Coligny-moord was nie rasgedrewe, sê verdediging

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard. Foto: ANA

Die moord op die Coligny-tiener Matlhomola Mosweu was nie rasgedrewe nie, het die Noordwes-hooggeregshof Donderdag gehoor.

“Beskuldigde nommer een en twee ontken dat die afsterwe van die oorledene deur rassisme veroorsaak is. Daar is geen bewyse tydens die hofsaak voorgehou dat die sterfgeval rasgedrewe was nie; daar was nie eers ʼn suggestie daarvan nie. Vir hulle [die beskuldigdes] was dit ʼn skokkende gebeurtenis,” het adv. Celice Zwiegelaar aan die hof gesê.

Sy getuig ter versagting van vonnisoplegging in die saak van Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34), wat skuldig bevind is op aanklag van moord op Mosweu (16) van Scotland- informele nedersetting in Coligny op 20 April 2017. Hulle is ook skuldig bevind op aanklag van ontvoering, intimidasie, diefstal en die rig van ʼn vuurwapen.

Die staat het aangevoer die twee het Mosweu van ʼn bewegende voertuig afgestamp ná hulle hom betrap het waar hy ʼn sonneblom gesteel het by hul werkgewer se Rietvlei-plaas.

Zwiegelaar, vir Doorewaard, het aan die hof gesê sy kliënt toon berou en die hof moet dit in berekening bring wanneer die vonnisoplegging oorweeg word. “Tydens die vonnisoplegging moet die hof oorweeg wat die samelewing nodig het, nie wat die samelewing wil hê nie,” het sy gesê. “In hierdie saak het die samelewing nie lewenslange tronkstraf nodig nie.”

Sy het bygevoeg twee leke het in die hof getuig en hulle soek weerwraak as straf.

Sy het gesê Doorewaard het nie enige kriminele rekord nie, het homself aan die polisie oorgegee en sy bakkie ook aan hulle oorhandig.

Die vonnisverrigtinge duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die Coligny-moordsaak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Paul ·

In die nuwe SA is dit hoofnuus as iemand nie rasgedrewe is nie.

Werner ·

Regstelling die oorledene het van die bakkie af gespring hy is nie af gegooi nie n persoon met n halwe breinsel kan sien dat dit is wat gebeur het maar die skuldigbevinding is rasgedrewe

Oom Jaco ·

Wat het nou geword van die (enigste?) ooggetuie wat nou kwansuis erken het dat hy gelieg het onder eed tydens sy getuienis?

Johanna Botha ·

Wat van die getuie wat op video getuig het hy het nie die waarheid vertel nie ….dis tog integraal tot die storie ! !

Boerseun ·

Vra ek ook. Die advokaat vir die verdediging soeel in die hande van die staat as sy ook praat van moord. Daar was GEEN moord nie – dis die regter se onnooslike afeiding.

Dries du Toit ·

Dit is n vreeslike siek storie die. Hoe kan albei in ieder geval verdink word. Wie het die bakkie bestuur ????

Dries du Toit ·

Agge neee die regter was ook al betrokke by korrupsie volgens google. Here help ons

Boerseun ·

As die enigste getuie omgekoop is met beloftes om te lieg in die hof, hoekom nie ook die regter nie?

Dries du Toit ·

Hierdie is regtig die belaglikste hofsaak in die geskiedenis. Zwiegelaar wie Doorewaard se prokureur is raak goed kwyt soos dat Doorewaard BEROU het. BEROU VIR WAT. Dit klink soos n bekentenis ???? Gerrie en Barry gaan hel he om al die nonsens wat Zwiegelaar kwyt geraak het ongedaan te maak

Dries du Toit ·

Opskrif se die moord was nie rasgedrewe nie maar dit kom voor of die uitspraak verseker rasgedrewe is

Nico ·

Alles ‘n klugspel in voorbereidng op die appèl wat die jongmans gaan vryspreek.

Moses ·

Wil ook weet hoekom lees die opskrif “Moord”
Het die jong dief dan nie van die bakkie afgespring nie?
En die kastige ontvoering, intimidasie en diefstal?
Daar is geen hoop vir die mense in hierdie land nie, veral nie die kastige regsgeleerdes nie.

madels ·

Die liegbek moet versigtig trap, miskien word hy dalk nog van kant gemaak deur die wat graag wou he hy moet lieg sodat die enigste persoon wat se dat hierdie n opgemaakte storie was, nie meer dit kan se nie …. so is dit in SA… enigiets is moontlik

Josef Slowinski ·

Wanneer die onreg in reg verander word, is die RSA se regering en sy regstelsels korrup en onbetroubaar. Geen ordentlike burger meer kan staatmaak op geregtigheid en regverdigheid. Die RSA die woonplek is boewe en rowers, ‘n land waarin almal wil van wegvlug.

Arné Christie ·

Hoekom? as n wit mens vermoor word deur die swart mens dan hoor jy nooit weer van die saak of van die moordenaars nie. As dit lyk of die swart mens deur die wit mens vermoor word dan is dit “racists” en dan ne…. is dit n neverending story

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.