bestuur? Kan die regter dalk verduidelik? O, ekskuus, dis so omdat Pakasi so sê.

Moppy ·

Ek Bid rergtig dat hul loskom want glo ni di sop storie ni, asook dat hul dan di Staat van Justice dagvaar vir di onregverdige storie, dis ook soos di 2 met di ou net in di kis gesit n dis poging tot moord soiets dis regtig verkeerd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.