Coligny-moord: Hof hoor oor ‘rassespanning’

Pieter Doorewaard (links) en Philip Schutte is skuldig bevind aan die moord op Matlhomola Mosweu. Foto: ANA

Vonnisoplegging in die omstrede Coligny-moordsaak teen Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) word Dinsdag in die hooggeregshof in Mahikeng voortgesit.

Die staat sal na verwagting vra dat Agnes Mosweu, ma van die vermoorde tiener Matlhomola Mosweu, ter strafverswaring getuig.

Matlhomola (16), beter bekend as Faki, het op 20 April 2017 op Coligny gesterf. Sy dood het aanleiding gegee tot gewelddadige protesoptrede wat verwoesting op die dorp gesaai en swart en wit inwoners verdeel het.

Heelparty swart inwoners het gemeen Mosweu is doodgemaak omdat hy swart was, terwyl talle wit inwoners van mening was sy dood was ʼn ongeluk.

Doorewaard en Schutte is in Oktober verlede jaar skuldig bevind aan sy moord en verskyn tans vir vonnisoplegging.

ʼn Gemeenskapsleier, Stan Mnyakama, het Maandag getuig Mosweu se pa, Sakkie Bingake, was “verpletter” toe hy die tyding van sy seun se dood ontvang het. Hy was by die kerk toe hy ʼn foto gewys is van ʼn seun wat op 20 April dood is.

Die tiener is eers uitgeken nadat Mnyakama ʼn foto by die polisie gekry en rondgegaan het om te hoor of enigiemand hom kan uitken.

Mnyakama het in sy getuienis ʼn somber prentjie geskets van die gespanne verhouding tussen swart en wit op Coligny en gesê sedert Mosweu se dood wantrou die twee groepe mekaar.

Die gemeenskapsleier sê voor die tiener se dood was daar verdraagsaamheid op die dorp, maar leiers werk hard om die spanning tussen wit en swart inwoners te verlig.

“Daar is swart en wit mense wat werk om die gemeenskap te verenig. Dis nie maklik om almal te oorreed om saam te werk nie.” Hy het getuig ʼn wit kerkleier wat by die vredesproses betrokke is, is deur ʼn ander wit man gedreig.

Die spanning in die gemeenskap was vroeër die dag opmerklik toe EFF-lede geweier het dat ʼn verslaggewer foto’s van hulle in die hof neem. “Jy is nie een van ons nie,” het ʼn vrou die joernalis vingerswaaiend toegesnou. “Neem ʼn foto van die wit mense agter ons. Vee dit uit; vee uit, suster.”

Veiligheidswagte in die hof het die situasie ontlont en later is lede van die polisie se eenheid vir openbare orde ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
willem Botha

Hierdie is uit en uit n geval van rasse haat teen wit mense ,die groep stel nie belang in die slagoffer of die feite nie hulle het net een doel en dit is vergelding en die wit mans moet boet,dit is tragies want dit gaan al erger word in die “demokratiese ” piesang republiek.

Johnnie

Alles op kamera maar EFF lede word nie aangekla van rassisme nie nou waar trek daai hof die streep. Daar is seker maar n EFF landdros dit hoekom hy of sy stilbly en niks doen nie, verbied die EFF in die hofsaal.

Werner

Iemand druk hard vir n oorlog in hierdie land

Johan H.

Wil nie daaie judge wees wat die oproerendes teengaan nie!!!

Dup du Plessis

….hierdie saak laat my steeds wonder oor baie dinge: Het die 2 boere voor in die bakkie gesit en die oorledene toe (terwyl hulle besig is om te ry) hom van die bak gegooi, hoe was dit moontlik om te doen? Het een van die boere agter op die bak saam met die oorledene gery (terwyl die ander boer bestuur) en hom toe van die bak gegooi – dan behoort net een boer aangekla te word ? Het die 2 boere gery, toe gestop om te kan uitklim om die oorledene van ‘n stilstaande voertuig af te gegooi? …..Of het… Lees meer »