Coligny-moord: Hof hoor oor ‘rassespanning’

Pieter Doorewaard (links) en Philip Schutte is skuldig bevind aan die moord op Matlhomola Mosweu. Foto: ANA

Vonnisoplegging in die omstrede Coligny-moordsaak teen Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) word Dinsdag in die hooggeregshof in Mahikeng voortgesit.

Die staat sal na verwagting vra dat Agnes Mosweu, ma van die vermoorde tiener Matlhomola Mosweu, ter strafverswaring getuig.

Matlhomola (16), beter bekend as Faki, het op 20 April 2017 op Coligny gesterf. Sy dood het aanleiding gegee tot gewelddadige protesoptrede wat verwoesting op die dorp gesaai en swart en wit inwoners verdeel het.

Heelparty swart inwoners het gemeen Mosweu is doodgemaak omdat hy swart was, terwyl talle wit inwoners van mening was sy dood was ʼn ongeluk.

Doorewaard en Schutte is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan sy moord en verskyn tans vir vonnisoplegging.

ʼn Gemeenskapsleier, Stan Mnyakama, het Maandag getuig Mosweu se pa, Sakkie Bingake, was “verpletter” toe hy die tyding van sy seun se dood ontvang het. Hy was by die kerk toe hy ʼn foto gewys is van ʼn seun wat op 20 April dood is.

Die tiener is eers uitgeken nadat Mnyakama ʼn foto by die polisie gekry en rondgegaan het om te hoor of enigiemand hom kan uitken.

Mnyakama het in sy getuienis ʼn somber prentjie geskets van die gespanne verhouding tussen swart en wit op Coligny en gesê sedert Mosweu se dood wantrou die twee groepe mekaar.

Die gemeenskapsleier sê voor die tiener se dood was daar verdraagsaamheid op die dorp, maar leiers werk hard om die spanning tussen wit en swart inwoners te verlig.

“Daar is swart en wit mense wat werk om die gemeenskap te verenig. Dis nie maklik om almal te oorreed om saam te werk nie.” Hy het getuig ʼn wit kerkleier wat by die vredesproses betrokke is, is deur ʼn ander wit man gedreig.

Die spanning in die gemeenskap was vroeër die dag opmerklik toe EFF-lede geweier het dat ʼn verslaggewer foto’s van hulle in die hof neem. “Jy is nie een van ons nie,” het ʼn vrou die joernalis vingerswaaiend toegesnou. “Neem ʼn foto van die wit mense agter ons. Vee dit uit; vee uit, suster.”

Veiligheidswagte in die hof het die situasie ontlont en later is lede van die polisie se eenheid vir openbare orde ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

willem Botha ·

Hierdie is uit en uit n geval van rasse haat teen wit mense ,die groep stel nie belang in die slagoffer of die feite nie hulle het net een doel en dit is vergelding en die wit mans moet boet,dit is tragies want dit gaan al erger word in die “demokratiese ” piesang republiek.

Cherokee ·

Jy praat van vergelding. Nou wat het die witmense gedoen wat vergeld moet word?

Johnnie ·

Alles op kamera maar EFF lede word nie aangekla van rassisme nie nou waar trek daai hof die streep. Daar is seker maar n EFF landdros dit hoekom hy of sy stilbly en niks doen nie, verbied die EFF in die hofsaal.

ZAR ·

Elke dag moet ek myself ‘n honderd maal herinner; ek mag nie haat nie, ek mag nie haat nie.

Johan H. ·

Wil nie daaie judge wees wat die oproerendes teengaan nie!!!

GP ·

Sal baie swak wees as mense op moord skuldig bevind word omdat ‘n regter nie oproerendes kan teengaan nie. Al is hulle onskuldig en al wat teen hulle tel is n storie wat nie eers sin maak nie.

Dup du Plessis ·

….hierdie saak laat my steeds wonder oor baie dinge: Het die 2 boere voor in die bakkie gesit en die oorledene toe (terwyl hulle besig is om te ry) hom van die bak gegooi, hoe was dit moontlik om te doen? Het een van die boere agter op die bak saam met die oorledene gery (terwyl die ander boer bestuur) en hom toe van die bak gegooi – dan behoort net een boer aangekla te word ? Het die 2 boere gery, toe gestop om te kan uitklim om die oorledene van ‘n stilstaande voertuig af te gegooi? …..Of het hulle gery en die oorledene het dalk afgespring terwyl die voertuig besig was om te ry?

Abe ·

Dup du Plessis,
Dis duidelik dat jy nie die saak gevolg het nie en dus nie met die feite voor die hof vertroud is nie.

Gesiggie ·

Al wat ons kan doen is bid! Hier is nie meer plek vir ons in ons pragtige land nie!

Brutus ·

EFF is daarvoor bekend om rasse spanning te veroorsaak ons sien dat hulle oral inmeng tot by skole deesdae hulle is die groot probleem.

Thinus Erasmus ·

As die gemeenskapsleiers wil praat oor rassespanning, en op grond daarvan vra dat die twee mans swaar gestraf word, dan behoort hul ook te vra dat die lede van hul gemeenskap wat onskuldige mense se eiendom verwoes het, ook verhoor en swaar gestraf word. Dan kan “rasse spanning” reg gestel word!
Maar ek vermoed hul sal my stelling ook as rassisme afmaak.

HPV ·

Nog ‘n Afrika sirkus, en raai wie is die hoofnar…. Die bekuldigdes moontlik onskuldig maar skuldig bevind deur ‘n hof beinvloed deur die eff omdat hulle wit is. Onredelike vervolging van ‘n minderheidsgroep op aandrang van die eff en anc regime.

Chantall ·

Hulle was altwee voor in die bakkie hy het afgespring… die getuie wat gelieg het,het gesien hoe hulle agterop die bakkie is en hom af gooi,nou wonder ek hoe n judge kan dink wie het dan bestuur. Hierdie saak moes in 2017 al verby gewees het.

Verwonderd ·

Ja nee ne. Dit was ń bakkie wat( ditself )kon bestuur. . Stel die prentjie voor in jou verbeelding. Terwyl die 2 manne bestuur beplan hulle ń moord. Mc Gyver swaai hulle, hulle lywe deur die venster swaai op die bak. Gooi die passasier af swaai die lywe terug. Haal die bakkie af van autopilot af en ry voort.

Abe ·

Chantal en Verwonderd,
Dis nie die feite wat voor die hof was nie. Die hofstukke het gese dat Doorewaard het die bakkie bestuur en Schutte het die seun van die bak af gestamp. Altwee mans is skuldig bevind aan moord omdat die hof bevind het hulle het n gesamentlike oogmerk gehad (acted in collusion). Dis nie wat ek se nie, dis wat die hofstukke se. Die hofstukke kan ter insae getrek word.

ne ·

Die regter het nie behoorlik die storie gehoor nie, of hy/sy wou nie hoor nie. Lieg en bedrieg is aanvaarbaar in die land, solank jy nie wit is nie.

Elsie ·

Wat het rassespanning uit te waai met skuld en onskuld van n moord? Die daad moet mos geoordeel word nie ander mense se gevoelens/emosies nie?

Mariana ·

Ek dink met aanloop van hierdie saak is daar reeds beslis dat hulle skuldig is en veroordeel moes word as moordenaars. Die EFF is deesdae oral want hulle is opswepers en word heel waarskynlik betaal om so amok te maak, niks beter on met hul tyd te doen nie, klomp leeglêers. Dit is mos ook maklik om sekeres om te koop om te lieg. Die regter in die saak het glad nie mooi geluister na die “getuie” nie want dan sou hy die gate in sy weergawe gesien het. Ek hoop Gerrie Nel en Barry Roux kan die twee manne help want hulle het hulp nodig. Ongelukkig maak reg en geregtigheid nie meer saak in ons regstelsel nie. Snaaks daar word nog enigsins verhore gehou want as jy blank is is jou doppie geklink terwyl die haatspraak en eintlik rassiste en kriminele net voortgaan sonder enige problems. Kan net die twee manne voorspoed toewens. God slaap nie.

Kanniemeermethulle ·

Gee ons net n stuk land met niks op.
Ek sal daar gaan woon.
Binne paar jaar sal ons floreer.

Johan ·

Kom ons sê: Barry Roux en Gerrie Nel gaan met die apelsaak die twee ouens onskudig kry, Wat gaan dan gebeur – EFF en kie gaan weer die dorp afbrand want hulle sal nie die hof se uitspraak aanvaar nie!

GP ·

Ons behoort Afriforum en Solidariteit geldelik te ondersteun sover moontlik. Daar is talle hofsake soos die waarby ons mense kan baat as hierdie organisasies betrokke raak. Seker Vicky Momberg, doodskis mense, KFC ouens ens sou ook ligter straf gekry het. Ons het hulle nodig maar hulle het ons ondersteuning ook nodig.

Magaretha van heerden ·

Ek ken die twee mans nie maar ek huil as ek sien die onreg wat in SA aangaan. Ons moet asb ernstig bid dat die Here hier sal ingryp en reg geskied. Hulle lewens is verwoes en dit is tragies dat die een geuie wat erken hy het gelieg nie aanvaar word nie. Dat daar n fout gemaak is is miskien waar maar hulle het nie n moord gepleeg nie. Dit was n ongeluk. Bid eerder as om nog meer rassespraak uit te spreek en aan te hits. Ons bid vir reen maar nie vir die ernstige saak nie.

Spike ·

Ons het te doen met premitiewe denkers , comrades en kaders.

Geregtigheid ·

Hierdie outjie het afgespring. Hierdie saak is uit verband geruk. Politieke partye wil dit rassisties maak wat dit nie is nie. Die saak gaan oor dieftal. Logika is by baie mense, n bonatuurlike verskynsel.

Dirk Breytenbach ·

Wat het die rassespanning met die saak van moord te doen? Was daar ‘n moord gepleeg en indien so, waar kom die gemeenskap daaraan om anargie en choas daaroor te skep? As dit wel moord was moet die wet sy loop neem ongeag die kleur van mense. Wat van al die gevolglike misdade wat in die naam van rassespanning gepleeg was? Sal die wet hier ook sy loop neem? Hier ontstaan meer vrae as antwoorde maar een ding staan vas, as ons toelaat dat die “gemeenskap” wraak kan neem oor elke insident waaraan ras deur opportuniste gekoppel kan word dan is ons ‘n piesang republiek en stuur ons beslis en vinnig na die einde van ‘n demokratiese SA af. Die SA samelewing sal eers moet besluit of ons sake in die strate met klippe en petrolbomme of andersins gaan oplos. Leiers op alle vlakke godsdienstig en polities het ‘n groot taak wat wag, hopelik besef hulle dit. Ons kan nie vir ewig eers hof toe gaan om die samelewing te probeer dwing om die regte ding te doen nie.

bollie ·

Is die ou nie ook aangerand voor hy agterop die bakkie gelaai is nie? Ek glo nie die perde is so onskuldig nie.

Fans ·

Bollie, dan is hul mos aan aanranding skuldig, nie moord nie. Maar die Patoloë se verslae dui nie op beserings deur aanrandings nie. Hoogstens Strafbare manslag met ‘n opgeskorte vonnis, omdat hul ‘n kind op ‘n bakkie gelaai het. Jy’n nie ‘n idee van die uitdagings van mense in klein dorpies nie.

Christell ·

As hierdie kind van kleins af geleer was dat mens niks mag neem wat nie aan jou behoort nie, sou geen van die gebeure, gebeur het nie. Kerkmanne en EFF moet hulle uithou uit die hofsaak. Het julle nie werk julle nie??? Ek hoop die ou wat onder eed gelieg het, sommer net oor hy rassisme wil skreeu gaan swaar gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.